Ons reis verder saam met die geheimsinniges

Na ‘n lang vermoeiende rit oor klippe en deur sand,kamp ons op ‘n hoë plato met ‘n pragtige uitsig sover as wat die oog kan sien!Die sonsondergang is besonders en selfs die maan lê soos ‘n lemoenskyfie in die Weste.

Die nag is bitter koud en die volgende oggend word ons wakker met misvingers wat om ons eina- tentjie krul!

Teen die tyd dat ons klaar ontbyt gehad en opgepak het,het die warm son die mis opgeslurp en vat ons die pad oor die bar vlakte.In die verte dans geheimsinnige,ruwe gebergtes in die lugspieëling.

Nie lank daarna nie,kom ons af op dié Welwitchia,’n oer woestynplant wat eie aan die Namib is.Hierdie fassinerende plante het net twee blare,wat ontsettend stadig groei en dan skeur en toiingrig lyk.Van die plante word horingoud en dié een is waarskynlik oor ‘n duisend jaar!Wat ‘n voorreg om langs so ‘n ou aardbewoner te sit!

‘n Groot verrassing wag toe ons hierdie vars spore in die pad sien.Doer vêr hol hy, ja niemand anders as die sku Swartrenoster van die Namib nie!Hy was te vinnig vir my,maar sy spore is vasgevang deur my lens.

Later ry ons in sanderige rivierbeddings en ontmoet nog van die pragtige inwoners van die omgewing..Gemsbokke!

en Springbokke..

‘n Welkome blaaskansie in die rivierbedding,in die skadu van ruwe kranse.

 Beton-en klipstruktuur om die olifante weg te hou van die watertenk.In die Hoanibrivier.Ons maak hier ons waterkanne vol,want die woestyn is ongenaakbaar droog.

Ingang na die tenk..dit is te nou vir ‘n olifant om deur te gaan,dus is die waterbron gewaarborg!

Water,water!Wonderlike lafenis..drie dae laas gebad,net gewas in een liter water per dag! 

  

29 Replies to “Ons reis verder saam met die geheimsinniges”

  1. Tannie frann,in julle omswerwinge was jy seker ook al daar?Dit was een van die ongelooflikste ervarings wat ek ooit beleef het.

    Like

  2. Nou nie in daardie selfde omgewing nie, maar ja, ek was bevoorreg genoeg om ook Suidwes te kon belewe. Daardie land gryp ‘n mens aan die hart.

    Like

  3. ek toer so met jou pragtige foto’s deur Namibië. weet nie of ek kans sien vir daar die bar uitgestrekte landskappe nie

    Like

  4. Waar gaan julle orals?Ag, jy het mos al gese dat jy ry waar die pad jou vat.Oppas net,mens misreken jou met die afstande en onherbergsaamheid.Jy moet ‘n effense plan he..en onthou om nooit sonder water te ry nie!

    Like

  5. Dis nie in almal se smaak nie en dis harde werk,want die afstande is groot en dis bitterlik eensaam.Op die hele toer het ons net twee ander voertuie gesien!

    Like

  6. Neander,die olifante is ‘n goeie voorbeeld van evolusie.Selfs hul pote het aangepas om makliker in die sand te beweeg.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +