Daar…

gaan sy alweer!

Ek sit nou snot en trane en huil, want my meisiekind met die avontuurvoete is pas weer lughawe toe. Sy het nou twee weke hier gekuier van Sjina af, waar sy alreeds ‘n jaar en ‘n half woon.

Sy is altyd op reis iewers heen…het lank in Londen gebly, in Rusland, Viëtnam en nou Sjina. Dis meer as wat ‘n moederhart kan verwerk. Wanneer sy werk is ek rustig, maar wanneer sy haar reisskoene aantrek en alleen na vreemde plekke dwaal, is ek so angstig.

Ek was nou pas in haar kamer, waar daar nog ‘n duik in haar kopkussing is, waar sy vroeër gelê het. Ek ruik haar nog, die badkamervloer is nog nat van haar laaste stort en haar voetspore is op die matjie….

Reis veilig my meisiekind…

Stoele en motorwrakke

Op my vele reise in Suidelike Afrika, het ek al verskeie motorwrakke raakgesien en gefotografeer. Ek het reeds in 2012 ‘n vorige blog https://perdebytjie.wordpress.com/?s=motorwrakke    daaroor gedoen, dus plaas ek net ‘n paar foto’s van een wrak.

Skynbaar dink Namibiërs dat hierdie ou ysterperde goeie teikens is om hul skietvernuf op te oefen:

IMG_8377_edited-1

Hartseer prentjie van ‘n enjin wat eens oor die kaal stowwerige vlaktes gedreun het:

IMG_8379_edited-1

Grapjas het hierdie versiering aangebring:

IMG_8380_edited-1

Stoele, veral plastiekstoele speel ‘n groot rol en ek het ‘n paar op foto’s vasgelê:

IMG_8774_edited-1

IMG_8805_edited-1

Hierdie was baie snaaks…by die ontvangskantoor van ‘n nasionale park..op die stoep by ontvangs. Ek wonder wie vang sy middagslapie op hierdie “stretcher”?

IMG_8773_edited-1

 

 

Die byeboerwa is oppad

(To all my overseas readers: This is just a fun blog among a few Afrikaans speaking bloggers. You will not have a clue what it’s all about, so please don’t worry. My next blog will be something proper again.)

Ek is sat gery, maar is net om die draai naby die Towerhuis. Ek het ‘n helse BYsige tyd agter die rug. Eerstens moes ek ‘n paneelwa steel en ure by die tjopsjop wag om die enjinnommer te laat afvyl en die wa te laat oorsprei. Aangesien dit woes gereën het, wou die verf ook nie droog word nie en moes ek in die lorrietjie slaap, onder ‘n helse geroesemoes van saag en kap, soos die gesteelde voertuie by die honderde verwerk word.

Hierdie was ‘n goeie oefenlopie vir die verstaan van die werkinge van die onderwêreld. Ek het verskeie bondels geld van hande sien verwissel, self soms in ‘n beswyming verval vanweë die daggadampe en pappegaaislaaiwalms van die werkers. Soms het die skote geklap, maar dit was meestal tussen die tjopsjopeienaars, wat nie hou van kompetisie nie. Die paar poliesvêns wat hier gestop het, se boepens uniformdraers is elke keer tevrede met stapeltjies bloues in die hand, hier weg.

Die gewag was die moeite werd, want dis die eindproduk:

1

Ek het die ontwerp so onopsigtelik as moontlik gehou, sodat ek maklik met die omgewing kan saamsmelt en nie onnodig aandag trek nie.

Nou wil ek net vir die spul paartiegangsters waarsku. Ek kom in die nag en julle moet asseblief nie  skrik as julle my in hierdie soeitjie sien nie:

2

Vanaand as julle almal slaap, sal ek saggies die BYTJIES uitrook en hulle wegvat in my byeboerwa.

Ek nomineer vir  http://lekkervurigeaffere.blog/ om die sakie van hieraf verder te neem.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

 

Brief aan mees miskende wese op aarde..

Liefste Donkie,

Ek wil vandag namens die hele mensDOM verskoning vra. Jy is deur die eeue uitgebuit, verslaaf, geslaan, gemartel, gebruik, opgebruik, gespot, uitgelag, as dom bestempel en sommer net sleg behandel!

Ongelukkig gaan dit steeds vandag aan en wanneer dit ooit sal eindig, is seker die dag dat Moeder Natuur die mens van die aardbol afvee.

Jy doen jou deel dubbel-en-dwars, met vervoer…

img_8789_edited-1IMG_0234IMG_0227_edited-1

As mens jou van nader beskou, is jy ook ‘n wese met gevoel…

_MG_0187

Mens kan dit in jou sielvolle oë sien…

_MG_0186

_MG_0181

_MG_0188

Jy het ook ‘n sin vir humor en kan die lewe geniet…

_MG_0191

Jy het ook familie en geliefdes…

_MG_0176

Die nuutste wreedheid, waar jy lewendig afgeslag word, vir die sogenaamde medisinale waarde van jou vel, deur sotlike dom mense, laat ‘n traan oor jou wang biggel…

_MG_0174

Ek stort saam met jou ‘n traan vir elke onskuldige Vaaltyn, wat in die kloue van hierdie dom, onnosele wreedaards, beland!

_MG_0173

 

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +