Klein Willemientjie Witrenoster is by die watergat vir haar daaglikse bad en suipseltjie water. Sy storm opgewonde die dammetjie in dat die water so spat…

Mamma Wilma Witrenoster, neem haar kans waar en teug diep aan die heerlike koel water.

Willemientjie gaan lê sommer plat in die water en wie land op haar? Ronnie Renostervoël. Hy het al van vêr af ‘n paar sappige bosluise bespied…

Ronnie kruip diep in Willemientjie se oor in en haar ogies val sommer toe van pure lekkerkry. Ronnie pik en sluk die lekker vetgesuipte dierasies af, totdat sy krop tot barstens toe vol is. Niks kom by so ‘n lekker oorskoonmaak nie. ‘n Diepe slaap oorval Willemientjie en mamma Wilma se groot lyf hou vertroostend wag by haar telgie…

Terwyl Willemientjie ‘n uiltjie knip, bekyk mamma Wilma haarself in die water en dink dat sy darem nie te sleg lyk nie…

Gelukkig kan sy nie haarself van agter af sien nie…

Hoe lekker is dit om hierdie foto’s te sien!
LikeLiked by 1 person
Dankie Anne.
LikeLike
Flinke baby die Baba. Mooi om te zien!
LikeLiked by 1 person
Dankie Bea.
LikeLiked by 1 person
Prachtige dieren en wat kunnen ze water verzetten! Hele mooie foto’s die reflectie.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Marylou.
LikeLiked by 1 person
Joke 🙂
LikeLiked by 1 person
Ekskuus tog Joke!🤪
LikeLiked by 1 person
🤣
LikeLiked by 1 person
Mooi!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie.
LikeLike
Ja, dis maar goed ons kan onsself nie so lekker van agter af sien nie, hahaha. Baie goed Bytjie.
LikeLiked by 1 person
Ek skrik my juis flou as ek myself van die kant af sien, wat nog te sê van agter af!😱
LikeLiked by 2 people
Wow, did I ever enjoy these rhino photos, Dina. Thank you.
LikeLiked by 1 person
Thanks for your kind words, Jet.
LikeLiked by 1 person
Een heerlijk verhaal bij die prachtige foto’s! 😀👍
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Trees.
LikeLiked by 1 person
Heel mooi hoor. Die dieren staan er mooi op.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Suske.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n lekker storie die. jy het beslis goed gedoen deur die sykant en agterkant in die spieëling af te neem. Mamma Wilma sal beslis meer moet eet. Haar boudjies is nie meer so rond soos toe sy nog jonk was nie. Het jy fotos van waar Wille-Mientjie dalk in water speel of hardloop ook?
LikeLiked by 1 person
Ongelukkig nie. Willemientjie het dadelik gaan lê en ‘n uiltjie knip, toe Ronnie in haar oor inkruip.
LikeLike
Ek het toe klaar al n storietjie in my kop oor Wille-Mientjie wat gallop en half spring van lekker kry. Dis okay. Ek hou van daardie spieëlbeeld. Kan jy dink of jy dalk nog oulike meerkat fotos het wat in storie gebruik kan word? Veral van die jongspan.
LikeLiked by 1 person
Ja ek het ‘n klomp meerkatfoto’s.
LikeLike
Awesome, ek gaan nou eers “gou” n kursus doen om n Album-book te maak. Dit lyk nogal of dit kan uitwerk om Fotos en woorde te gebruik. Kan jy dalk vir my net so n paar ekstra voorbeelde stuur van die aksies wat ek kan gebruik? Kort beskrywing nie nou al foto nodig nie. ( Raak nou werr heel opgewonde)
LikeLiked by 1 person
Ek sal later vandag vir jou epos stuur. Moet net eers gou weer gaan kyk.
LikeLike
Geen haas mee nie.
LikeLiked by 1 person
Jou fotos is pragtig soos altyd, Dina, en mens kan nie help om te glimlag as jy klein renostertjies se baldadigheid gadeslaan nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het al gesien hoe speel ‘n renostertjie met ‘n buffelkalfie.. kosbaar. Dankie vir jou mooi kommentaar, Dries.
LikeLiked by 1 person
Ons het een maal n renostertjie gehad wat met ons kar wou speel… ek was net heeltyd bekommerd Ma wil saam speel…
LikeLiked by 1 person
Hahaa, ja dit sou ‘n dilemma afgee!
LikeLiked by 1 person
Mooiste fotos, Dina!!!
LikeLiked by 1 person
Dankie Una.
LikeLike
Ag Dina dis nou te cute die storie en fotos. 😄 Ek lag vir mamma se agterkant….
LikeLiked by 1 person
Dankie Kameel.
LikeLike
Een serie welke ik wel had willen maken prachtig!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Frans.
LikeLike
Zou zo’n dier talent hebben voor ballet?
LikeLiked by 1 person
Beslis nie!! Effens te swaar in die lyf.
LikeLiked by 1 person
Je vindt ook geen tutu in haar maat…
LikeLiked by 1 person
Hehe, beslis net ‘n sirkustent se grootte.
LikeLike
Ek is weereens gaande oor jou storie Perdebytjie. en ek is mal oor jou woord: suipseltjie
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Appeltjie. Ek waardeer jou mooi kommentaar.
LikeLike
“Mamma Wilma”? 🤣
LikeLiked by 1 person
One of my chidren’s stories. I name them to fit the animal.. Wilma White rhino, Willemientjie White rhino. Ronnie Rhinobird (oxpecker in English)
They had huge projects of the horn cutting, but poachers still kill the rhinos for that small piece of remaining horn. It was also found that the rhinos need their horns to defend themselves during fights. Thus the dehorning is very traumatic. It is still done in some cases, especially by private owners. Nowadays there are special teams monitoring and looking after the rhinos. It costs a fortune, but hopefully we can stop this utterly senceless slaughter!
LikeLike
They still kill the rhinos for a few inches of horn? So crazy. I heard that a complete horn in China can retail at a million dollars… So crazy.
Willemientje? My great-grandmother was called Wilhelmine… 😉
LikeLiked by 1 person
It is a beautiful name.😀
LikeLiked by 1 person
It is also very cultural. She was born in British India in the 19th century. Just around the time of Kaiser Wilhelm II was born. Victorian England was very much pro-German. Victoria’s grandchildren reigned all across Europe. Hence, probably the name Wilhelmine.
LikeLiked by 1 person
Thanks for the interesting history.
LikeLiked by 1 person
AUB. 😉
LikeLiked by 1 person
PS. I’ve always wondered why game wardens don’t capture the rhinos, sedate them, cut the horns off, and release them?
LikeLiked by 1 person
In the Sabi Sands Reserve, they have a permanent base like an army camp. They patrol the fences 24 hours and are heavily armed. It is like a war out there. We were there once when the fence was breached and they sent us back to the lodge. Patrols were sent out and helicopters started to search from the sky. We weren’t told anything, because they try to keep these things secret, so as not to upset guests.
All this trouble because bloody stupid people still think rhino horn can heal cancer and improve libido!!
LikeLiked by 1 person
War is growing everywhere. Under a guise or another. Greed is the fuel of course… Sigh.
LikeLiked by 1 person
Yes, greedy people will be the end of humanKIND…. how ironic… everything but kind!😟
LikeLiked by 1 person
Agree about ‘kind’. Ironic. (Though the etymology is probably different.) Should we say “human-evil”? 🤣
LikeLiked by 1 person
Quite right!
LikeLiked by 1 person