Lewe in ‘n Waterwesekamp….Middel-Letabarivierdam

Na agt maande op die oop vlaktes van Standerton is ons op ‘n ysige wintersoggend vort na ons volgende blyplek.’n Nuwe damprojek moes in die destydse Gazankulutuisland aangepak word. Manlief Frans, was gekies om die projek aan die gang te kry en is aangestel as die plaaslike ingenieur. Dit was ‘n reuse uitdaging vir ‘n jongman van ses-en-twintig en hy het klippe gekou, maar hom uitstekend van sy taak gekwyt.

Ons blyplek was in ‘n ou myndorpie wat dateer het uit die dertigerjare en die meeste huise was ruïnes en moes herstel word. Ons was gelukkig om een van slegs ‘n aantal bewoonbare huise te kry en dit was omtrent ‘n gewerskaf om die huise bewoonbaar te maak.

Ons grasdakhuis met ‘n ou wildevyeboom, waaronder ons ure deurgebring het.

Destyds was dit letterlik in die boendoes en daar was ook ‘n projek aan die gang om die hoofstad van Gazankulu, Giyani, aan die gang te kry. Staatsgeboue, ‘n hotel, ‘n pragtige hospitaal en vele ander ontwikkelings het plaasgevind. Die amptenare wat hiervoor verantwoordelik was, het in Kremetart gewoon. Dit was ook ‘n staatsdorpie en ons naaste plek om te kuier, tennis te speel en kerk toe te gaan. Destyds is daar baie geld ingesit in tuislandontwikkeling.

Soos ek reeds gesê het, dit was in die gopse en ons moes met ‘n slegte grondpad, deur driwwe en sekelbos-boskasies ry. Langs die pad was ook verskeie Sjangaanstatte met modderhutte en klein landerytjies, beeste en bokke.

Vanaf ‘n ysige -7grade die oggend in Standerton, kom ons en ons treklorrie toe teen ‘n heerlike warm 30grade in ons nuwe tuiste aan. Die ouens wat die vervoerwa afgelaai het, het droogweg opgemerk dat ons beslis nie meer ons asbesverwarmer nodig het nie! Wat ‘n temperatuurverskil in een dag…dis die bosveld daai!

Ons het drie jaar daar gebly en dit was van die gelukkigste tye in ons lewe. Die damprojek het vlot verloop. Foto’s van verskillende stadiums in die dambouproses….

Inlaattoring

Daar was ook baie dramas met vloede en masjienerie wat vasgesit het…

Klein- Letabarivier in vloed. Oubaas, ons hond, was baie lus om te swem.

Die Klein- Letabarivier naby ons dorpie het ook soms afgekom. Tydens die reënseisoen moes ons deur gevaarlike driwwe ry om tuis te kom na inkopies op die naaste dorp, Tzaneen…’n rit van 240km heen en terug. Ons het al eenkeer vasgeval en met behulp van ‘n klomp Sjangaans het ons gelukkig weer uitgekom. Daardie jare was daar nie 4×4’ s nie en ons is met ons kerriegeel Ford Cortina deur plekke waar ons dit nie vandag sal waag nie!

Ons het die lewe vir onsself aangenaam gemaak. Daar was selfs ‘n klein biblioteek, waarvan ek die bibliotekaresse was. Vrydagaande het ons gefliek in ‘n klein saaltjie en ons byna doodgelag vir die simpel Amerikaanse strokiesprente. Daar was ‘n tennisbaan ook aangelê en wanneer ons eensaam was, het ons die veld ingevaar met twee reuseboomboeke ( dit was in die dae voor klein handige veldgidse) en die pragtige bosveldbome probeer identifiseer. Tot vandag toe is dit kennis wat my bygebly het.

Die twee boeke is vandag nog van my kosbaarste besittings.

Daar was vier of vyg jong ingenieurs en hul vrouens, wat ook oor ‘n tydperk daar ingetrek het. Ons het wonderlike vriende gemaak en elke Saterdagaand, winter of somer, gebraai. Ons is steeds vandag bevriend met een paartjie, wat ons bure was.

Ons eerste twee kinders is gebore op Duiwelskloof, wat die naaste dorpie met ‘n goeie hospitaal was. Dit was ver en nogal ‘n uitdaging om daar te kom. Gelukkig was ons darem elke keer betyds met geen verrassende kraamgevalle nie!

Ek en Oubaas.
Oubaas voor ons huis.
Ons eerste babatjie, Francois.
Ons tamaties… was baie vrugbare wêreld.
Ek en Oubaas in ons groentetuin…kyk my haarstyl…ugghhh!
Twee wonderlike Sjangaanvrouens, Lina en haar ma Kokwaan. Hulle het ons in die huis en tuin gehelp.
Kokwaan en Francois deel ’n grappie.
Ons tweede babatjie, Isabel is sewentien maande na Francois gebore.
Ons hou piekniek op die oewer van die rivier….doer onder die rooi sambreel. Dit was nog baie ongerep.

Na drie en ’n halwe wonderlike jare is ons daar weg en het padbouers geword. Dit was weer ’n heel ander soort lewe. Dankie aan die destydse Departement van Waterwese wat vir ons hierdie fantastiese lewenservaring gebied het.Ek kyk met heimwee terug daarna.

71 Replies to “Lewe in ‘n Waterwesekamp….Middel-Letabarivierdam”

    1. Daardie foto is ‘n dag voor my eersteling se geboorte geneem.Ek was so gestres. Mens kan dit op my gesig sien. Dit was ‘n bevalling uit ‘n riller… anderdag se storie. Gelukkig het ons dit oorleef!😵‍💫😜

      Liked by 2 people

  1. Ek geniet hierdie vertellinge van jou so baie. Met Jac se werk moes ons noodsaaklikerwyse altyd in groot stede woon. Bloemfonteiin is die naaste wat ons aan “afgeleë” gekom het. Dit moet ‘n belewenis wees om so ‘n groot konstruksie te sien verrys uit niks. Jou foto’s wys ‘n mooi beeld van jou lewe.

    Liked by 2 people

    1. Aan die eenkant was dit hartseer om die ongeskonde terrein van die dam te sien en dat alles later onder water sou wees. Dit het my altyd gevang om te sien hoe die natuur moet boet. Maar aan die anderkant, ons leef en het water nodig.
      Dankie dat jy kom lees het, Hester.

      Liked by 2 people

        1. Destyds was daar nie ‘n pad soontoe nie… geëindig by Giyani. Ek weet glad nie hoe dit deesdae daar lyk nie. Ons is daar weg in 1980 en ek was nog nooit weer daar nie. Ons dorpie se naam was Klein Letaba en ek weet nie of dit nog bestaan nie.Dalk kan jy my meer vertel van hoe Giyani nou lyk en of Kremetart nog daar is.

          Liked by 2 people

        2. Ek is bevrees die Afrikaanse name lui nie n klokkie nie – miskien is die name net verander – maar Giyani self lyk na n redelik vooruitstrewende dorp en defnitief baie meer georganiseerd as Thohoyandou.

          Liked by 2 people

        3. Kremetart was so op die linkerkant baie naby aan Giyani, net voor mens oor die rivier gaan. Klein Letaba was ook aan die linkerkant, maar diep in die bosse in, taamlik ver van Giyani… so op vele grondpaaie kon mens lekker verdwaal en Tohoyando toe ook ry.

          Liked by 2 people

  2. Wat een schitterend verhaal en fotoserie is dit! Zo ver weg van Nederland en toch, op de een of andere manier, vertrouwd. Het zullen de kleuren van de foto’s zijn, de tijd waarin het verhaal zich afspeelt, de kleding en de haardracht (!), maar ook de jeugd, de verwachting, het avontuur. Ontroerend vind ik het.

    Liked by 3 people

  3. Sjoe, kan goed glo dat dit n heerlike tydperk in jul lewe was. Ongerepte natuur, harde werk, gewillige helpers en dan ‘n Boerboel so na my hart. Daardie wêreld is beslis vrugbaar as daar reg bewerk word. Jou fotos van die dam in aanbou is eintlik argiefmateriaal, Dit gee beslis ‘n mooi idee van hoe dit was. Nou lekker hier saam met jou gesit en kuier. Jy en Frannie maak my sommer jaloers omdat ek nie saam julle kan kom kuier nie. ONs sal darem maar ‘n hond uit ‘n bos kan kuier.

    Liked by 2 people

  4. Lovely pictures Dina. The translator still doesn’t work, but I managed to understand “ons eerste babatje François”. So your first has a French name? And the second is Isabel. And your husband published two books…
    😉 I think I got the idea.
    All well?

    Liked by 1 person

    1. Thanks for visiting here,Brian. You have it more or less correct. My son and daughter’s names are Francois and Isabel. My husband’s name is also Francois. His forefathers were French Huguenots who came to SA in 1687.
      The name,Isabel, from comes from my mother’s family, who were Dutch. We are a good mix of Europeans.
      We used those two thick books to study the trees in the area, where we lived. The books were written by Piet van Wyk, not family of us, who have the same surname.
      All is well here. We are healthy and enjoying wonderful autumn weather.
      Regards dear Brian.

      Liked by 1 person

      1. I wondered about Frans/François. Huguenots now? I’ve always thought Luis the XIVth was an absolute idiot who deprived France of very valuable people with his religious/political oppression.
        1687? That’s a long time to be established in a country… Africa is indeed your home…
        So that was another Van Wyk. Very Dutch name… 😉
        Dankje wel for the update. Are you planning a trip in the Bush soon?
        Tot ziens, Sis.

        Liked by 1 person

        1. I can imagine… I’ve just picked up digitalizing my mother’s 8mm films. Right now I’m on “Kenya 1! About 30 minutes of safaris to Amboseli and Tsavoa in the 60’s. Great memories and wonderful sequences. When I’m done I’ll start posting relevant extracts.
          3 months away… Don’t bite your nails too hard. 😉 It’s almost around the corner.

          Liked by 1 person

        2. Apparently the big parks, Tsavo, Amboseli are still there. Some of the very wild places we went to (not a soul then) are now Parks. Problem was , pre-Covid, they were packed. Too many tourists as everywhere. Daughter 1 is an MD. She did a 6 month mission in North Kenya for MSF (Doctors without borders). She traveled a lot. Then her sister joined her. They say it’s still magic. 👍🏻

          Liked by 1 person

        3. Fingers crossed. The African states after Independence are not the best… wardens of wildlife. In Tanzania, the Government wants to build a highway across Serengeti which will cut the annual migration of gnus, zebras, and all sorts of game north to Mara on the Kenya side.
          So far it has been detained by environmentalists, but for how long?

          Liked by 1 person

        4. Yes. Good pretext for under the table kickbacks. But also I suspect because of different perspective on wildlife. Us “Wazungu” think of wildlife as Beauty. The swahili word for wild animals is “nyama”. That means “meat.” Makes sense when you are a Kikuyu farmer. And for those, elephants are both a source of ivory/money, and pests that destroy their corn fields….

          Liked by 1 person

    2. My husband was the head engineer on a huge dam building project. It was way out in the bush and we stayed in an old dilapidated mine town. The houses had to be renovated and we were far from everything. We lived there for three years… wonderful time in nature!

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Picture Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Writing - Photography - Lifestyle

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +

%d bloggers like this: