Naaldekokers en waterjuffers

Wie het ooit kon dink dat die pragtige naaldekokers wat orals by waterryke plekke rondvlieg, eers nimfe was wat ongeveer twee jaar lank in die water gewoon het? As die nimf of larwe volgroei is, kruip dit teen ‘n plantstingel uit die water uit. Die vel droog dan uit, skeur oop op die rug en ‘n volwasse insek kruip uit. Hierdie is die dop waaruit hy gekruip het…

As mens mooi kyk na grassies en riete in vlak water, sal jy hierdie grillerige dooie doppies van die naaldekokers sien.
Naaldekokers kan verskillende variasies van rooi, groen of blou wees.
‘n Ou naaldekoker met geskeurde vlerke. Volwasse naaldekokers se lewensduur is ongeveer twee maande.
Deur die vlerke loop ‘n fyn netwerk van are en dwarsare, waardeur senuwees, bloedvate en asemhalingsbuise loop.
Naaldekokers kan snelhede van tussen 50 en 100 km/u bereik en kan skielik van rigting verander.
Twee groot saamgestelde oe beslaan omtrent die hele kop met twee kort antennae voor. Drie paar lang dun pote met stekels aan, word ook gebruik om prooi tydens vlug te vang.
Onder twee kake is ‘n skottelvormige onderlip. Dis oortrek met hakies en vorm saam met die kake ‘n struktuur bekend as die vangmasker, waarmee die prooi gevang en verskeur word.

Waterjuffers is soortgelyk aan naaldekokers en behoort aan dieselfde insekorde, Odonata. Daar is egter verskille. Naaldekokers se agtervlerke is groter as hul voorvlerke, terwyl dit by waterjuffers ewe groot is. Naaldekokers hou hulle vlerke uitgesprei as hulle rus, terwyl waterjuffers hul vlerke teen die liggaam vou. Hulle vlieg ook nie so vinnig nie.

Tipiese waterjuffer, kleiner as ‘n naaldekoker..
Die eerste naaldekokers en waterjuffers dateer uit die Permtydperk…280 tot 230 miljoen jaar gelede.
Fraai en fyntjies met pragtige kleure.
Twee waterjuffers wat paar.

Alle inligting gekry by Wikipedia en foto’s geneem op Walkerson’s Landgoed, naby Dullstroom.

42 Replies to “Naaldekokers en waterjuffers”

  1. Verruklike foto’s en interessante feite, ‘Bytjie. So bly om jou weer hier te sien! Naaldekokers dui glo verandering aan – toe ek by my dogter was, het daar gedurig naaldekokers oor die swembad heen en weer gevlieg.

    Liked by 1 person

        1. Dalk ook wisseling in seisoene en afwesigheid dui dalk op ‘n ongesonde omgewing. Hulle is roofinsekte en as daar nie ander insekte is nie, sterf hulle van honger. Interessant dat hulle soveel miljoene jare reeds bestaan.

          Liked by 1 person

      1. Wat dit vir my sê:
        Die besinning van ‘n bejaarde wat herinneringe van sy kindertyd gekontrasteer met dié van die ouer en ouer wordende self met die gepaardgaande verlies van o.a. die ratsheid en behendigheid van die jeug.

        Die tweede deel van die gedig klink soos die soort volksrym wat ons ook kry in baie van die Klopse liedjies wat êrens in die diep verlede ‘n oorsprong het in gebeure, ervarings en oorlewerings en wat met die tyd, soos met “chinese letters” verander het in die vorm soos opgeteken deur Boerneef.

        Maar wat Boerneef alles daarmee bedoel het, sal ek nie weet nie!

        Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s