Dis toe nie…

bobbejaan wat die berg klim nie,maar….een van die woestynleeus van Namibië!Hierdie is besondere diere en word gemonitor,vandaar die halsband.Hulle aanpassingsvermoë is ongelooflik en hierdie wyfie het ‘n vertoning soos min gelewer.Dit was ‘n hoë berg en sy het stappie vir stappie versigtig afgeklim,terwyl ons asem ophou en die kameras laat kliek!

img_8199_edited-1img_8214_edited-1img_8216_edited-1img_8222_edited-1img_8257_edited-1img_8249_edited-1img_8239_edited-1img_8254_edited-1

Ek was vir  tien dae dae in die woestyn in Damaraland en Kaokoland.Dis Namibië se noord-westelike streke,wat strek vanaf die Skedelkus tot by die Kunenerivier,wat grens aan Angola.

Dit was ‘n wonderlike ervaring,wild,woes en mensloos.

Perdeby…

gaan vir ‘n rukkie haar vlerke sprei.Intussen los ek ‘n paar foto’s om aan te kou,tot ons weer sien!

img_2548_edited-1

img_2569_edited-1img_2560_edited-1

Kolkatjies

Hierdie kleingoed is drie maande oud en alreeds so goed aangepas.Om so ‘n dikstam Maroelaboom te klim,is al ‘n groot prestasie.Om af te gaan,is ook ‘n hele proses en kietsie moet mooi beplan om nie na benede te stort nie!

img_7800_edited-1img_7807_edited-1img_7810_edited-1img_7812_edited-1img_7814_edited-2img_7816_edited-1img_7844_edited-1

Die ander enetjie sit hoog in ‘n hardekoolboom,besig om te vreet aan ‘n rooibokram(Impala),wat deur sy mammie gevang is!

Suikerbekkies…

is piepklein voëltjies wat nooit lank stilsit nie.Dis ontsettend moeilik om hulle te fotografeer,want hulle beweeg heeltyd van blom tot blom om nektar uit te suig.Hulle is dikwels baie veglustig en verjaag ander voëls.

Mannetjies en wyfies verskil heelwat.Die mannetjies het gewoonlik blink helderkleurige vere,terwyl wyfies valerig vertoon.

img_2308_edited-1
Maricosuikerbekkie(mannetjie)/Marico Sunbird(male)
IMG_2299
Maricosuikerbekkiemannetjie se verekleed is hier duidelik sigbaar. Swart of roetgrys pens,smal violetblou borsband en daar bokant ‘n breër persmaroen band.Die boonste vere is groen.
img_2293_edited-1
Maricosuikerbekkie hop na die volgende blommetjie.
IMG_2286_edited-1
Ek plaas weer hierdie foto van ‘n witpenssuikerbekkiemannetjie/White-bellied Sunbird(male),ter aanvulling van die beskrywing.Dit het ‘n blink groen rug,kop en bors,pers borsband en wit pens.
img_2377_edited-1
Witpenssuikerbekkie(mannetjie)/White-bellied Sunbird(male)
img_2397_edited-1
Witpenssuikerbekkie(wyfie)/White-bellied Sunbird(female).Let op die lang tongetjie,waarmee nektar opgeslurp word.

 

Mooi was nog nooit..

lelik nie!

IMG_1368_edited-1
Berghaan/Bateleur.Hierdie roofvoël het ‘n kenmerkende kort stert en leef meestal in die lug. Sy vlugpatroon is ‘n kenmerkende heen-en-weer-wieg.
IMG_1388_edited-1
Jonges is bruin en kry eers die pragtige verekleed op sewe- tot agtjarige leeftyd.
IMG_1407_edited-1
Bloureier/Grey Heron.
IMG_2286_edited-1
Witpenssuikerbekkie/White-bellied Sunbird)

Luiperd,luiperder,luiperdste

Die pas afgelope week het ons ‘n fees van luiperds ervaar…nie minder nie as sewe verskillendes,waaronder twee kleingoed van drie maande!

IMG_1258_edited-1
Vier-vier mannetjie…uitkenning geskied volgens die boonste ry kolletjies van die snor.In hierdie geval het die luiperd aan weerskante van sy snoet,vier kolletjies.Ongelukkig kan mens nie die anderkant sien nie.
IMG_1619_edited-1
Drie-twee mannetjie,ook bekend as die Piva mannetjie.Let op die bosluise op beide ore en zoemende goggas om sy kop.
IMG_1926_edited-1
Jong wyfie…sy is nog net vyftien maande oud en al klaar selfversorgend!
IMG_2522_edited-1
Die Anderson-mannetjie…’n massiewe luiperd..in ‘n maroelaboom.
IMG_7678_edited-1
Nuuskierige katertjie…loer oor die rand van ‘n termiethoop.Drie maande oud!
IMG_7745_edited-1
Die ander kleinding is amper aan die slaap in die mik van ‘n maroelaboom.
LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +