#Woordwarrel#Afrikaans

Hierdie is ’n bloguitdaging en jy kan gerus verbygaan, as dit te ingewikkeld en filosofies na jou smaak is.

Vandag se inspirasievonk is – ismes. Hierdie is ’n regte kopkrapper, maar ’n sin uit ’n ou Afrikaanse voorgeskrewe boek, het my ver teruggeneem. Iewers in my skoolloopbaan het ’n onderwyseres elke week ’n gedeelte hieruit voorgelees en ek kan onthou dat ek mal was oor die boek. Omdat skoolboeke nooit ons eiendom was nie en ons dit moes inhandig, was ek verheug toe ek in ’n tweedehandse boekwinkel daarop afgekom het.

Die boek se naam is Werfjoernaal, deur F.A.Venter. Dit het al ’n lang pad gereis tot by my. Voorin is ’n plakker met die volgende gegewens…


Op bladsy dertig tweede paragraaf verskyn die volgende sin: ”Die diktatuur van instink het aan ons idille ‘n wrange afloop gegee.”

Dit klink bietjie soos Grieks, veral vir die moderne Afrikaanse taalgebruiker, maar as mens die verhaal daaragter ken, verstaan mens dit. Dit gaan oor twee swaeltjies wat hul babatjies grootmaak en wanneer vliegtyd kom, word die swak enetjie gelos om te sterf. Die sterk een word tot satwordens toe aangepor om te vlieg. Wanneer hy uiteindelik daarin slaag en die hemelruim bemeester het, word hy deur sy ouers verwilder.

Ek het nou met ’n lang pad by my -isme uitgekom…

Naturalisme: Dis die totale werklikheid waarby alles wat bestaan, verklaar word as deel uitmakende van die dooie of lewende natuur.(Aangehaal uit HAT vyfde uitgawe).

Die ontnugtering van die skrywer oor die “wreedheid” (volgens menslike standaarde)van die swaeltjie ouerpaar, verduidelik dan dat die natuurlike instink van die swaels nie aan menslike normes gebonde is nie. “Dit is deel van die Natuur se kode en g’n swael kan daaraan ongehoorsaam wees nie.”

Hierdie voorbeeld is ‘n algemene denkfout by mense en het al gelei tot baie tragedies tussen mens en dier, waar die mens vergeet van naturalisme.Daar is gedurig talle voorbeelde. Die pas afgelope week was daar juis ‘n video oor iemand wat ’n vlakvark wou streel en toe amper sy gat, soos in graf, gesien het. Ook is daar die hartseer verhaal van die olifanthanteerder wat onlangs doodgetrap is. Daar is vele voorbeelde. Die mens moet nooit naturalisme onderskat nie!


Naturalisme (soos weereens aangehaal uit HAT vyfde uitgawe) kan ook die volgende beteken:

a)Rigting in die beeldende kunste wat die natuur so getrou moontlik sonder idealisering wil weergee.

b)Rigting in die letterkunde wat die mens uitbeeld as ’n (willose) produk van erflikheid en omgewing; teenoor idealisme.

Hopelik kan ons iets leer uit hierdie -isme en besef dat ons nie baas is in die natuur nie.

35 Replies to “#Woordwarrel#Afrikaans”

  1. Nou hoekom sal Bytjie nou oor die natuur skryf? Nou hoe dan anders…. wie van ons kan by haar kers vashou wanneer dit by die natuur kom. Ek het nie verby gehou nie… maar het definitief uit die bus geval.

    Liked by 1 person

  2. Trek net die beginsel deur na mense ook.asseblief.
    ” as Mense teel soos vlieê moet hul vewag om te sterf soos vlieê
    Moenie bekommer oor die wat nie wil laat ent nie. As jy nie voordele kan sien nie moet jy liewer toegelaat word om testerf Dit behoort die gemiddelde IK an die mensdom te verhoog.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Theo-Herbots-Freelance-Journalist-Fotograaf 💙|| Daily Information in 💌 in 1️⃣1️⃣0️⃣ Languages ✅

You can translate any page and post on this "GREAT" Blog into 110 Languages with the Google Translate Widgete 😀‼ || Gedachten over Levensstijl en Gezondheid. Een gezondheid 😀 en Fotografie💥-Blog 💌Speciaal voor U ✅, Samen met U ✅, Samen door U ✅💚||

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Picture Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Life - Photography - Traditional Art

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +

Petergreyphotography

looking through the lens

%d bloggers like this: