#Woordwarrel#Afrikaans

Hierdie is ’n bloguitdaging en jy kan gerus verbygaan, as dit te ingewikkeld en filosofies na jou smaak is.

Vandag se inspirasievonk is – ismes. Hierdie is ’n regte kopkrapper, maar ’n sin uit ’n ou Afrikaanse voorgeskrewe boek, het my ver teruggeneem. Iewers in my skoolloopbaan het ’n onderwyseres elke week ’n gedeelte hieruit voorgelees en ek kan onthou dat ek mal was oor die boek. Omdat skoolboeke nooit ons eiendom was nie en ons dit moes inhandig, was ek verheug toe ek in ’n tweedehandse boekwinkel daarop afgekom het.

Die boek se naam is Werfjoernaal, deur F.A.Venter. Dit het al ’n lang pad gereis tot by my. Voorin is ’n plakker met die volgende gegewens…


Op bladsy dertig tweede paragraaf verskyn die volgende sin: ”Die diktatuur van instink het aan ons idille ‘n wrange afloop gegee.”

Dit klink bietjie soos Grieks, veral vir die moderne Afrikaanse taalgebruiker, maar as mens die verhaal daaragter ken, verstaan mens dit. Dit gaan oor twee swaeltjies wat hul babatjies grootmaak en wanneer vliegtyd kom, word die swak enetjie gelos om te sterf. Die sterk een word tot satwordens toe aangepor om te vlieg. Wanneer hy uiteindelik daarin slaag en die hemelruim bemeester het, word hy deur sy ouers verwilder.

Ek het nou met ’n lang pad by my -isme uitgekom…

Naturalisme: Dis die totale werklikheid waarby alles wat bestaan, verklaar word as deel uitmakende van die dooie of lewende natuur.(Aangehaal uit HAT vyfde uitgawe).

Die ontnugtering van die skrywer oor die “wreedheid” (volgens menslike standaarde)van die swaeltjie ouerpaar, verduidelik dan dat die natuurlike instink van die swaels nie aan menslike normes gebonde is nie. “Dit is deel van die Natuur se kode en g’n swael kan daaraan ongehoorsaam wees nie.”

Hierdie voorbeeld is ‘n algemene denkfout by mense en het al gelei tot baie tragedies tussen mens en dier, waar die mens vergeet van naturalisme.Daar is gedurig talle voorbeelde. Die pas afgelope week was daar juis ‘n video oor iemand wat ’n vlakvark wou streel en toe amper sy gat, soos in graf, gesien het. Ook is daar die hartseer verhaal van die olifanthanteerder wat onlangs doodgetrap is. Daar is vele voorbeelde. Die mens moet nooit naturalisme onderskat nie!


Naturalisme (soos weereens aangehaal uit HAT vyfde uitgawe) kan ook die volgende beteken:

a)Rigting in die beeldende kunste wat die natuur so getrou moontlik sonder idealisering wil weergee.

b)Rigting in die letterkunde wat die mens uitbeeld as ’n (willose) produk van erflikheid en omgewing; teenoor idealisme.

Hopelik kan ons iets leer uit hierdie -isme en besef dat ons nie baas is in die natuur nie.

‘n Veertjie Verhaal

Die Janfredrikke is vandag baie besig. Pappa Frikkie en mamma Frederika vlieg op en af en land elke keer op dieselfde takkie in die bos. Die feit dat daar in elkeen se bekkie bondels insekte is, verklap hul geheim…iewers is daar ‘n nes met kleingoed…

Uitgevang! Ten spyte van uiterste versigtigheid sien iemand tog hulle nes. Twee lelike kaal lyfies loer verskrik uit, maar bly doodstil. Die spioen besluit om hulle liewer nie verder te pla nie, maar ‘n swak foto, wys darem watter geheim in die bos verberg is…

Gelukkig is die spioen nie vyandig nie en sit vir ‘n paar ure doodstil die geveerdetjies en dophou. Die interessantste disse word aangedra…’n Bekvol plantluise en ‘n sappige oranje wurm…

Vadertjie Langbeen was vandag heeltemal te stadig en sy vet lyfie gaan help om hongerpyne te stil…

‘n Lekker rooi vruggie vir vitamine…

Die insekte en wurmpies word nou met ‘n spoed aangedra en Frikke en Frederika kry skaars tyd om asem te skep…

Frederika het iewers ‘n lekker oranje wurm en ander klein insekte opgepik…

Nog ‘n bekvol plantluise…

Frikkie het in die water ‘n weekdiertjie gevind. Kyk hoe nat is sy veredos…

Kyk versigtig rond vir indringers, voordat die geheime nes besoek word…

Maak doodseker niemand sien nie…

Vlieg vinnig nes toe…

Foto’s oor ‘n tydperk van twee dae geneem in De Hoop Natuurreservaat.

Vrolike geveerdes op ‘n Vrydag

Grootmossie (Great Sparrow)
Kaapse tiptol (Cape Bulbul)
Rooivlerkstreepkoppie (Cape Bunting)
Gewone spekvreter (Familiar Chat)
Rooiwangmuisvoel (Red-faced Mousebird)
Swartkopkanarie (Black-headed Canary)
Swartkopkanariemannetjies en wyfies. ( Black -headed Canary males and females)
Bokmakierie.
Grootstreepswael (Greater Striped Swallow)
Grootstreepswael sing ‘n vrolike oggenddeuntjie.
Swarttobie (African Black Oystercatcher)

Alle foto’s geneem op ons onlangse toer deur ons pragtige land, Suid-Afrika.

#Woordwarrel#Afrikaans

Vandag se inspirasievonk is “ nuutskepping”. Aangesien ek baie lanklaas geblog het, is hierdie uitdaging iets wat my skryfmuse ‘n bietjie wakker skud om weer die pen op te neem.

Ek kuier nie graag op sosiale media nie, maar my nuuskierigheid is tog geprikkel om sommige gebeure te volg om te sien hoe ons mense dink en skryf.

So was ek nou ‘n paar dae lank vasgevang in die lees van kommentare oor covid en die stryd tussen vaksers en anti-vaksers. Ek was totaal stomgeslaan oor die dom redenasies, vrot skryfstyl, spelfoute en agressie. Ek weet nie of ek moet lag of huil oor ons taalgebruikers se luiheid nie. Dalk is dit die moderne tendens om so gou as moontlik iets te sê en die algehele slap dissipline op alle vlakke van die samelewing, wat deursyfer tot in ons taalgebruik.

‘n Interessante woord wat ek raakgelees het, is plandemie. Dit word knaend deur anti-vaksers gebruik en verwys na die samesweringsteorie wat beplan is om die mensdom te beheer en/of uit te roei.

Verder was ek verstom om te sien hoeveel mediese “kenners“ uit die gate uitgekruip het, om hul “nagevorsde” kennis met almal te deel. Ek noem hulle sommer “sosmedici”, afgelei van sosiale media dokters.

Ai, en sorg dié klomp sosmedici nou vir baie pret. Dit skel en vloek mekaar en gewoonlik onderaan ‘n koerantberig, wat omtrent niemand van hulle gelees het nie. Dit voer my terug na die dae op skool, toe begripstoets ‘n baie belangrike rol in ons leerplan gespeel het. Duidelik is daar deesdae ’n gat in mense se begripsvermoë.

‘n Mens moet egter aanbeweeg met die tyd en dit geld seker ook vir die veranderinge in ‘n lewende taal, soos Afrikaans. Dis baie moeilik om die taal suiwer te hou, want daar is soveel Engelse invloed, dat mens dit duidelik in sinskonstruksie en woordgebruik raaksien.

Wel, ek is van die ou skool en probeer let op my taalgebruik en spelling.Die res moet maar ons beeeutiful, amaaaaizing, coool taal “opspike“ met allerhande nuutskeppings.

Theo-Herbots-Freelance-Journalist-Fotograaf 💙|| Daily Information in 💌 in 1️⃣1️⃣0️⃣ Languages ✅

You can translate any page and post on this "GREAT" Blog into 110 Languages with the Google Translate Widgete 😀‼ || Gedachten over Levensstijl en Gezondheid. Een gezondheid 😀 en Fotografie💥-Blog 💌Speciaal voor U ✅, Samen met U ✅, Samen door U ✅💚||

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Picture Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Life - Photography - Traditional Art

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +

Petergreyphotography

looking through the lens

%d bloggers like this: