Vreemde Plant

Van vêr af lyk dit vir my soos ‘n spul lappe wat vasgevang is in ‘n doringbos en in die wind rondflap.Toe ons naderkom is my verbasing groot.Dis blomme,aan ‘n baie lelike plant,in die middel van ‘n grasbegroeide,dorre vlakte in die Naukloof Nasionalepark.

Dis die Namib Hoodia (Hoodia currorii) wat sorg vir my opgewondenheid.Hierdie vetplant kan tot een meter hoog groei en na reëns verskyn die pragtige,handgrootte blomme.Ongelukkig ruik dit na aas en lok vlieë en ander insekte, wat sorg vir die bestuiwing daarvan.

078
Dis ‘n beskermde plant en mag glad nie uitgehaal of verplant word nie.
080_edited-1
Dit groei op vlaktes en soms in rotsagtige gebiede,wat strek vanaf suidelike Angola tot in die sentrale Namibwoestyn.
084
Daar is onlangs ondersoek ingestel na die medisinale waarde van die plant as aptytonderdrukker.Die plaaslike bevolking gebruik dit al lank as medisyne teen hoe bloeddruk,verkoue en spysverteringsprobleme.

12 Replies to “Vreemde Plant”

  1. Baie interessant. Vir my is die blomme pragtig maar ek moet sê dat ek glo die reuk nogal die mooi sal afbring… wys jou net dat lelike plante ook mooi het (al stink dit) lol

    Like

  2. en ek neem aan hulle groei net wanneer hulle besluit die omgewing is reg….. ek sal dit sekerlik nie by ‘n kwekery kry nie nê

    Like

  3. Wonderlik hoe die natuur werk. Kleur lyk sommer soos n stuk ou vleis en dan die geur is belangrik om voort te plant. Plant hul nie ook voort met stukkies blaar/tak of wat mens dit noem nie?

    Like

    1. Jy is reg..die kleur lyk soos rou vleis.Ek weet nie hoe dit voortplant nie,maar ek sal nie verbaas wees as mens dit met ‘n stukkie van die vetterige gedeeltes kan doen nie…soos by meeste vetplante.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +