Sedert my vorige verslag hier…
perdebytjie.wordpress.com/…/my-covidprojek
het dinge aansienlik verbeter. Ek en Leah het steeds elke dag gaan ry en naderhand het ek genoeg moed gehad om dit saam met haar in die verkeer te waag. Ek sal nie stry dat my senuwees gaar was nie en dat ek eenkeer die stuurwiel moes gryp, en versigtig moes eenkant toe stuur, om ‘n ongeluk te vermy. Ek weet nou nog nie hoe ek dit reggekry het nie, maar met kalmte het ek vanuit die passasiersitplek die karretjie terug in sy baan gekry. Leah het nog kans gehad om te sien hoe die bestuurder langs ons, haar uitskel! Dit was die benoudste oomblik.
Na vele omswerwinge in die omgewing, het ons begin om elke middag na werk na haar huis in die township te ry. Ek het die maklikste pad uitgekies en so het sy twee weke klank elke middag self bestuur met my wat moed inpraat, lesgee en algemene raad verskaf.
Daar was robots, bane wat verwissel moes word, draaie wat stadig gevat moes word, sirkels, spoedhobbels en fietse, slaggate, lorries en klippe… ‘n mens besef nie hoe oorweldigend dit vir ‘n beginner kan wees nie. Met ons swak gemerkte paaie en reuse slaggate plus varkerige bestuurders, het ons twee vasgebyt en elke moontlike situasie beleef en oorleef.
Twee dae na mekaar, het ek haar laat oefen om in en uit by haar garage te trek. Ons het bakstene gepak tot waar sy die kar moet intrek en met die uittrekslag het ek beduie en arms geswaai vir die vale. Haar garagedeur is baie smal en dan is daar nog twee watermeters, twee mure aan weerskante en ‘n lamppaal wat sy moet vermy.
Iets wat ek ook opgemerk het, is dat iemand wat nooit bestuur het nie, nie werklik die pad ken wanneer hulle self aan die stuur is nie. So het ek toe vir Leah bakens uitgewys op die pad en toe sy verlede week alleen begin ry het, het sy sowaar verdwaal. Gelukkig het sy kop gehou en tog reggekom.
Tuis het ek soos ‘n moederhen angstig haar nooiensrit gevolg op die tracker opspoorder via my selfoon.
Dis nou al ‘n hele week wat sy alleen huis toe en werk toe ry. Ek volg steeds angstig elke dag haar roete op die Tracker, maar as die blou karretjie hier voor ons deur stop en sy so vol selfvertroue met haar handsakkie uit die kar klim, besef ek dit was alles die moeite werd.
Ag Dina, my hart klop saam met jou warm oor die wonderlike vryheid en groei wat jy vir Leah bied!
LikeLiked by 1 person
Ek sê altyd vir haar sy is soos ‘n dogter vir my. Sy is ook al 46 so dit was nie maklik om te begin bestuur op so ‘n hoë ouderdom nie.
LikeLike
💐💝
LikeLiked by 1 person
Dina, dis ongelooflik! So bly!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Aletta. Dit was nogal ‘n uitdaging!
LikeLiked by 1 person
Ek kan dit dink!!
LikeLiked by 1 person
Ek haal my hoed vir jou af. Terwyl ek lees trek my maag op ‘n bol. Jy het vir haar ‘n groot ding gedoen Dina…. glo sy waardeer jou.
LikeLiked by 1 person
Ek kan jou verseker dit was nie maklik nie, maar ek is trots dat ons kon deurdruk.
LikeLiked by 1 person
Ai,as ons almal tog so kon bemagtig!
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het. Ek waardeer dit.
LikeLike
Translation from Afrikaans is off now. I do hate computer people. I hope all is well with you, “Sis”.
LikeLiked by 1 person
Hi Brian, pity about translation!! This is about my domestic worker. I taught her to drive. It was a whole long process, but eventually she is licenced and we gave her a small car with which she drives to work and home every day. I am well and things are getting more normal nowadays. Greetings to you.
LikeLiked by 1 person
That is very nice of you. And not surprising. The lady who works for us has been with us for more than 20 years.
Greetings back
LikeLiked by 1 person
Baie geluk met Leah se bestuurderslisensie. My senuwees sou ook opgepak het as mens so tussen die slaggate en onbeskofte bestuurders moet leer bestuur. Dit op 46, is n groot prestasie vir die instrukteur en die leerder. In die tussentyd het jul deurgedruk.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy… dit was baie stremmend, maar vervullend.
LikeLike
Dis so lekker as jy kan voel jy het dit bereik wat jy beplan het al het dit lank gevat.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, Perdebytjie, ek wou my huishulp so leer bestuur. Sy het botweg geweier. Jy het baie verrig, iemand op haar eie voete laat staan. baie geluk
LikeLiked by 1 person
Dankie Christa. Ek het haar gevra of sy wil en sy was baie lus daarvoor en positief oor die ervaring, alhoewel sy soms baie gestres het.
LikeLiked by 1 person
Ek dink dit was ‘n baie goeie idee.
LikeLiked by 1 person
What a story! I had a friend who grew up in New York City and decided to learn how to drive when she was about 32. I know what you mean about adults learning to drive – it’s very scary! And the part about the garage brought back memories. I have not lived in a place with a garage in a very long time but I remember some small ones. 🙂 Good for you – your patience has been rewarded and I’m sure Leah is very grateful.
LikeLiked by 1 person
Thanks for reading my story. It was a bit nerve racking, but we made it!
LikeLiked by 1 person
… alles die moeite werd was!!
Wel gedaan – alby van julle! 😁😁😁
LikeLiked by 1 person
Was rof, maar ek is bly ons het deurgedruk.
LikeLiked by 1 person
Is die ou karretjie nog in een stuk??
LikeLiked by 1 person
Jip! Effense brannewynstamp op voorste modderskerm, maar sy betaal vir die regmaak.
LikeLiked by 1 person