Wat……

Gaan tog nou weer aan??Skielik verdwyn my kommentaar op almal se blogs,net in die lug!Ek het soos gewoonlik almal se inskrywings gelees,kommentaar gelewer en POEF,weg is alles.

Ek het twee,driemaal by elke blog probeer,maar hier is ‘n sinistere wegraping van woorde,wat my heeltemal koudsit!

Wanneer o wanneer,gaan die vreemde gebeurtenisse op hierdie werf,endkry?

Plaastuingereedskap..

Ou geroeste greedskap het nog altyd my aandag getrek.Kleintyd was dit so lekker om op die damskrop(wat nog deur ‘n perd getrek is)en die geroeste ploegskare onder die soetdoringboom te speel.Die stoor,met sy witgekalkte klipmure was eweneens vol lieflike geheime..ou stukkende separators(dis nou waarmee room van melk geskei word),draadtange,sae,reuse vurke met lang tande vir opskep van hooi,pikke,byle…ai,ek kon ure daar rondhang en wonder waarvoor alles gebruik word.

Selfs vandag nog,gee my hart so ‘n nostalgiese ruk,by aanskoue van enige plaasgereedskap,oud of nuut,want dit gee my ‘n gevoel van lewe,werskaf om voortbestaan,oorlewing,die mens se vermoë om te skep,om vindingryk te wees,om planne te maak…

Elke stukkie gereedskap vertel ook ‘n storie:Wie het dit gebruik?Wat is daarmee bereik?Is die persoon al oorlede?Hoe het hy gelyk?…ag,en so kan mens maar jou gedagtes laat gaan..dis amper soos wanneer ‘n mens tussen ou grafte rondloop en jou probeer indink in vergange tye.

Verlate op ‘n vlakte in Namibië
_MG_3942
Verroes teen ‘n muur op ‘n Vrystaatse plaas.

 

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +