Frustrasie!

Ek is al meer as ‘n week tuis,maar julle dink seker ek het in ‘n gat verdwyn.Wel ek het…in ‘n kubergat!Weereens dankie aan die dierbare siele wat die tweede keer binne ‘n jaar ons koperkabels gedeps het.Mag die weerlig en alle ander slegte goed julle tref,dat daar net rokende swart kolletjies oorbly!

Verder het ons groot weerligskade aan verskeie implemente gehad,waaroor ek liewers nie wil uitbrei nie.Al wat ek weet,is dat ‘n lewe in ‘n grot,deesdae vir my baie aanloklik lyk!

Ek weet nie hoe lank Telkom nog gaan sukkel nie(hulle probeer regtig hul bes…sit ure in die son en probeer almal se drade weer konnekteer)maar intussen het manlief vir my ‘n “dongle” met Vodacom lugtyd gekoop en weereens het my tegnologiese kennis teen wil en dank verbreed.

Ek het werklik erge virtuele-onttrekkingssimptome ondervind,en verstom my weereens dat mens so afhanklik kan word van virtuele vriende daarbuite.

Ek kan egter nou nie ure op my leptoppie verwyl nie,want Vodacom se metertjie tik….wou maar net se ek is nog in lewende lywe!

More

vat ons die lang pad terug huis toe.Vandag het ek geskrop en skoongemaak dat die sweet en spoeg so spat.Wors gebak,eiers gekook,toebroodjies gemaak en alles in die Engel-yskassie gepak.Gelukkig het ons nie baie bagasie nie…die Snauchers het baie meer as ons altwee saam.Hulle is gebad,ge-“Frontline” teen vlooie en bosluise,hulle kooie is uitgeskud en reggepof,kombersies is gewas en twee dae se kos is uitgemeet in plastiek houertjies.Hulle slaappille en anti-naarpilletjies is slaggereed om more voor die hoender gehoes het,in drie onwillige kele afgedruk te word.

Gaan nou-nou vir oulaas met ‘n glasie wyn in die hand sit en die sonsondergang (van die son wat nog glad nie vandag verskyn het nie)geniet.

Sien julle oor ‘n paar dae!

Een goeie rede waarom…

luiperds so goed aangepas is en in moeilike omstandighede kan oorleef.

IMG_7477
Hierdie bokkie is twee dae lank in die hardekool gestoor.Hardekool is ‘n uiters moeilike boom om te klim..daar is nie maklike vasgrypplek vir katnaels nie.Verder is dit ‘n baie hoe boom en daardie prooi was heel veilig.
IMG_7618
Mevrou luiperd het gekom om haar kos te kom haal.Dit was omtrent ‘n gespook!
IMG_7620
Wikkel,ruk en pluk en mooi manuvreer om die bokkie uit die mik te kry.
IMG_7623
Amper daar!Kyk hoe balanseer sy met haar stert.
IMG_7626
Nou die aftog..onthou dis ‘n verskriklike hoe boom.
IMG_7630
Swaartekrag en balans is wat nou tel,anders val sy haar te pletter.Let op hoe steek die bokkie se kop aan die regterkant uit.
IMG_7645
Lekker,sy gaan nou iewers op ‘n veilige plek smul aan haar buit.

Maaltye in die bos

IMG_6232
Diep duik om ‘n lekker stukkie seekoeisteak af te knaag.
IMG_6263
Moet darem eers asem skep voor hy verder eet.
IMG_6322
Smaaklike toktokkie-happie.
IMG_5582
Heerlike skerpioen met knypers en angel ingesluit.
IMG_6615
‘n Heerlike bolletjie olifantmis,net reg vir die kleingoed wat nog moet uitbroei.
IMG_7151
Lekker rooibokkloutjies.

Janee,die een se dood is die ander se brood…wreed maar waar!

Die Snauchies geniet hulle vakansie!

IMG_0023
Frankie en Neelsie.
IMG_0032
Neelsie..die baba,nege maande oud.
IMG_0035
Tienkie,die dik enetjie.Al die oefening het haar mooi gewig laat verloor!
IMG_0076
Gisteraand se sonsondergang met die windwyser op die jettiepale voor ons huis.
IMG_0056
Die Snauchies staan op die tuinmuur.
IMG_0069
Frankie is ons model
IMG_0097
Frankie koester die sonsondergang.
LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +