Tandarts toe!

Ek het só opgesien teen vandag,want ek moes gaan vir 'n kroon.Eers tagtig rand neersit,want dis mos nou deesdae die in-ding by dokters en tandartse.Jy kan dit darem eis by jou medies,maar Dokter moet darem ook 'n ou inkomstetjie hê as die medies bietjie lank vat..heeltemal verstaanbaar! Gelukkig wag ek nie te lank nie,het een …

Dinges

"Dinges" is so 'n lekker woord,veral as mens vergeetagtig raak.Hierdie ou woordjie kom soms handig te pas. Dink daaraan as jy iemand se naam vergeet.Dan is dit sommer "Dinges Watsenaam".Wanneer ek kwaad is en ek kan nie sê ek is die m@..r in nie (vanweë die geselskap waarin ek my bevind),dan is "de dinges in" net so …

Snaakse Kontrepsie

Hierdie snaakse affêre staan langs die pad tussen Helmeringhausen en Aus,in die suide van Namibië.Van ver af lyk dit soos 'n groot krismisboom.Dit lyk soos 'n radiomas,maar daar is definitief 'n watertenk op die een platvorm.Weet iemand dalk wat dit is?

Die wit duif

Gister sit ek en manlief in die middel van nêrens op 'n kampplek in die pragtige Spitskoppe in Namibië.Rondom en bokant ons troon reuse kranse en stapelrotse uit.Die omgewing slaan mens se asem weg en ons klein ou tentjie lyk soos 'n spikkel teen die massiewe rots waar ons kampeer. Binne 'n halfuur maak om en by twintig …

Miere,miere miere!

Hier by my is sulke fyn klein miertjies.Ek hou hulle nou al geruime tyd dop,seker so ses maande al.Eers was dit net een so 'n oulike rytjie miere wat in my kamer teen die muur uitstreep.Omdat ek nie glo in doodmaak of gifspuit nie,het ek 'n beleid van "leef en laat leef"!Hier is oral spinnekoppe …

Kolmanskop foto’s

Rekenmeester se huis  Skoolhoof se huis  Verroeste wasbak in mynbestuurder se huis Argitek se huis Mynbestuurder se huis  Mynbestuurder se huis  Argitek se huis van verskillende kante Hospitaalgang..as jy mooi kyk, sien jy die spoookagtige gedaante van 'n verpleegster! Lees vorige inskrywing oor my indrukke. 

Kolmanskop

Kolmanskop is een van die vele aantrekkingskragte van Namibië.Hierdie verlate myndorp lê in die Spergebied, so tien kilometers van Lüderitz af.Met 'n besoek hier,hang mens se mond oop oor die vindingrykheid van die Duitsers wat in hierdie afgeleë,waterlose plek,'n bestaan kom maak het..alles natuurlik agter diamante aan! Vir ons was dit 'n fotogeleentheid soos min,en …