Die wildehondfamilie se achilleshiel

Dis ‘n warm somersmiddag in die bos. Pappa Walmpie Wildehond (sy naam het hy tewyte aan sy stink asem) het pas ‘n heerlike rooibokbladbeen vir die vyf jongelinge in sy trop gebring. Sy baard is bebloed, want hy het pas saam met die ander volwassenes in die trop, ‘n vangs gemaak. Dit is sy taak om die kleintjies verder te beskerm terwyl hulle gulsig vreet…

IMG_4346

Die spannetjie is maar te bly en storm gulsig op die stuk vleis af…

IMG_4382

Dis ‘n gestoei, toutrekkery en bakleiery …

IMG_4426

IMG_4378

IMG_4369

IMG_4367

IMG_4366

IMG_4357

Terwyl hulle besig is, kry iemand snuf in die neus, vir ‘n gratis maaltyd. Helsim Hiëna het pas ‘n heerlike modderbad gehad en sy maag grom van die honger…

IMG_4435

Hy sluip skelm nader…

IMG_4441

Mens kan sy asem ruik…

IMG_4443

en die parasiete in sy maanhare sien…

IMG_4444

Hy storm vorentoe en gryp die kleingoed se vleis en verorber dit met een hap…

IMG_4451

Die kleingoed is heeltemal onverwags betrap en vlug vinnig die bosse in. Pappa Walmpie, wat intussen bietjie afgedwaal het, ruik onraad en kom vinnig aangedraf…

IMG_4460

Te laat! Helsim is lankal weg en smak nou sy lippe van pure lekkerkry. Pappa is nou in die moeilikheid, want hy het afgedwaal, terwyl hy kinders moes oppas…

IMG_4475

 

 

70 Replies to “Die wildehondfamilie se achilleshiel”

  1. Dis te pragtig. Ek sien presies hoe daardie kleintjies onder mekaar trek, pluk en groow en snou om die vleis te kry. Mens kan ook maar nie n hiëna vertrou nie. Dis heerlik om weer n storietjie en fotos daarby te sien. Sou so graag by jou wou sit dat ons daardie stories in n boek sit. Sal nog gebeur dink ek. Hou net aan met skryf en fotos wys. Jy is beslis n goeie verteller ook.

    Liked by 1 person

  2. Einde Okt 2020 het ons die meeste wildehonde ooit in die wildtuin gesien! En natuurlik die hiënas wat slim-slim ook naby bly. Jou storie en fotos stimuleer mens om jou eie albums nader te trek, Dina.

    Liked by 1 person

    1. I love to write these children’s stories about the animals and giving them funny names. Walmpie Wildehond means Whiff Wild dog, because of his smelly breath.🤣
      I am contemplating to do a book some day. Thanks for reading here, Brian.

      Liked by 1 person

Leave a reply to perdebytjie Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +