




'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak
Gister was ‘n heerlike ysige sonskyndag met potblou lug.Perdeby het laatmiddag die dorp ingevaar met haar nuutste (geleende)speelding en wys nou die gevolge.
Namibduine is nie statiese eenvormige hope sand nie.Inteendeel,hulle is dinamies,en hul vorms word bepaal deur windbeweging,beskikbaarheid van sand en hul ligging in die duinesee.Die duine het ‘n verskeidenheid vorms,kleure,hoogtes,wydtes en samestelling.
Van vêr af lyk dit vir my soos ‘n spul lappe wat vasgevang is in ‘n doringbos en in die wind rondflap.Toe ons naderkom is my verbasing groot.Dis blomme,aan ‘n baie lelike plant,in die middel van ‘n grasbegroeide,dorre vlakte in die Naukloof Nasionalepark.
Dis die Namib Hoodia (Hoodia currorii) wat sorg vir my opgewondenheid.Hierdie vetplant kan tot een meter hoog groei en na reëns verskyn die pragtige,handgrootte blomme.Ongelukkig ruik dit na aas en lok vlieë en ander insekte, wat sorg vir die bestuiwing daarvan.
met ‘n kamera.
Ek het ‘n boertjie dood aan jagtery,veral as dit vir trofeë is.Wat is meer grusaam as ‘n klomp lewelose gemonteerde dierekoppe, wat deur glasoë staar?Ek kan nie verstaan dat iemand ‘n behoefte het om dit te doen nie.Daar is geen verskil tussen hogere Zoeloes se “tradisionele” luiperdvelle en ‘n opgestopte dier van enige soort,wat pryk teen iemand se muur nie!
Hierdie praktyk behoort aan ‘n era wat verby is,maar steeds bly ‘n groep mense glo,dat dit macho is om ‘n arme dier af te maai met ‘n geweer.Die “gevretery” van die bok se eiertjies,hart,lewer…of wat ookal…om die jag van ‘n eerste bok te vier,is gewoon barbaars!
Daarom salueer ek Botswana,wat ‘n verbod op jag geplaas het.Dis hoogtyd dat Suid-Afrikaners wakker skrik en hierdie bedryf wortel en tak uitroei!
Wil mens werklik hierdie koppe teen ‘n muur sien “pryk” om jou eie ego te streel!
Perdeby snak elke keer na haar asem,wanneer sy hierdie wonderwêreld aanskou.Sy word nooit moeg daarvoor nie en dis altyd lekker om hierdie skat vir mense te gaan wys.
Mens ry vir etlike kilometers deur barre woestyn.Jy kyk sewe dae in die toekoms in en die horison is plat soos ‘n pannekoek.Skielik skeur die aarde aan jou linkerkant oop en dan kan jy net staar en staar!
My stories
Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals
It's Religion, stupid!
Gedachten over Levensstijl Gezondheid en Fotografie
On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....
Myriad memories frozen in time
Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.
'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak
British Wildlife & Photography
Writing - Photography - Lifestyle
potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue
'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.
Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen
Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"
persoonlike blog - cam venter
Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS
Simone Foedrowitz - Naturfotografie +