Amperse kaping!

Ek en manlief sit rustig vanmiddag in 'n oulike koffiewinkel.Ons skuif nog so reg om 'n interessante gesprek waarmee ons in die kar begin het,voort te sit. Asof van nêrens verskyn hierdie omie (ons ken hom maar net van sien en soms 'n woordjie wissel) en syg op die derde stoel aan ons tafeltjie neer!Hy trek …

Die Wildeperde van die Namib

Op ons onlangse toer deur die suide van Namibië het ons aangedoen by die Wildeperde van Garub.Die oorsprong van hierdie perde is gehul in 'n waas van mistiek. Naby die piepklein dorpie,Aus (oppad na Lüderitz) is 'n fontein,wat deur transportryers en soldate gebruik is.Volgens oorlewering was daar tydens die Eerste Wêreldoorlog 'n lugaanval gedoen op soldate wat …

Kletskouse

Ek was gister hoogs geïrriteerd,want twee kletskouse het amper my senuwees geknak.Ek is seker almal van ons ken sulke mense of is dalk self een! Ek het al agter winkelrakke weggekruip,wanneer ek sommige mense sien aankom.By my oefenklas is 'n vrou,met wie ek liewers nie eers oogkontak moet maak nie,want sy pen my vas en dan voel dit …

Nog foto’s

Spoortjies in die sand. Afgebrand,met 'n anderster skoonheid!Tsondabvallei,nadat weerlig die veld aan die brand geslaan het. Spoor van die duinmol.Hy swem letterlik deur die sand! Bossies op rooi duine. Sonsondergang..Tsondab. Vragmotor steeds in werkende toestand.Tsondabvallei. Steenbokskeerkring in Nauklooft Nasionale park

Dorslandfoto’s

Die afgelope drie jaar is ons besig om Namibië van hoek tot kant te deurkruis. Hierdie droë land het soveel aantrekkingskrag vir ons, dat ons besig is om elke pad, onder ons "wa" se wiele probeer inwerk. Dis ongelooflik bevredigend en die kameras kliek heeltyd. Ons was al by fantastiese plekke, waar min mense kom.Ons basis …

Laaste huldeblyk

Pa, Oupa, ons het jou vanoggend gegroet. Die afgelope drie weke was aaklig, maar nou is jy rustig waar jy hoort..weg van pyn en ellende. Jy was 'n wonderlike mens en toe jou seuns en kleinkinders vanoggend aan jou hulde gebring het, het die verlies van Pa weer diep in my hart ingesny! Nog nooit …

‘n Seder het geval

Vir ons as familie, was hy soos 'n sederboom, sterk, regop,reikend na bo, met oopgespreide arms, wat almal altyd in sy liefde omvou het! Ek sit nou slapeloos hier en bepeins die lewe en dood van my pragtige skoonpa.Hy is presies om middernag oorlede. Ons het gejaag om betyds te wees, maar was te laat.Dis …