‘n Dag saam met hoogsbedreigde gevleuelde konings van die berge

Die skuiling in die Drakensberge by Giant’s Castle.
Skuiling van buite
Gooi bene uit vir die Baardaasvoels.
Die gesellige warm binnekant.
Slaggereed om te “skiet”.
Die pragtige omgewing met sneeu op die Drakensberge.
Onverwagse besoeker kom kyk wat daar te aas is…Kransaasvoel (Cape Vulture).Ook skaars en sy status is kwesbaar.
Daarshy…wat ‘n fantastiese oomblik!!
Hy doen ‘n paar verbyvlugte en die kameras kliek verwoed.
Verbyvlug van ‘n jongetjie. Hulle neem tot sewe jaar om volwasse te word en die regte kleur te ontwikkel.
Volwassene met kenmerkende kleure.
Die Withalskraaie (White-necked Raven) en rooivlerkspreeus (Red-winged Starling) was baie lastig. Hulle het die bene skoon gepik en van die kraaie het bene gesteel.
Withalskraai (White-necked Raven) met een van die bene in sy klou.
Die kraaie het ons vermaak met interessante toertjies. Hierdie een het ‘n stok rondgegooi en dan weer gevang. Hulle is ongelooflike akrobate in die lug!
Die baard van hierdie volwassene is duidelik sigbaar.
Jonge met baard al effens sigbaar.

Ietsie oor hierdie ongelooflike konings van die hemel:

Dis die enigste aasvoel wat spesialiseer in die vreet van bene van dooie diere. Hulle eet veral die murg en sal die bene vanuit ‘n hoogte op rotse laat val om dit te breek.

Die ou naam was Lammergeier of Lammervanger, wat afgelei is van verkeerde aannames, dat hy lammers vang. Dis absoluut onwaar en het grotendeels gelei tot amper uitwissing in sekere werelddele.

Gewig: 5 tot 7 kg.

Vlerkspan: 2.6 tot 2.9 m.

Habitat: Berge. In Suid-Afrika word hulle slegs in die Drakensberge aangetref (ongeveer 175 km vanaf Durban na die binneland). Wereldwyd kom hulle voor in die Himalayas, Pyrenees, Alpe, Caucasusstreek, Altaiberge, Alborz, Zgrosberge, Ladakh, Wes en sentraal, Sjina en die Arabiese Peninsula.

Eerste suksesvolle broeitydperk: 8 tot 9 jaar. ..slegs twee eiers, waarvan die tweede ‘n hele ruk na die eerste gele word. As die tweede kuiken uitbroei, word hy deur die ouer een getreiter en van kos weerhou, totdat hy sterf. Dus is hierdie voels se aanwas baie beperk.

Lewensduur: 50jaar in dieretuine.

Skoknuus: Slegs 350 individue oorleef in die Drakensberg van SA. Die beste plek om hulle te besigtig is by Giant’s Castle, een van Ezemvelo KZN se kampe. Dis waar die wonderlike skuiling is wat ons vir ‘n dag gehuur het, vir totale privaatheid.

Opgestop in ‘n glaskas…

Mag dit NIE eendag die enigste manier wees om hierdie gevleuelde koning te besigtig nie!!

45 Replies to “‘n Dag saam met hoogsbedreigde gevleuelde konings van die berge”

  1. Hierdie fotos neem my jare terug toe ons amper elke naweek in die Drakensberg gestap het. Dit was altyd ‘n wonder om hierdie Baardaasvoëls van bo te sien verby vlieg. Dit is so lekker om van jou uitstekende fotos weer te sien!

    Liked by 1 person

    1. Ons het twee nagte daar geslaap. Dit was ‘n aangename verrassing. Die huisie waarin ons was, was silwerkoon en pragtig ingerig. Ons was die enigste mense in die kamp, behalwe vir nog een ander paartjie. Ons het wandelpaaie ook gestap. Dis beslis ‘n top kamp. Ons was in Thendele ook. Was nie te sleg nie, maar beslis nie Giant’s Castle se standaard nie

      Liked by 1 person

      1. Ons is mal oor altwee en omdat dit so moeilik is om tussen Thendele en Giants Castle te kies maak ons maar beurte! 😀

        Ek het wonderlike herinneringe van rustige aande voor die kaggel in Giant’s Castle se chalets met n kaasbord, donker sjokolade en warm koffie na n mens jou moeg gestap het in die vars berglug deur die dag.

        Liked by 1 person

        1. Thendele was ook ‘n heerlike verblyf en die staproetes is pragtig. Ons was jare gelede daar en toe was dit taamlik afgerem. Was nou baie goed. Hulle is besig met konstruksie op die pad so dit was bietjie deurmekaar en lawaaierig met die werkers.

          Liked by 1 person

        2. Ek was baie bly toe ek verneem het van die werk aan die pad na die kamp, want dit het maar sleg gelyk toe ons in Maart verlede jaar by Royal Natal was (toe het ons in Mahai gekamp, maar ons besoek is kortgeknip deur die aankondiging van die eerste inperking)

          Liked by 1 person

        3. Selfs in die winter vakansies is die kampe in die berge maar leeg – ons hoop altyd ons word in die kamp vasgevang deur sneeu as ons daar is maar dit het nog nooit gebeur nie. Desembers is beide Thendele en Giant’s Castle gewoonlik stampvol, met nog dosyne dagbesoekers vanaf gastehuise ensovoorts in die omgewing ook.

          Het julle al Kamberg probeer, Dina? Dis ook n goed bewaarde geheim van KZN Wildlife daardie.

          Liked by 1 person

        4. Nee ons het nie. Ek sal bietjie navors daaroor, dankie Dries. Ons het ‘n hele tien dae in die berge deurgebring en min mense gesien. Natuurlik die sneeu geniet toe ons Sanipas gery het.

          Liked by 1 person

        5. Ons het so 2 of 3 jaar terug planne gehad om Sanipas te gaan ry, maar toe word een van Marilize se ouers onverwags siek en die planne is steeds van die baan. Gaan jy ons trakteer op n paar sneeufoto’s en Sanipas foto’s, asseblief?

          Liked by 1 person

        6. Ek sal so maak. Julle sal moet vinnig spring, want die pas word geteer en dan gaan dit beslis van sy ruwe aantreklikheid verloor. Konstruksie is al gevorder tot by SA grenspos. Mens moet daar jou paspoort stempel al gaan jy nie deur na Lesotho toe nie. Met terugdraai moet jy weer by SA pos terugstempel… veiligheidsmaatreëls.

          Like

        7. Ek geniet dit vreeslik om oor sulke spesiale plekke te gesels. Oppad Kamberg toe is dit altyd vir ons n groot lekkerte om by die kaasplase en ander stalletjies daar in die “Midlands” aan te doen.

          Die volgende plek in die Drakensberge op ons lysie is Injisuthi – nou net n gaatjie in die kalender soek daarvoor.

          Liked by 1 person

        8. Ook gou gaan lees daaroor… dalk kan ons volgende jaar ook in die winter hierdie een en Kamberg besoek. Op ons ouderdom moet ons nie dieselfde goed oor en oor doen nie… hehe!

          Liked by 1 person

        9. Ons het al die jare Namibië plat gereis en noudat dit te ver is en met covid, is ons besig om ons eie land te verken… werklik fantastiese plekke hier ook.

          Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s