Naaldekokers en waterjuffers

Wie het ooit kon dink dat die pragtige naaldekokers wat orals by waterryke plekke rondvlieg, eers nimfe was wat ongeveer twee jaar lank in die water gewoon het? As die nimf of larwe volgroei is, kruip dit teen ‘n plantstingel uit die water uit. Die vel droog dan uit, skeur oop op die rug en ‘n volwasse insek kruip uit. Hierdie is die dop waaruit hy gekruip het…

As mens mooi kyk na grassies en riete in vlak water, sal jy hierdie grillerige dooie doppies van die naaldekokers sien.
Naaldekokers kan verskillende variasies van rooi, groen of blou wees.
‘n Ou naaldekoker met geskeurde vlerke. Volwasse naaldekokers se lewensduur is ongeveer twee maande.
Deur die vlerke loop ‘n fyn netwerk van are en dwarsare, waardeur senuwees, bloedvate en asemhalingsbuise loop.
Naaldekokers kan snelhede van tussen 50 en 100 km/u bereik en kan skielik van rigting verander.
Twee groot saamgestelde oe beslaan omtrent die hele kop met twee kort antennae voor. Drie paar lang dun pote met stekels aan, word ook gebruik om prooi tydens vlug te vang.
Onder twee kake is ‘n skottelvormige onderlip. Dis oortrek met hakies en vorm saam met die kake ‘n struktuur bekend as die vangmasker, waarmee die prooi gevang en verskeur word.

Waterjuffers is soortgelyk aan naaldekokers en behoort aan dieselfde insekorde, Odonata. Daar is egter verskille. Naaldekokers se agtervlerke is groter as hul voorvlerke, terwyl dit by waterjuffers ewe groot is. Naaldekokers hou hulle vlerke uitgesprei as hulle rus, terwyl waterjuffers hul vlerke teen die liggaam vou. Hulle vlieg ook nie so vinnig nie.

Tipiese waterjuffer, kleiner as ‘n naaldekoker..
Die eerste naaldekokers en waterjuffers dateer uit die Permtydperk…280 tot 230 miljoen jaar gelede.
Fraai en fyntjies met pragtige kleure.
Twee waterjuffers wat paar.

Alle inligting gekry by Wikipedia en foto’s geneem op Walkerson’s Landgoed, naby Dullstroom.