Water….

is lewegewend,sorg vir wonderlike natuurtonele,skep rustigheid,boesem vrees in en laat mens soms met verwondering staan oor die brute mag daarvan.Water is een van die wonderlikste dinge op die planeet.Daarsonder sou niemand vandag in ‘n virtuele ruimte met mekaar oor water kon praat nie.

Weerkaatsing,laatmiddag langs die Kunenerivier in Noord Namibie
Weerkaatsing,laatmiddag langs die Kunenerivier in Noord Namibie

 

Missproei van die Epupawaterval,in die Kunenerivier.
Missproei van die Epupawaterval,in die Kunenerivier.
Die ongelooflike mooi Epupawaterval,op die grens tussen Namibie en Angola.
Die ongelooflike mooi Epupawaterval,op die grens tussen Namibie en Angola.

 

Bekers…..

het baie karakter en elkeen vertel ‘n storie.Ek hou van dun bekers wat effens wyer raak na die bekrand toe.Sulke bekers is veral geskik vir tee.Die dikker,kommetjierige bekers,laat koffie en Capucino sommer beter smaak.’n Bekertjie uit my kindertyd is een van my kosbaarste besittings.Hier volg my bydrae:

Prettige bekers wat mens soms aan jou status herinner..pappie die gholfspeler,dikkedensie in die middel en die allesoorheersende baas.
IMG_1557a
Moedersdaggeskenkie,elegante beker(een van my gunstelinge),bekers met dieremotiewe,lank gelede uit noodweer gekoop by Spar op Maun in Botswana.
IMG_1564a
My spesiale bekertjie,wat ek as driejarige present gekry het.Ongelukkig het sy oor al afgebreek en dit lyk of iemand dit met Plybond geplak het.
IMG_1565a
Die bekertjie se voorkant.Onder is die naam Royal Doulton,made in England,”Bunnykins”.Daar is ook ‘n merkie,soos op versamelaarsitems.Ek dink egter die bekertjie is niks werd nie,omdat dit gebreek is.Vir my is dit van onskatbare waarde

 

Van nou af ….

is ek kameelperd-ebytjie.

Ek kan nie glo dat ek dit reggekry het om ‘n prentjie te laai nie,dus los ek dit liewer net so.Met al die geskarrel,het ek my perdebyfoto ook verloor tussen my eie foto’s.Aan die anderkant is dit lekker om soms ‘n nuwe blaadjie om te slaan.Dus,hier is ek nou in dubbele sterkte teen die sonlig!

Gelukkig raak mens alles gewoond.Ek hoop Danie @daniec kry ook een of ander tyd sy foto reggedraai.

Liefde is….

.
wanneer jy steeds welkom is,al is die nes flenters en te klein.
wanneer jy onvoorwaardelik iemand aanvaar en versorg,sonder om na die uiterlike te kyk.
wanneer jy jou oge toeknyp vir die toestand van Boetie of Sussie se kamer.

 

 

Vasco-fiasko

Gisteraand besluit ons om Faan se Trein te gaan kyk.Met onweerswolke wat saampak,besluit ons dat die honde in die huis moet bly.Vasco,wat nou al twee weke hier kuier word in die badkamer toegemaak,met ‘n groot bak water en sy lekker dik matras.Die kleintjies is op hul gewone plek in hul bedjies.

Na ‘n heerlike aandjie uit en met geen druppel reën wat geval het nie,kom ons tuis.In die gang kom ons af op ‘n skokkende toneel.Stukke hout steek onder die badkamerdeur uit! Toe ons oopmaak,bons ‘n baldadige goudbruin dierasie,vrolik by die deur uit,om ons te verwelkom.Die badkamer is besaai met stukke hout en die deur se rou binnegoed gaap vir ons.Vascotjie (grrrrr!) klap sy sweepstert,so swiep-swiep teen my bene en dit lyk of die knaap so pas die Jonkerdiamant op ‘n skinkbord vir my aangebied het!Hemel,sy verwoesting moes ‘n vreeslike lawaai afgegee het en ek kan amper nie glo dat die bure nie gedink het daar is inbrekers by ons besig nie!

Lang storie kort,dit was eintlik ons eie skuld.Ons moes nooit die ou daar toegemaak het nie.Gelukkig gaan hy môre huis toe,met ‘n rekening vir ‘n nuwe deur,gerig aan sy niksvermoedende baas!Ten minste weet ek nou hoe lyk die binnekant van hierdie hol deure,wat moet dien as “beskerming”.

@ladygodiva Boksers is nie net verwoesters van handsakke nie!

IMG_1504a
Die deur se derms is net stukke karton.
IMG_1502a
Vasco se afskeidsgeskenk!

 

Sondagmiddagslapie

Gewoonlik slaap ek nie in die middag nie,veral nie op ‘n Sondag nie!Dit maak my vreeslik depressief en my kop voel so dik en ek voel of ek op ‘n ander planeet was as ek wakker word.

Gelukkig deel my viervoete nie my aversie vir uiltjies knip nie!

IMG_1485a
Vasco en Tienkie le lekker oop-kastrol!
IMG_1487a
Op heterdaad betrap!

 

 

Avatar ,O Avatar…

Ai tog,ek sukkel julle! As ek probeer om ‘n foto te laai vir my avatar,gooi die skerm:”page not found”!

Is daar dalk ‘n slimme onder julle wat vir my stap vir stap kan verduidelik wat om te doen?

Untitled-1APIE
Op die oomblik voel ek soos hierdie aap..dom en dodelik gefrustreerd!Ek gil sommer!

 

Nog woorde…

op Maandag se storie.

Gister ry ek na die motorhawe met die stuk gereedskap wat ek uit my kar se maag gekrap het.So ‘n klein jong borselkop mannetjie kom lek amper my voete soos wat hy verskoning vra.Ek wou snipperig wees,maar kon die outjie se ontsettende verleentheid aanvoel.Met ‘n ghrieserige handdruk pleit hy om vergifnis.Hy is net ‘n vakleerling en duidelik was hierdie ‘n reuse verleentheid vir hom en die diensstasie.Ewe gemoedelik stel ek hom gerus dat dit nie die end van die wêreld is nie.Ek kon sien hoe hy ontspan.Hy het seker ‘n helse slegte dag en nag agter die rug.

Agterna dink ek toe,my kinders het ook sulke foute gemaak en dan was ek net so ontsteld saam met hulle.Hierdie outjie het ook ouers wat net die beste vir hom wil hê.In elk geval,mens leer uit jou foute en die ou wat nog nie ‘n fout gemaak het nie,moet nog gebore word..

IMG_1484
Die gewraakte stuk gereedskap.Ek het gister by die ysterware winkel gesien dat die ding oor die drie-honderd Rand kos!

 

Ek het te veel woorde…

nodig om vandag te beskryf.Sal dit so kort as moontlik hou.

Die gelui van my foon ruk my uit ‘n diepe slaap.Dis my liewe huishulp wat vra of ek haar kan kom haal.Die vervlakste taxibestuurders staak,oftewel,ontwrig weer almal se lewens.In gietende reen trotseer ek die gaterige agterpaaie, lyk soos ‘n dronkie,soos wat ek slinger om die gate.In Die township lyk die paaie nog erger en my ou karretjie hop soos ‘n rugbybal…sommer al die kante toe.

Terug by die huis,spring  ons aan die werk om die nuut geteelde kamer skoon te maak…verstik amper in die sementstof,maar na so ‘n paar ure lyk dinge beter.Natuurlik is die honde ook heeltyd tussenin..wil nie uitgaan om draaie te loop nie,want hulle is bang vir water!Intussen gee die Schnausers nog steeds vir arme Vasco gas…hap kort-kort na hom.As ek weer kyk,sit ta met sy massiewe lyf op my sitkamerbank,met so ‘n weemoedige gesig en maak dit vir my baie moeilik om hom daar af te boender!

Die foon lui en ek kan amper nie my ore glo nie.My kar was Vrydag in vir ‘n diens en die dame vra of ek asseblief my motor kan terugbring,want die werktuigkundige het van sy gereedskap in die enjin gelos.Met sweet en stof wat aan my klou,vertel ek die dame dat ek beslis nerens heen gaan nie. Ek stel voor dat ek self sal loer of dit nog daar is en dan terugbel.

Pure vroumens,moet ek die handleiding naderhark om te sien waar die enjinkap ooptrek.In die lig van ‘n flits,bespeur ek iets wat nie lyk soos die binnewerk van  ‘n enjin nie.Natuurlik kan my arm nie in die nou spasie in nie,en gister se braaivleistang,word ingespan om die “tools” uit te vis.Sal dit later die week terugneem as ek in daardie koers ry.

Na ek weer die trippie township toe afgehandel het,ry ek terug en voel hoe my regter groottoon al hoe seerder word…sommer so uit die bloute.Ontsmettingsmiddel,salf en pleister,later,sit ek nou poot in die lug,met ‘n toon wat klop soos daardie koper deurkloppers op ‘n houtdeur.Lyk soos ‘n ingroei- toonnael.Hoop ek maak dit deur die nag….

Ek het vergeet om te noem dat ons slaapkamerdak lek soos ‘n sif…ek moes nog rondhardloop met handdoeke en skottels ook!

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +