Opwindende dag op Sanipas….vir Dries.

Sanipas is die tweede hoogste pas in Suid-Afrika . Dis in 1950 gebou en word beskou as die moeder van alle bergpasse in Suid-Afrika. Dit is SA se mees ikoniese grondbergpas en is ‘n uitdaging vir menige avontuursoeker, natuurlik net rybaar met ‘n 4×4. Dit bly ‘n uitdagende rit met wonderlike natuurtonele, slegte weer en verraderlike toestande, wat mens kan verwag van ‘n pas met ‘n hoogte van 2876 meter. Dit kan enige tyd sneeu en die weer is baie onvoorspelbaar.

Dis een van die gevaarlikste passe in SA en het al menige slagoffer ge-eis. Ons het eerstehands beleef hoe gevaarlik dit is en ook benoude oomblikke beleef.

Die pad is tans onder konstruksie en ‘n groot gedeelte is al geteer. Ongelukkig gaan dit die aantrekkingskrag vir avonturiers bederf, as enige voertuig oor ‘n paar jaar gemaklik tot bo kan ry, maar dis glo “vooruitgang”. Gelukkig gaan dit nog lank neem en diegene wat Sanipas op hulle emmerskoplysie het, moet dit gou aanpak.

Oppad soontoe is dit van die asemrowende tonele…

Gou kom ons uit by die Suid-Afrikaanse grenspos en al wil ons nie in Lesotho ingaan nie, moet ons hier ons paspoorte laat stempel. Die pas is op SA grondgebied, maar dis meer prakties dat die grenspos hier aan die onderkant is.

Hierlangs is die pad nog maklik begaanbaar en die natuurtonele slaan ons asems weg…

Ek klim uit om die vars yskoue lug in te asem en ‘n vinnige skoot van die omgewing te neem….

Die natuurtonele is asemrowend…

Die gevoel van verwondering is onbeskryflik….

Sover het alles goed afgeloop, maar toe ons die eerste sneeu en ys kry is daar ‘n onverwagse obstruksie in die pad. Manlief gaan stel ondersoek in, maar die bakkie is verlate…..

‘n Basoetoe kom ewe rustig bergaf en stap gemaklik op die ys, terwyl manlief amper neerslaan en voetjie vir voetjie stadig terugkom…

Tot dusver was daar net ‘n paar voertuie en ons was voor. Dis net hier waar ons besluit om om te draai, want die sneeu het verander in seepgladde ys en die bakkie het die hele pad versper. Die voertuig agter ons het langs ons gestop en die spasie waarin ons kon omdraai, gevat.

Dis toe waar ons agteruit moes bergaf!!! Elke sentimeter wat ons beweeg, het die voertuig op die ys begin gly en al wat wink, was ‘n helse afgrond!! Gelukkig kom daar toe ‘n groep jongmense aan en die toerleier het die situasie opgesom. Hy het langs ons oop venster stelling ingeneem en op ‘n kalm manier instruksies gegee van hoe manlief sy stuurwiel moet draai en hoeveel hy moet briek en wanneer om nie te briek nie. Dit was ‘n hele proses waar hy saam met ons bergaf gestap het, totdat ons veilig kon omdraai. Ons was heeltyd baie kalm, maar agterna het ons albei duistere nek- en lyfpyne ervaar…beslis stres gewees! Daar was ook ‘n welkome dop sjerrie in die pyplyn…darem net teen die koue hoor en veilig in ‘n leunstoel.

Daar waar die sleepwa en ander motor staan, is waar ons omgedraai het. Die sleepwa was ook deel van die geheimsinnige verlate bakkie se vrag…

Toe ons eindelik weer vaste veilige grond bereik, kom daar ‘n hele gevolg uniformmanne te voet verby met ‘n baie benoude Sjinees tussen hulle. Dit blyk toe sy bakkie te wees wat daar vassit. Die knaap moes bergaf tot by die polisiepos en toe saam met hulle in hierdie noodvoertuig ry, om sy bakkie te probeer red….

Ons het nie gebly om die reddingsoperasie te aanskou nie en is veilig bergaf met nog mooi tonele in ons visier…

Goeie raad: Doen jou huiswerk, maak seker jy weet hoe om op ys te ry, want dis nie dieselfde as sneeu nie, hou bandkettings byderhand, moenie vol bravade wees nie, vermy groepsdruk en moet veral nie drink en bestuur nie!!!

35 Replies to “Opwindende dag op Sanipas….vir Dries.”

    1. Ook maar nie geweet wat wag nie. Ons ry baie rowwe paaie en dit was nie te moeilik nie, totdat die bakkie ons gestop het. Ons moes nog net so drie kilometer ry tot bo, maar siende die omstandighede, was dit maar beter dat ons omgedraai het. Dankie vir inloer, Frannie.

      Liked by 1 person

  1. Dis voorwaar asemrowend Dina. Hierdie bergreekse lyk dieselfde as in Lesotho (wel, dis dieselfde berge 😉). Ons het in 1999 deur Lesotho gestap, maar dit was hoogsomer en dan lyk die wêreld nie heeltemal so ongenaakbaar nie. Dit klink asof julle ‘n paar benoude oomblikke gehad het. Gelukkig het julle darem veilig anderkant uitgekom.

    Liked by 1 person

  2. Baie, baie dankie Dina!

    Wat n ervaring! En sulke pragtige tonele; die kranse en platos wat mekaar so afwissel en die dun strepies waterlope daar doer onder in die klowe.

    Ek is bly dat julle nie die gesneuwelde bakkie probeer verbysteek het nie – dit is darem maar baie hoog!

    Dankie nogmaals!

    Liked by 1 person

    1. Ons het nie sneeukettings gehad nie, dus maar omdraai. Ons Suid-Afrikaners ken nie eintlik sneeu nie en weet beslis nie hoe om daarin te bestuur nie. Dankie vir inloer. Altyd lekker om jou te sien.

      Like

    1. Ek is nooit bang saam met my man nie. Hy bestuur baie goed en het jare se ervaring van slegte paaie ry. Dit was egter bietjie skrikwekkend, want ys is ‘n ander ding!
      Dankie ir inloer Ineke.

      Like

  3. Asemrowende tonele wat jy afgeneem het. Julle was braaf, Perdebytjie, self sou ek nie die koue trotseer het nie. Maar dan ook weer, julle sien en beleef plekke wat wonderlik is.

    Liked by 1 person

    1. Die Drakensbergreeks in Suid-Afrika, asook ander bergreekse, kry nogal gereeld sneeu in die winter. In my leeftyd het ons tweekeer sneeu in Johannesburg gehad en ons het soos mal mense buite rond gehardloop! Dus dit is iets besonders vir ons.

      Like

    1. Oe,dit gaan ‘n groot avontuur vir julle wees. Besoek oppad ‘n paar plekke in Drakensberg soos Thendele, Cathedral peak en Giant’s Castle. Pragtig met heerlike staproetes oral.

      Like

  4. Geprobeerd om alles te begrijpen en het lukt vrij redelijk. Amai ja sneeuw is nu niet bepaald wat je verwacht maar is het geen winter bij jullie? Oei die sjinees zal het geweten hebben :-), die zitten toch overal. Prachtige foto’s en ik geniet van jullie land. Is al meer dan 10 jaar geleden dat ik er nog was. Veel groeten Dina.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s