Verdere brief aan ‘n geliefde

Nadat jou bose sweer die afgelope week oopgebars en jou strate en geboue verwoes en bevuil het, het ‘n wonderwerk gebeur.

Van oraloor het hulle aangekom, jou mense, ons land se mense…en hande gevat. Weereens het ek nie woorde nie.

Na dae van verwoesting en anargie, het gemeenskappe saamgekom. In plaas van vuurhoutjies, petrolbomme, stokke, klippe, spiese, assegaaie en ander wapens, was daar besems, harke, skoppies, borsels en enige bruikbare skoonmaakding in jou mense se hande. Saam-saam sonder inagneming van kleur, stand of status, het jou mense ingespring en skouer aan skouer jou vieslike verleentheid opgevee en weggewas.

Orals is planne gemaak, kos versamel, water, melk en brood uitgedeel, waar die nood hoog was.

Onder die radar het die aanstigters laag gelê en hul wonde lek, omdat hulle nie hierdie reaksie verwag het nie. Hulle skelm truuks om die werkloosheid en armoede uit te buit vir eie magsugtige gewin, het amper geslaag. Hulle het egter nie rekening daarmee gehou nie, dat jy ‘n groot gros kinders het, wat moeg is vir politieke speletjies en blatante kriminaliteit.

Swak politieke leierskap se onderrok het lelik uigehang en uiteindelik is daar erken dat hulle pogings tot orde, klaaglik misluk het. In plaas van die gewone blaamverskuiwing, is hande stadig in eie boesem gesteek. Ons hou nie asem op nie, maar hoop hierdie gebeure het mense laat wakker skrik.

Ons is nog lank nie uit die moeras nie, want hef aan lê nog voor om ‘n verpletterde ekonomie weer aan die gang te kry. Dinge gaan vorentoe eerder slegter as beter gaan, maar soos voorheen, oorheers die sterk gees van versoening en gaan hopelik die wa weer, soos sovele ander kere in ons geskiedenis, deur die drif trek.

Van ‘n video met ‘n man in ‘n rostoel op ‘n balkon, waar hy geweer in die hand skerts dat hy ‘n “sniper” is, het ons beweeg na nog twee mense in rolstoele…een met ‘n hark en die ander een met ‘n besem, fluks besig om skoon te maak.

Mooi Suid-Afrika! Jou goeie mense het geseëvier.

20 Replies to “Verdere brief aan ‘n geliefde”

  1. Nie in my naam nie. Dis die term wat reaksie op die vieslike anargie opsom. Mag dit die oomblik wees dat Mzanzi ‘n land vir al sy mense word. Waar al sy mense sê só maak ons nie. Ons toekomsmense ter wille. Mooi opvolgbrief, Dina.

    Liked by 2 people

  2. Pragtig saamgevat. Ek is so bly baie nie-Suid-Afrikaners lees hier by jou, die media verkondig mos net altyd die negatiewe, ek twyfel of hulle ooit die beelde van ons mense wat saamstaan sal uitsaai oorsee

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s