Burokrasie, die mens se grrrrootste PYN

Hoeveel keer moet ek nog my vervalde motorlisensie hernu? Hoeveel keer moet ek weer gaan vir oogtoetse vir ‘n nuwe bestuurslisensie? Hoeveel keer moet ek belastingvorms invul? Hoeveel keer moet ek wéér my bankbesonderhede gaan Fika?

Al hierdie goed is elke jaar se storie, behalwe die bestuurslisensie…vyf jaar is egter ook TE GOU verby! Hierdie takies is die ergste dorings in Jan Alleman se vlees.

Behalwe dat dit ‘n permanente gat in my beursie laat, is dit lang rye wat getrotseer moet word, vieslik-ingewikkelde vorms wat mens moet invul (nogal in Ingels ook)…ek weet nie hoe voel iemand wat nie baie geletterd is nie! My nek gaan sommer in ‘n spasma in en ‘n soort angssweet tap onder my arms af, terwyl my wange bloedrooi bot soos ‘n ontploffing in ‘n kleurstoffabriek!

Natuurlik moet jy nie ‘n oog knip of reageer, wanneer een of ander geïrriteerde omie in die ry, rassistiese kommentaar lewer oor die diens nie.Ek skaam my gewoonlik dood, want die stem is dan nog so kliphard ook. Het hulle al vergeet dat die vorige staatsdiens maar net so vrot was?

 Burokrasie is maar wêreldwyd ‘n pyn wat nie wil weggaan nie. Ek onthou toe ek begin skoolhou het, kry ek my eerste salaris..KLEINGELD! Daarby ‘n formele brief, wat aandui dat ek geen kwalifikasies het nie en slegs vir drie maande mag werk. Wat het dan nou geword van al my met moeite-gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies, diplomas, sertifikate, getuigskrifte en al  die ander pampiere? Woedend en in my eer gekrenk, storm ek vol bravade daai onderwysdepartementsgebou in Pretoria.

Dit het alles niks gehelp nie. Ek was die goddelike dag daar, van bakboord na stuurboord gestuur. Dan is dit vloer een, kamer vyf, dan vloer sewe kamer drie, vloer agt kamer twee..nee ons gaan nou op “lunch”, kom oor ‘n uur terug! En die amptenare is suur, asynsuur en behandel my soos ‘n infantiel! Alles darem naderhand uitgesorteer is ek poegaai huistoe.

Raai wat? Volgende salaristjek, selle ou storie! Plus die volgende ses maande. Na baie gesukkel is die sakie opgelos en kom my eerste stel dokumente iewers te voorskyn! Wonder nou nog watter ou se stêre het my pampiere warm gehou.

Ek het nou al geleer, as jy enigsins met ‘n staatsdiensinstansie, bank of munisipaliteit “besigheid” moet doen, neem alles saam..ID, paspoort, kredietkaarte, foon- en klererekening, munisipalerekening, geboortesertifikaat, doopsertifikaat en les bes, jou tandheelkundige afdrukke en DNA! 

Blare wat mors

Hoekom is daar altyd mense wat kla as blare mors? Ek het nou al probeer om sulke mense te klassifiseer. Dis opvallend dat hulle meestal perfeksioniste is. Verder sorteer hulle onder die ouderdom vyftig plus, want hulle het grootgeword in ‘n tydperk waar daar nie veel notisie geneem is van die natuur se invloed op die omgewing nie.

Dis ook die tipe persoon wat maklik die spuitbottel nadertrek en al wat ‘n bewegende nie-menslike skepsel is, verdelg met ‘n nare wolk gaggagif.Ek veralgemeen ‘n bietjie, maar maak nogal so ‘n waarneming.

My skoonouers woon in ‘n aftree-oord en daar is alewig hewige rusies oor morsende bome. Gewoonlik is dit die arme bome wat in die slag bly. Ek kan nie glo, dat ‘n mens op daardie ouderdom nog wil kerm oor so-iets en dan ‘n boom wat soveel jare neem om te groei, se lewe wil kortknip, sodat jy jou laaste jare “blaarvry” kan lewe! Selfsugtig se moses!

In ons plaaslike koerant is daar gedurig briewe van morpotte wat die stadsraad uitskel oor sypaadjiebome wat pla.Party het selfs die vermetelheid om self die bome af te kap, al is dit nie hul eiendom nie!Hier om die hoek staan die stomp van ‘n boom wat verlede jaar wederregtelik sy lewe verloor het.

Ek sal seker nooit sulke mentaliteit verstaan nie!

Ek is op ‘n lekker plek in my lewe

Klaar met kinders grootmaak en rondspring om almal terwille te wees, is ek uiteindelik my eie mens. Ek het nou tyd om te dink, terug te kyk op wat verby is en ‘n voorraadopname te maak van my lewe.Miskien sou ek ‘n paar dinge anders gedoen het, maar oor die algemeen is ek baie tevrede.

Daar was tye van swaarkry, smart, drama, siekte, ellende…maar dis deel van die lewe. Die beter dinge was baie meer en tans leef ek in die paradys. My grootste liefde is die natuur en daarom skiet ek en wederhelfte so veel as moontlik uit na allerhande wonderlike plekke.

Ons is nou ook nie meer gebonde aan naweke en vakansies nie en kan sommer enige tyd gaan waar ons wil. Met Manlief, gewapen met sy kamera en ek met boeke oor enige denkbare onderwerp in die natuur, vorm ons ‘n gedugte span. Hy kyk deur die klein venstertjie en ek sien die groter prentjie! 

Ons was juis weer die afgelope week op so ‘n wegbreek. Die interaksie van mens en natuur kom ter sprake wanneer ‘n mens so baie daarbuite kom.Dan eers besef ‘n mens hoe futiel ons hele bestaan geraak het. Losgemaak van die omgewing, jagend na status en rykdom, pret en plesier, het ons eintlik onsself versaak.Ongelukkig kon dit nie veel anders uitwerk nie, want die ontwikkeling van homo sapiens het hom in hierdie bestaan vasgeverf.

Die enigste manier hoe balans weer herstel kan word, is ‘n grootskaalse uitwissing van die mens met al sy speelgoedjies en geite! Dit sluit ongelukkig kameras, rekenaars en Landrovers in! Maar tot dan, maak ons tweetjies die meeste daarvan om na snaakse interessante plekke te gaan. 

  

Groeten uit #Tienen

𝐝𝐚𝐚𝐫 𝐰𝐚𝐚𝐫 𝐑𝐞𝐭 𝐠𝐨𝐞𝐝 𝐒𝐬 𝐨𝐦 π₯𝐞𝐯𝐞𝐧 𝐯𝐞𝐫𝐧𝐞𝐞𝐦 𝐚π₯π₯𝐞𝐬 𝐨𝐩 𝐝𝐞ze S𝐒𝐭𝐞 πŸ—£

Sommer Stories deur Gerda Bruinette

Ek skryf sommer net, want dis lekker en alles in Afrikaans

Metamorfose vir my Siel

Γ± Reis na self ontdekking.... wie weet dalk loop ons mekaar raak.

Grensgevallen

Een grens is een wens

hier "blok" ek!

ek "blok" soos ek wil, wanneer ek wil en wat ek wil!

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Carpe Diem

Gewoon het leven dus...

Net Ek

Ek herhaal jou...sonder begin of einde

CREATION CALLS

In Search of Truth and Nothing but the Truth

KleinKittie (alias Karinsegriffels)

Griffels en Tjommels op my eiesoortige manier

blikkiesvis

stories of fish and fishy stories

nowathome

Love life! Sharing and caring!

"Iris Papilio"

"Regenboogvlinder"

Ek en my ses!

Ek is Γ± 33 jarige mamma van 6 pragtige kinders, 3 dogters en 3 ROWWE seuns. Β Elkeen van hulle het Γ± unieke persoonlikheid en dit maak elkedag verseker iets spesiaals. Β My oudste Mia is nou in Gr.9 en ballet en grimeering is gelukkig haar eerste keuse op die oomblik, Mischa is in Gr.6 sy is mal oor haar sport, Gisela het ook die jaar met Laerskool begin sy is nou in Gr.4 en Γ± klein aktrise , my seuns, Β Mikhail is in Gr.2 hy is so vinnig soos die wind laat nie op hom wag nie en is mal oor sy rugby, Leo is nou amper 6 jaar oud en ons twee is besig met tuisskool om hom reg te kry vir Gr.1, hy is natuurlik Γ± bondeltjie energie so oulik soos wat hy is het hy sy maniere om sy ma se geduld daagliks te toets, dan laaste maar nie die minste nie is dit Jack hy raak nou een van die dae 2 jaar oud,maar hy dink hy is sommer baie groot, hy sorg vir al my nuwe gryshare. Β Ek is nog smoor verlief op my man wat ek al in HoΓ«rskool ontmoet het en dan het ons nog 2 yorkies Peanut en Sophie wat ook natuurlik my kinders is.Β  Ons hou daarvan om elke Sondag nuwe dinge te doen, staproetes, museums en dan natuurlik bly die see ons gunsteling plek. Β Nuwe avonture is defnitief eerste op ons lysie vir die jaar.

Margaretha Montagu's Workshops and Books

Guided Personal and Professional Growth - Reformed MD, assisted by six talented Horses, hosts Stress Management Mindfulness Meditation Workshops in the south of France

bluebrightly

Wanderings & observations

%d bloggers like this: