Dis laatmiddag en die Hiënafamilie vreet vir oulaas aan die laaste kaalgevrete bene van ‘n karkas. Twee aasvoëls staan ook rond in die hoop op ‘n moontlike laaste happie, voordat die son sak…

Helsim Hiëna is nou lekker dik gevreet en het genoeg gehad van die ondraaglike hitte. Hy loer nuuskierig oor die damwal, waar hy in die water afkoel…

Hettie Hiëna lê met halfoop oë, maar registreer nie werklik wat om haar aangaan nie …

Moenie glo nie, sy slaap met een oog oop…

As jy so dik gevreet is oorval die slaap jou genadeloos…

Intussen lig Hannetjie lui-lui haar sware lyf uit die water, terwyl Helki nog ‘n bietjie luim in die heerlike lou water…

So ‘n vretery maak mens darem stadig en vaak…

Vir die meeste mense is hierdie diere nie mooi nie, maar wanneer mens hulle dophou begin jy besef hoe heg hulle as ‘n familie funksioneer en vir mekaar omgee.
Foto’s geneem te Londolozi.
Deur Dina se Lens, ‘n dikke lekker koffietafelboek met al jou mooi kieke en kosbare vertellings en kostelike benamings! Ek wag, ongeduldig. Soos altyd en immer bring jy vreugde liewe Perdebuytjie Dina.
LikeLiked by 3 people
Dankie Erna. So bly as my foto’s vreugde bring.
LikeLike
….daai boek roep. 😉
LikeLiked by 2 people
Hehe… gee kans.
LikeLike
Stem saam met Vuurvliegie!!
LikeLiked by 1 person
ek stem, ek stem.
LikeLiked by 1 person
Ek skraap moed bymekaar.
LikeLike
Ek sukkel nog om vir Hoonlag Hiëna met sy swaar sleepboud agterlyf lief te kry.Cute foto’s.Ek is amper lief vir hulle.
LikeLiked by 1 person
Ek kan ure vir hulle kyk, veral by ‘n den waar die kleintjies is. Dankie dat jy kom inloer het.
LikeLiked by 1 person
Dit was lekker om dit saam met jou te beleef.
LikeLiked by 1 person
Nou wanneer kom krokkie n happie vat uit daardie vet lyfie in die water? Sois gewoonlik uitstekend
LikeLiked by 1 person
Ek dink Hiëna weet Krokkie is nie daar nie.😀Dankie vir inloer Seegogga.
LikeLiked by 1 person
Wat een tafereel! Prachtige foto’s!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie.
LikeLike
Mooie opnames van dit tafereel.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Suske.
LikeLike
Helsim lyk asof hy die regte naam gekry het! So bly om jou weer hier te sien, ‘Bytjie.
LikeLiked by 1 person
Dankie Frannie. Ek ontwaak stadig uit my winterslaap.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam met Vuurvliegie, ‘n boek asseblief. Soos altyd puik fotos en kostelike byskrifte
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Positief.
LikeLiked by 1 person
Hierdie byskrifte is kosteloos en jou fotos is fantasties! Ek is SO bly jy het hulle met ons gedeel.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Anne. So lekker as jy inloer.
LikeLike
Lekker om weer jou pragtige foto’s te sien! So pragtig vertel ook!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Aletta. Ek waardeer dit.
LikeLiked by 1 person
Is daai lyfie in die water so dik gevreet? Ek het met die eerste oogopslag gewonder of dit ‘n hoogswanger mamma is. Pragtige foto’s.
LikeLiked by 1 person
Dikgevreet en dalk ook swanger.
LikeLiked by 1 person
As jy so aanhou hou ek miskien eendag van hiënas. Ek lief die name!!!
LikeLiked by 1 person
Ag hulle is sulke gemoedelike stink diertjies, Kameel. Die feit dat hulle die tweede sterkste bytkrag van alle diere het, behoort jou net liewer vir hulle te maak. Lol.
LikeLiked by 2 people
Soos nes ons Perdebytjie kan doen! Manjifieke fotos, Dina.
LikeLiked by 1 person
Dankie Una.
LikeLike
Ek stem ek stem, ek deps een van die eerste boeke asb….
LikeLiked by 1 person
Ek swyg!
LikeLike
I so enjoyed seeing these hyena photos, Dina. You did a great job of demonstrating the heat and lethargy that comes with their hunt. Wonderful to see these close-up views.
LikeLiked by 1 person
Thank you so much for your kind words, Jet.
LikeLiked by 1 person
Very unusual hyena shots. I once was lucky to spot a hyena “nest”, a hole really where a mother hyena was feeding her cubs. The little thing was as cute as the adults are ugly.
LikeLiked by 1 person
Hyena den is my favourite place to watch them.They are very caring animals.
LikeLiked by 1 person
Jane Goodall wrote a very good book about them. I think she studied them in Tsavo, in Kenya
LikeLiked by 1 person
She did a lot of wonderful work.
LikeLiked by 1 person
Yes she has. She and Dianne Fossey and the other “Leakey girls”. (He funded fundamental research, and “discovered” great researchers.)
LikeLiked by 1 person
Nou het jy sommer my dag gemaak. Hul is eintlik mooi van lelikgeit. Ek dink dis maar die houding en liggaamsbou wat mense laat dink hul hou nie van hul nie. Die water het darem regtig lekker die swaar lywe afgekoel. Daardie oë en ore rus nie sommer nie. Het jy al gesien hul voetkussinkies is altyd pikswart? Ons het n slag met n gids in Pta Diertuin die hiënas bespreek. Hy het toe gewys op die kussinkies en ook oor die dubbelslagtigheid van hulle as ek so kan onthou. Jy is darem maar te oulik met jou storie by die fotos. Maak sommer dat ek n kinderboek wil skryf oor die avonture van die hiënas.
LikeLiked by 1 person
Jy kan gerus ‘n kinderboek skryf oor hulle… jy is welkom om my foto’s te gebruik. Ek het nog heelwat van babatjies ook. Interessant van die swart pote. Ek het dit nie opgelet nie. Wys mens kan elke dag iets by leer.
LikeLike
Ag baie dankie. Ek gaan beslis onthou van jou aanbod. Mens kan dalk n gesamentlike storie doen. Geskryf deur Scrapy en Bytjie met fotos deur Bytjie en tekeninge deur Scrapy! Ek raak skoon opgewonde.
LikeLike
Ja, dink bietjie daaraan en laat weet my.
LikeLike
Maak so. Selfs jou leeu storie sal ook n lekker een maak. Ons kan n reeks maak. Lekker voorlees boekies.
LikeLiked by 1 person
Ek het ‘n klomp sulke stories geskryf, van meerkatte, leeus, bobbejane, voëls….Iewers op my blogs.
LikeLike
Ek onthou. Sal n bietjie navorsing gaan doen sodra ek n tydjie het. Ek dink die Afrikaanse kindertjies sal sulke stories geniet. Ek dink daar is n tekort aan eg Suid Afrikaanse natuur stories.
LikeLiked by 1 person
Goeie plan.
LikeLike
Ek is nou so opgewerk. KOn gisteraand skaars slaap. Heeltyd gelê en stories uitdink, haha. Sal jou dadelik laat weet as ek n goeie brain wave teenkom.
LikeLiked by 1 person
Hierdie keer skryf ek dit neer op papier sodat ek dit nie weer verloor nie. Het dit gskryf jy kan maar uitvee.
LikeLiked by 1 person
Het nounet Toortsie se eboek resepteboek afgelaai by Smashwords.
LikeLiked by 1 person
Ons is regtig lief vir hienas – meeste mense onderskat hulle en beswadder hulle, maar soos jy tereg se, Dina, is dit omdat hulle nie die tyd vat om hulle dop te hou en meer oor hulle te leer nie.
LikeLiked by 1 person
Ek kyk veral na hul gesigte en elkeen lyk anders.
LikeLiked by 1 person
Niet de mooiste dieren, maar dat denken zij misschien ook van ons :).
Knappe fotoreportage!
LikeLiked by 1 person
Dankie Paul… ja hulle dink mense is vreeslik lelik!
LikeLike
🙂 gelijk hebben ze!
LikeLiked by 1 person
Geen botter kan in daai bekkies smelt nie! Pragtige fotos DIna, dankie dat jy dit deel!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir inloer, Ria.
LikeLike
Wat ‘n pragtige beskrywing.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Christa.
LikeLiked by 1 person
The sleeping with one eye open photo is great, and the hyena dragging itself out of the water – all the photos are terrific. You have made the hyena family really endearing, Dina.
LikeLiked by 1 person
Thanks for your very kind commentary. I appreciate it very much!
LikeLiked by 1 person
Oulike wesens!!
😂😂
LikeLiked by 1 person