Dis ‘n warm somersmiddag in die bos. Pappa Walmpie Wildehond (sy naam het hy tewyte aan sy stink asem) het pas ‘n heerlike rooibokbladbeen vir die vyf jongelinge in sy trop gebring. Sy baard is bebloed, want hy het pas saam met die ander volwassenes in die trop, ‘n vangs gemaak. Dit is sy taak om die kleintjies verder te beskerm terwyl hulle gulsig vreet…
Die spannetjie is maar te bly en storm gulsig op die stuk vleis af…
Dis ‘n gestoei, toutrekkery en bakleiery …
Terwyl hulle besig is, kry iemand snuf in die neus, vir ‘n gratis maaltyd. Helsim Hiëna het pas ‘n heerlike modderbad gehad en sy maag grom van die honger…
Hy sluip skelm nader…
Mens kan sy asem ruik…
en die parasiete in sy maanhare sien…
Hy storm vorentoe en gryp die kleingoed se vleis en verorber dit met een hap…
Die kleingoed is heeltemal onverwags betrap en vlug vinnig die bosse in. Pappa Walmpie, wat intussen bietjie afgedwaal het, ruik onraad en kom vinnig aangedraf…
Te laat! Helsim is lankal weg en smak nou sy lippe van pure lekkerkry. Pappa is nou in die moeilikheid, want hy het afgedwaal, terwyl hy kinders moes oppas…
Jou foto’s,Perdebytjie? Uitstekend!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Letty-Anne.
LikeLike
Wat n pragtige storie
LikeLiked by 1 person
Dankie Appeltjie.
LikeLike
Je hebt er een heel verhaal rond gemaakt maar het klopt helemaal 😉
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir inloer. Ek waardeer dit.
LikeLike
Ek wag steeds vir Perdeby se koffietafelboek met haar willediere foto verhale. Puik foto’s en weer beskrywe en vertel soos net jy kan!
Ek verlang so ns Oom Paul Willetuin.💝
LikeLiked by 2 people
Ja daardie boek hang soos ‘n albatros om my nek.😂😂
LikeLike
Geen beter tyd as nou nie..😉📚
LikeLiked by 1 person
Ek wag ook!
LikeLiked by 1 person
Julle gaan nog lank wag… hierdie vrou is hopeloos te lui.
LikeLiked by 1 person
Oe wow, oulike storie en mooi fotos. So stoute pappa, laat dit vir hom n les wees
LikeLiked by 1 person
Dankie Bondels. Ek dink die pappa is sleg geroskam na die tyd.
LikeLike
Dink ook so en hy moes seker weer gaan kos soek😁
LikeLiked by 1 person
Daai pappa is in die moeilikheid! Haha, dis ‘n oulike storie Bytjie en jou foto’s is manjefiek.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Hester. Ek wou afsluit deur ‘n parallel te trek na die menspappas. Toe besluit ek liewer daarteen.
LikeLiked by 2 people
Ohoo, so dis nie net my gedagtes wat daarheen koers gekry het nie…
LikeLiked by 1 person
Great minds think alike.
LikeLiked by 1 person
Toemaar, ons vrouens het almal daaraan gedink.
LikeLiked by 1 person
Uitstekend soos altyd. Ek stem saam Erna… waar is die boek?
LikeLiked by 1 person
Ek het so gesukkel om sover te kom om ‘n blog te skryf. Waar sal die boek vandaan kom?
LikeLiked by 1 person
Deursettingsvermoë… en nie verveeld raak nie. 🤔
LikeLiked by 1 person
Mensig, dit is lekker om weer van jou te lees. Perfekte foto’s, soos altyd.
LikeLiked by 1 person
Bsie dankie Christa.
LikeLiked by 1 person
Geef mij maar een tamme en goed getrainde hond.
Mooie foto’s!
Stille groet,
LikeLiked by 1 person
Dankie vir inloer, Rob.
LikeLiked by 1 person
Prachtig en spannend verhaal Dina! Mij viel nu ook op hoe lang en dun de poten van die wilde honden zijn. Mooie dieren!
LikeLiked by 1 person
Dankie Peter. Ja, hierdie honde kan besonder vinnig hardloop en is dodelike jagters. Hulle is bedreigd en dis ‘n voorreg om so ‘n trop te sien.
LikeLiked by 1 person
Hoe wonderlik is dit vir my om weer jou stories en uitstekende fotos te sien! WIld honde het ‘n baie goeie sosiale stelsel wat seker maak dat die hele familie kos kry.
LikeLiked by 1 person
Ek was bietjie stil, Anne. Dankie dat jy kom loer het en vir jou mooi kommentaar.
LikeLike
Jy het net daai aanvoeling. Goue oë om die mooiste foto’s raak te sien.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Ek is so bly om jou weer hier te sien. Pragtige fotoverslag. Die diere is nie regtig fotomodelle nie, maar die avontuur wat u vertel, vergoed daarvoor.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir jou besoek,Paul. Ek was bietjie stil, maar sal nou weer meer inloer.
LikeLike
Lang geleden Dina! Je bent terug met een schitterende reportage. Een spannend beeldverhaal!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Bea. Ek was bietjie van die blogs af, want ek het nie verl inspirasie beleef nie.
LikeLiked by 1 person
Soms is het goed even afstand te nemen. Doe maar rustig aan Dina!
LikeLiked by 1 person
Ag hoe lekker om weer hier te kan lees en kyk. Met jou wonderlike foto’s het jy die beste gebruik gemaak van ‘n verruklike geleentheid!
LikeLiked by 1 person
Dankie Frannie, lekker om jou hier te sien. Is jy al terug in SA?
LikeLiked by 1 person
Helaas, nee… Ek mik vir helfte Februarie.
LikeLiked by 1 person
Jy kan seker nie meer wag nie? Jy was lank weg.
LikeLiked by 1 person
Langer as ‘n jaar!
LikeLiked by 1 person
Sjoe tyd het gevlieg!!
LikeLiked by 1 person
As ek weer sien, is nog ‘n salige week verby!
LikeLiked by 1 person
Een supermooi verhaal en foto’s!!!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir jou mooi kommentaar.
LikeLiked by 1 person
niet bepaald schattige hondjes maar wel mooi om in aktie te zien.
LikeLiked by 1 person
O nee, glad nie skattig nie hoor… dodelike jagters! Dankie vir inloer, Suske.
LikeLiked by 1 person
Dis te pragtig. Ek sien presies hoe daardie kleintjies onder mekaar trek, pluk en groow en snou om die vleis te kry. Mens kan ook maar nie n hiëna vertrou nie. Dis heerlik om weer n storietjie en fotos daarby te sien. Sou so graag by jou wou sit dat ons daardie stories in n boek sit. Sal nog gebeur dink ek. Hou net aan met skryf en fotos wys. Jy is beslis n goeie verteller ook.
LikeLiked by 1 person
Dankie Ineke. Ons kan dit saamdoen. Jy het mos al gesê jy het oulike idees. Epos my dan kyk ons wat ons kan uitrig.Geen druk nie hoor.😀
LikeLike
Ek het toentertyd al klomp van jou fotos uitgesoek en toe besluit om eerste episode van meerkatte te doen. Met die virus tussenin het ek belangstelling verloor. Nou dat jy weer die honde opgesit het kom daar weer bietjie lig in die tonnel.
LikeLiked by 1 person
Hehe, ek wag.
LikeLiked by 1 person
Moet gaan sit en tussen my annale krap om te sien hoe ver ek met die storie gekom het. Kan onthou ek het n goeie stoot gegee. Onthou dis darem al verlede jaar gewees. Gaan beslis sommer nounou eers kyk.
LikeLiked by 1 person
Einde Okt 2020 het ons die meeste wildehonde ooit in die wildtuin gesien! En natuurlik die hiënas wat slim-slim ook naby bly. Jou storie en fotos stimuleer mens om jou eie albums nader te trek, Dina.
LikeLiked by 1 person
Dankie Una. Dis goeie nuus om te hoor vd wildehonde.
LikeLike
Jou fotos en stories is fantasties….het dit baie gemis, en is bly jy is terug!
LikeLiked by 1 person
Dankie Woordnoot. Lekker as jy kom lees en dit geniet.
LikeLike
Ek het al daai asems geruil Dina! Jou foto’s is so pragtig!!
LikeLiked by 1 person
Dankie Aletta.
LikeLike
Wow de echte natuur! Mooie foto’s
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Joke.
LikeLiked by 1 person
Wowww je foto’s spelen zich af als een natuurfilm. Bedankt ook voor zoveel natuurfoto’s
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Marylou.
LikeLike
“Wildehonde” I got. You should do a book on “The last of African wildlife”. I’ll buy it. 😉🙏🏻
LikeLiked by 1 person
I love to write these children’s stories about the animals and giving them funny names. Walmpie Wildehond means Whiff Wild dog, because of his smelly breath.🤣
I am contemplating to do a book some day. Thanks for reading here, Brian.
LikeLiked by 1 person
With pleasure always.
So walmpie would be whiff. Duly noted.
Do think about the book. You have great material.
LikeLiked by 1 person
I am thinking about it.😊
LikeLiked by 1 person
Uitstekende aksie fotos!
Ek stem saam, jy kan ‘n boek publiseer.
As julle sy asem kan ruik, is julle te naby.😨
LikeLiked by 1 person
Hehe, ja ons kon sy asem ruik deur die lens! Dankie vir jou mooi kommentaar.
LikeLiked by 1 person