Daar is ‘n Apie…

op ‘n stokkie voor my ma se agterdeur.Hy’t ‘n gaatjie in sy broekie en sy stertjie loer daardeur!

My apies is egter gelukkiger,want hul woon VRY in die Pantanal.Ek wens mense wil ophou om ape as troeteldiere aan te hou.Wanneer mens die ingewikkelde sosiale struktuur van ape sien,is dit skandalig dat enkeldiere aangehou word vir die mens se vermaak!

Swartstert Marmoset.Aan die buitewyke van die stad Cuiaba,is daar 'n klein stukkie woud oor,waar 'n Braziliaan,manmoedig veg om ontwikkelaars weg te hou.Hy het hom oor hierdie apies ontferm.
Swartstert Marmoset.Aan die buitewyke van die stad Cuiabá,is daar ‘n klein stukkie woud oor,waar ‘n Braziliaan,manmoedig veg om ontwikkelaars weg te hou.Hy het hom oor hierdie apies ontferm.
Jong marmosetapies.Hierdie klein aapsoort weeg 70 tot 600gram.
Jong marmosetapies.Hierdie klein aapsoort weeg 70 tot 600gram.Dis een van min aapsoorte wat geboorte skenk aan ‘n tweeling.
Volwasse marmoset.Hulle is omnivore en eet ook sap en gom van bome.
Volwasse marmoset.Hulle is omnivore en eet ook sap en gom van bome.
Howler Monkey.Hierdie aapsoort is geweldig vokaal vroegoggend en skemeraand.Sy stert is soos 'n ekstra ledemaat en laat hom maklik klou aan takke.Hulle kom selde grond toe en leef in die blaredak van vrugte,blomme en meestal blare.
Howler Monkey.Hierdie aapsoort is geweldig vokaal vroegoggend en skemeraand.Sy stert is soos ‘n ekstra ledemaat en laat hom maklik klou aan takke.Hulle kom selde grond toe en leef in die blaredak van vrugte,blomme en meestal blare.
Black-striped tufted capuchin.Hierdie apies kom in groot familiegroepe voor,tot soveel as veertig.
Black-striped tufted capuchin.Hierdie apies kom in groot familiegroepe voor,tot soveel as veertig.
Capuchins eet vrugte,sade,klein reptiele,eiers en selfs klein voeltjies.
Capuchins eet vrugte,sade,klein reptiele,eiers en selfs klein voëltjies.
Capuchins is baie lawaaierig en sal selfs op die grond loop en kos soek.
Capuchins is baie lawaaierig en sal selfs op die grond loop en kos soek.
Capuchin mannetjie.Daar is gewoonlik net een mannetjie by 'n familiegroep.
Capuchin mannetjie.Daar is gewoonlik net een mannetjie by ‘n familiegroep.

 

Otterjasies,Waternarre!

Die reuse otter(Pteronura brasiliensis)  kan tot 1.8m lank word en weeg maklik 35 kilogram.
Die reuse otter(Pteronura brasiliensis) kan tot 1.8m lank word en weeg maklik 35 kilogram.
Hierdie otters is hoogs bedreigd en na raming is daar ongeveer 1000 oor in die Pantanal.
Hierdie otters is hoogs bedreigd en na raming is daar ongeveer 1000 oor in die Pantanal.
Otters leef in familiegroepe tot soveel as agt.Bedags jag hulle in die water en snags slaap hulle in holtes op die rivieroewer.
Otters leef in familiegroepe tot soveel as agt.Bedags jag hulle in die water en snags slaap hulle in holtes op die rivieroewer.
Otters het massiewe sterte wat soos 'n propeller werk en hulle dus ongelooflik rats in die water maak.
Otters rol graag in die sand om ontslae te raak van lastige parasiete.
Die otter se massiewe stert werk soos 'n propeller en maak hom ongelooflik rats in die water.
Die otter se massiewe stert werk soos ‘n propeller en maak hom ongelooflik rats in die water.
Vis is die hoofdis en hulle hou veral van katvis en charakins,wat dan lawaaierig vergruis word tussen vlymskerp tande.
Vis is die hoofdis en hulle hou veral van katvis en charakins,wat dan lawaaierig vergruis word tussen vlymskerp tande.
Melkerige vliese beskerm die oe teen water.
Melkerige vliese beskerm die oë teen water.
Gelukkig is pelshandel verbied,maar hierdie waternarre word bedreig deur vernietiging van habitat en die verswakking van watergehalte.Natuurbewaarders skets 'n bleek prentjie vir die voortbestaan van hierdie kostelike diere.
Gelukkig is pelshandel verbied,maar hierdie waternarre word bedreig deur vernietiging van habitat en die verswakking van watergehalte.Natuurbewaarders skets ‘n bleek prentjie vir die voortbestaan van hierdie kostelike diere.

Ek is bly dat ek die voorreg gehad het om die reuse otter te sien.Dalk spook daar oor ‘n paar jaar net foto’s van hierdie pragdiere,in die virtuele lugruim rond!

Onthou om op die foto’s te kliek.

 

Katkenades in die Pantanal.

Ons het elke dag jaguars gesien en dit was elke keer ‘n belewenis!Die menslike faktor het natuurlik daarvoor gesorg.Met die oplewing van toerisme,is daar nou heelwat toergidse wat met bootjies op die wye riviere vaar.Wanneer ‘n kolkat gewaar word,word daar geradio en almal jaag teen die spoed van witlig na die plek toe.Soms is die kat al weg teen die tyd wat die massa bootjies daar aankom en dit lyk soos die Spaanse Armada wat daar ronddobber!

Wanneer die jaguar egter op die rivieroewer uitspan,is dit ‘n kat van ‘n ander kleur.Elke bootjie word sorgvuldig geposisioneer…die boot wat eerste was,het die beste plek,want dis “hulle” jaguar.Dan begin die groot gewag vir die wenfoto.Sambrele word uitgehaal en die son braai al jou vet uit,terwyl ta heerlik in die skaduwee slaap en net soms sy kop oplig.Mens kry eintlik lag vir al die fensie kameras en lense en die atmosfeer is half feestelik op die bote.Moet net nie voor ‘n ander boot indruk nie!Oor die algemeen was daar altyd baie goedgesindheid.

Partymaal is dit net ‘n paar kolle wat sigbaar is en slegs eenmaal het ons teen skemeraand een in die ooptes gesien.Die lig was toe al te sleg vir ‘n goeie foto!

Lui tweeling boetie en sussie.
Lui tweeling boetie en sussie.
Jong mannetjie,wat saam met sy sussie lank op die oewer gele het.Dit was baie moeilik om af te neem,want on bootjie was in 'n slegte posisie.
Jong mannetjie,wat saam met sy sussie lank op die oewer gelĂŞ het.Dit was baie moeilik om af te neem,want ons bootjie was in ‘n slegte posisie.
Hierdie uitspannery kon vir ure aangaan en dit was net die"hardcore" bote wat heeldag daar gesit het.Ons het later besluit om liewer pad te gee en te gaan eet!
Hierdie uitspannery kon vir ure aangaan en dit was net die”hardcore” bote wat heeldag daar gesit het.Ons het later besluit om liewer pad te gee en te gaan eet!
Laatmiddag bonus,maar swak foto!
Laatmiddag bonus,maar swak foto!
Gesellige samesyn by 'n jaguar toneel.Glo my,dit was warm en op 'n bobberende boot,kry jy geen skerp foto nie!
Gesellige samesyn by ‘n jaguar toneel.Glo my,dit was warm en op ‘n dobberende boot,kry jy geen skerp foto nie!

Die Kat kom weer

Die hoogtepunt van ‘n besoek aan die Pantanal,is om die geheimsinnige Jaguar te sien.Naas die tier en leeu,is dit die derde grootste kat op aarde.Met sy diep borskas,breĂ« kop en stewige bou,is ‘n mannetjie jaguar van kop tot stertpunt 2.5meter lank en weeg maklik 130kilogram.Gemeet teen ‘n groot mannetjie luiperd,wat 90k weeg,is dit ‘n aansienlike groter kat!

Hulle is wouddiere en patrolleer rivieroewers.Hulle kan uitstekend swem en dis geen probleem om riviere te kruis nie.Hulle het groot prooi nodig om te oorleef,daarom het hul ‘n groot habitat nodig.Daar word bereken dat daar ongeveer drie tot sewe jaguars per honderd vierkantemeter in die Pantanal is.Die merke op hul koppe verskil en hul word daaraan uitgeken.

Hul byt hul prooi agter in die kopbeen en dis genoeg om ‘n reuse kaaiman,bees,capybara,waterskilpad en armadilla dood te maak.

Niemand weet hoeveel van hierdie diere nog oor is nie,maar hulle is uiters bedreigd.In die laat sestigerjare is tot 15000 pelse per jaar uitgevoer.Gelukkig is daar nou ‘n verbod op die handel van pelse.Nou is daar nog steeds konflik met beesboere wat verliese lei en jaguars genadeloos afmaai.Daar is pogings om boere te oortuig van die belangrikheid van toerisme en vergoeding word aangebied vir beeste wat slagoffers was.Dit gaan maar moeilik,want dis diepgewortelde haat tussen wilde dier en mens,wat al eeue hier paasvind.Daar is ook boere wat geldmaak uit jagtery teen US$20,000 vir ‘n jaguar trofee!

‘n Verdere bedreiging is die uitkap van woude en die toenemende naderkruip van mense en vee.Die enigste redding vir hierdie diere is om toerisme aan te moedig en die plaaslike bevolking te oortuig van hul waarde.Toerisme is hier nog in sy kinderskoene,maar daar is darem ‘n ligpuntjie in die duisternis.

Sal in my volgende blog foto’s plaas en meer vertel van die toerismebedryf.

Ek is ‘n eensame krokodil…

Die mense kyk na my en GRIL!

Die Yacaré Kaaiman van die Pantanal,voldoen aan hierdie beskrywing,behalwe dat hy nie eensaam is nie!Daar is ses spesies kaaiman en almal behoort aan die familie Alligatoridae.Al is die yacaré een van die wereld se kleiner krokodilsoorte,word dit maklik twee tot drie meter lank.

In die Pantanal bestaan hul diĂ«et uit capybara,reiers en vis.Tydens die droeĂ« seisoen vergader honderde van hierdie effe grillerige wesens in en rondom water en dis ‘n ongelooflike gesig.

Tydens die twintigste eeu is hierdie reptiele gewetenloos afgemaai vir hul velle en selfs gedurende 1980 is ‘n miljoen per jaar ge-oes!Sedert 1990 is streng wetgewing in die handel van yacarĂ©-produkte,ingestel.Die getalle het merkwaardig toegeneem en na raming is daar tans 35miljoen! Wonderlike nuus vir bewaring.

Dis nie 'n ongewone gesig om vele yacare's saam te sien le nie.
Dis nie ‘n ongewone gesig om vele yacarĂ©’s saam te sien lĂŞ nie.
Wanneer 'n yacare onder water gaan het hy flappe wat oor sy neus,keel en ore gaan,om water te keer.
Wanneer ‘n yacarĂ© onder water gaan het hy flappe wat oor sy neus,keel en ore gaan,om water te keer.
Deursigtige lense beskerm sy oe onder water.
Deursigtige lense beskerm sy oë onder water.
Middagson weerkaats deur sy tande.
Middagson weerkaats deur sy tande.
Selfs al is hy nog klein,lyk hy maar kwaai.
Selfs al is hy nog klein,lyk hy maar kwaai.
Ek glimlag,want 'n skoenlapper kielie my wang!
Ek glimlag,want ‘n skoenlapper kielie my lip!

Tawwe Tienies van die Pantanal.

Die wĂŞreld se grootste knaagdier trek die skaal op vyftig kilogram plus.Hierdie skatlike streng-gesig-klein-ogies-boksbek-skurwejas-dierasies het my hart gesteel.Capybaras word altyd naby water aangetref.Hulle knaag aan waterplante en swem uitstekend.Hulle smul veral aan waterhiasinte,wat natuurlik daar voorkom.Miskien moet ons ‘n gesinnetjie hierheen uitvoer om die plaag in ons mere en damme te bestry.Maar dan sit ons dalk met ander probleme!

Hul pote is gedeeltelik geweb en hulle kan selfs lang tye onder water wegduik,wanneer gevaar dreig.Die Jaguar is hul grootste vyand.Hul bly in familiegroepies en lĂŞ soms luilekker op sandbanke om uiltjies te knip.

'n Cappybara-gesinnetjie knip 'n uiltjie in laatmiddagson.
‘n Capybara-gesinnetjie knip ‘n uiltjie in laatmiddagson.
Pote is effens geweb en maak die capybara baie rats in die water.
Pote is effens geweb en maak die capybara baie rats in die water.
Die mannetjie Capybara is groter en swaarder as die wyfie en het 'n kenmerkende dik knop op sy neus.Dit lyk soos 'n eelt.Hierdie knaap het sy gebied afgebaken en kraai koning op sy eie mishoop!
Die mannetjie Capybara is groter en swaarder as die wyfie en het ‘n kenmerkende dik knop op sy neus.Dit lyk soos ‘n eelt.Hierdie knaap het sy gebied afgebaken en kraai koning op sy eie mishoop!
Mammie gaap dat jy net plantgevlekte plaaktande sien!
Mammie gaap dat jy net plantgevlekte plaaktande sien!
Tipiese swemtoneeltjie.Die hele gesinnetjie klim netnou uit die water om iewers te gaan slaap.
Tipiese swemtoneeltjie.Die hele gesinnetjie klim netnou uit die water om iewers te gaan slaap.
Pappie slurp vir oulaas die laaste strale van die middagson op.
Pappie slurp vir oulaas die laaste strale van die middagson op.

Die Pantanal…’n ongelooflike plek.

Uiteindelik kry ek kans om te vertel waar ek was.Ons was vir tien dae in die Pantanal in BrasiliĂ«.Dis die grootste moeras in die wĂŞreld,selfs vyftien keer groter as die Okavango in Botswana.Dis ‘n ongelooflike plek wat wemel van vreemde lewe.Dis die woonplek van die Nuwe WĂŞreld se grootste kat,die Jaguar.Dit spog ook met die grootste knaagdier op aarde genaamd die capybara.Die grootste papegaai nl die hyacinth macaw asook die besondere toco toekan kom ook hier voor.Die wĂŞreld se grootste slangsoort,die groen anaconda,die kontinent se swaarste landsoogdier,die Suid-Amerikaanse tapir(soort miervreter)kom ook hier voor.Verder is dit die grootste vergaderplek van krokodille,die yacarĂ© caiman.

In die volgende paar blogs sal ek breedvoerig vertel van die verskillende voëls en diere.

Die Transpantaneira is in 1976 gebou en is die enigste pad wat diep in die moerasgebied ingaan.Mens gaan oor 120 houtbruggeis om tot by die eindpunt te kom.
Die Transpantaneira is in 1976 gebou en is die enigste pad wat diep in die moerasgebied ingaan.Mens gaan oor 120 houtbruggies om tot by die eindpunt te kom.
Ons eerste blyplek was drie nagte by hierdie Fazenda (Portugees vir plaas of Ranch)
Ons eerste blyplek was drie nagte by hierdie Fazenda (Portugees vir plaas of Ranch)
Gedeelte van die lodge..baie basies maar heel gerieflik.
Gedeelte van die lodge..baie basies maar heel gerieflik.
Ons het elke dag jaguars gesien,dus het ons maar aandag geskenk aan hierdie waarskuwing.
Ons het elke dag jaguars gesien,dus het ons maar aandag geskenk aan hierdie waarskuwing.
Ons tweede blyplek was in 'n drywende hotel(flotel) diep in die Pantanal.Hier was ons vir vyf nagte.
Ons tweede blyplek was in ‘n drywende hotel(flotel) diep in die Pantanal.Hier was ons vir vyf nagte.
Ons was aangenaam verras met die verblyf,want die res van die flotel is redelik lendelam.Hierdie kamers is verlede jaar gebou en by die bestaande deel gevoeg.
Ons was aangenaam verras met die verblyf,want die res van die flotel is redelik lendelam.Hierdie kamers is verlede jaar gebou en by die bestaande deel gevoeg.
'nTipiese toneel in die Pantanal.Orals is water,water,water!
‘nTipiese toneel in die Pantanal.Orals is water,water,water!

Onthou om te kliek op die foto’s om beter te sien.

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĂŞreld, vir die wĂŞreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĂŞ:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +