Krismisblog nommer ses

D staan vir De Hoop Natuurreservaat, geleë drie uur vanaf Kaapstad in die Overbergdistrik. Dis ongeveer 340 vierkante kilometer groot en is die tuiste van 86 soogdierspesies. Dit sluit elande, Kaapse Bergzebras grysribbokke, geelmuishonde, bobbejane en die hoogs bedreigde bontebok in. Daar is ook ‘n pragtige vlei, waar baie voëlspesies aangetref word.

Die De Hoop Marine Beskermde Area strek tot drie seemyle vanaf die kuslyn. Die baai is die teelplek van die Suidelike noorkapperwalvis en op ‘n helder dag kan mens gelukkig wees om hulle te sien vanaf ‘n hoë duin.

D staan ook vir Die Hel oftewel Gamkaskloof. Dis ‘n afgesonderde vallei omtrent 20 kilometers lank en 600 meter wyd. Dis in die Swartbergreeks. Die naam is afgelei van helling of hel, wat meer te doene het met die styl helling waarteen die pad in die smal kloof afgaan, as met die spreekwoordelike Hel. Dis nogal ‘n uitdagende rit met die pad wat teen ongeveer 579 meters afdaal na die vallei.

Op 28 November 2019, was daar ‘n verskriklike brand wat ‘n groot deel van die vallei verwoes het. Van ver af kan mens die ontsettende verwoesting sien, wat soos ‘n pikswart letsel uitstrek .

Oppad soontoe is daar pragtonele van fynbos, blomme en ander besondere plantegroei en selfs klipspringers.

Aan die anderkant van die kloof is Die Leer…’n baie styl pad waarmee die inwoners vroeër jare plaasprodukte uitgeneem het en ander noodsaaklikhede teruggebring het. ‘n Mens kan slegs daar kom met ‘n 4×4 of ‘n fiets en die pad gaan oor ‘n deel van Bosch Luys Kloof Privaat Natuurreservaat.

Gamkaskloof van die Leer se kant af. Hierdie deel het gelukkig die brand vrygespring.

33 Replies to “Krismisblog nommer ses”

  1. Watterr lieflike tonele skilder jy nie weer eens vir ons nie Bytjie. Ek het nou so lekker saam met jou gereis. Daar by Swellendam is mos ook ‘n park waar die bontebok beskerm word – my pa het ons soontoe geneem toe ek nog ‘n klein dogtertjie was. Mooi bokke. Die klipspringertjie is te dierbaar. Die murasies – is dit oorblyfsels van ou vissershuisies?

    Liked by 1 person

  2. Daardie murasies is oorkant die vlei. Daar is ‘n ou plaashuis,(sigbaar op een foto),bekend as Die Melkkamer. Mens kan ook daar tuisgaan as jy bv ‘n groep mense is.Die murasies staan daar… lyk soos ‘n ou garage of iets. Toortsie sal dalk beter weet. Sy ken daardie wêreld goed. Dankie vir saamreis, Hester.

    Liked by 1 person

    1. Ek was al tweekeer in Die Hel en darem weer terug!🤣🤣👹👹
      Snaaks ek het ook verlang na Toweropstal, toe ek die foto’s plaas… “great minds think alike!”Dankie dat jy so lekker saamreis.

      Like

  3. De hoop is my grootword wêreld. Jare gelede het ek die voorreg gehad om die kransaasvoëls wat daar broei, se broeiplek te besoek saam met n skooltoer en n toergids. Een van my kosbaarste herinneringe

    Liked by 2 people

  4. Dis darem ‘n belewenis om so saam met jou die plekke te besoek. Het jy al gedink om ‘n toergids te word?Die klipspringertjies met hul fynste ou toontjie of hoefies en mooiste ou gesiggies is te pragtig. Daardie brand is net verskriklik. Dit vernietig als wat in die pad kom.Ek sien uit na jou volgende uitstappie. Ek ken daardie dele gladnie so dis besonders vir my om te sien.

    Liked by 1 person

    1. Dis heerlik as jy saamreis, Ineke. Dankie ook vir jou mooi kommentaar. Ons het so baie in Namibië en Botswana rondgetoer, dat ons amper die mooi plekke in SA misgeloop het. Ons werk nou daaraan.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +

%d bloggers like this: