Geldwassery op ‘n Maandagmôre.

Deesdae heers daar soveel onheil in ons droewe land. Dis weggesteekte geld in rusbanke, vuurpoele wat met operamusiekbegeleiding aan ons opgedis word, bewilliging van miljoene rande vir ‘n vlagpaal, dertigmijoen vir ‘n nuwe simfonie-orkes,(terwyl daar reeds baie orkeste is wat op hul eie moet swoeg om kop bo water te hou) die stigting van ‘n tweede ESKOM ( terwyl die eerste een besig is om te sink) en, en en…

Met dit in gedagte, besluit die inwoners van ‘n sekere woonbuurt aan die Oosrand, om die voorbeeld van ons kripvreterpolitici te volg. Wat is ‘n paar gewaste honderd Rand nootjies tussen familie en vriende dan tog?

Al verskil tussen politici en genoemde inwoners, is dat die Maandagmôregeldwassery onbepland en die gevolg van ‘n fratsongeluk was.

Perdeby sit rustig in die sonnetjie en vererg haar vir al die boewe, skelms en korruptes (versamelnaam vir die gespuis is politici), toe sy wreed uit haar donker mymerings geruk word. ‘n Harde plons en ‘n goeie paar kragwoorde van die swembad se kant af, laat haar vervaard opspring om ondersoek in te stel.

‘n Druipnat wederhelf kom snakkend na asem, aangehink. Met ‘n groot gesukkel word alle sopnat klere afgestroop Onthou dis winter en mens het baie aan…trui, pet, hemp met baie knope, belt, denim wat vassuig ( het jy al ooit haastig uit ‘n nat denim probeer klim?) kouse, tekkies, onna die lot. Intussen klappertand die slagoffer van die koue en Perdeby stoot hom sonder seremonie onder ‘n warm stort in.

As mens ‘n fratsongeluk beleef, bly ander onverwagte dinge ook in die slag. Saam met die gewaste banknote in ‘n beursie, het ‘n selfoon en I-pad ook ‘n duik gevat in die ysige water. Gelukkig was daar ‘n net oor die swembad, want ‘n totale wegsinking sou beslis groter skade veroorsaak het. Genoemde huisgenoot wat die plons oorleef het, is nou oortuig dat die net waaroor hy so skepties was, beslis werk…was bietjie ‘n koue onsmaaklike manier om uit te vind.

Die I-pad het die gees gegee, maar die selfoon het niks oorgekom nie, want die slagoffer het so te sê op die water geloop.

Die gewaste banknote is nou weer veilig waar hulle hoort en het ongelukkig nie belastingvry vermeerder nie!

,

33 Replies to “Geldwassery op ‘n Maandagmôre.”

  1. Nou hoe raak die man dan nou die (tuin)paadjie byster so vroeg op ‘n Maandagmôre? Daar is makliker maniere om geld te was – in die wasmasjien byvoorbeeld. Ai tog, ek kon nou nie help om te lag nie en ek hoop hy hou nie ‘n loopneuus en seer spiere oor van sy avontuur nie.

    Liked by 2 people

  2. Is jy ook een van die spesiale mense wat dadelik aan die lag gaan as iemand val, Dina? Ek moet erken ek is. Ek sal defnitief nader storm om te help, maar moenie my kwalik neem as die trane rol soos ek lag nie…

    Liked by 2 people

  3. Nou het jy darem ‘n prettige beskrywing gegee. Ek hou van die idee dat jy uit jou donker gedagtes geruk is deur die skielike geldwassery. Was daar ys/ryp op die looppaadjie wat jou man se looprigting skielik in die verkeerde rigting laat beweeg/gly het? Dis eintlik te kostelik. Eks ook bly daar is ‘n net oor swembad.

    Liked by 2 people

    1. Hy het geval oor ‘n los “creepy crawly” pyp, wat deur die tuinman daar gelos is. Die water was vrek koud en hy het beslis in rekordtyd uitgekom… half gehardloop op die net🤣🤣

      Like

        1. Ons het ‘n baie goeie tuinman wat al 22 jaar hier werk en dit was nie nodig vir waarskuwings nie. Ons het maar net saam lekker gelag en hy sal beslis nie weer iets daar laat lê nie. Gelukkig geen verkoue of nagevolge nie.

          Like

  4. Terwyl dit by jou oorwinter, het ons temperature van sowat veertig grade. Baie uitsonderlik, ‘n gevolg van aardverwarming.
    Geld word nie meer hier gewas nie, alle betalings word digitaal of per kaart gedoen…
    Bly om meer van jou te lees!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +

%d bloggers like this: