Ek hoef nie veel te skryf nie..die foto’s spreek vanself.
Nxaipan 5
Nxaipan 4
Die heerlikste verrassing was om elke dag die jagluiperd gesinnetjie te gaan soek en hulle dan dop te hou.Jagluiperds is my gunsteling katsoort,daarom was ek baie in my noppies oor hierdie ongewone meevallertjie!
Zebra..
Nxaipan 3
Gevleueldes sonder woorde
Trapsuutjies..
het toe nie suutjies genoeg getrap nie.
Hierdie slang staan ook bekend as ‘n Takslang en hy smelt pragtig saam met die dun takke van struike.Dis uiters giftig en toon dieselfde simptome as met die byt van ‘n boomslang.Dis hemotoksies,met ander woorde bloeding begin plaasvind en die pasiënt moet bloed- of plasma-oortappings ontvang om die stolfaktore te vervang.
Nxaipan 2..Baines’ Boababs herbesoek
Ek plaas foto’s van die bome in verskillende seisoene.Dis nogal ‘n reuse kontras.
Liefste Struisie…
Volstruis,
Dit was vir my bitter hartseer toe jy so vreemd optree.Dis wat eensaamheid doen…of jy nou ‘n mens,dier of geveerde is,dit eis sy tol.
Donderdaglaatmiddag,was ons op ‘n wildrit in die Sabie-Sandreservaat,toe jy al pronkend en veerpluisend aangewals gekom het tot reg teen ons voertuig.Dit was ‘n ongelooflike skouspel van vlerke sprei.Jou swanenek het soos ‘n slang gekronkel en esse gemaak.Kort-kort het jou skurwe bek deur jou veredos gevroetel en gekam,totdat elke veertjie perfek reg was.Soms het die donse gewaai en jou ogies het vol verwagting geblink.
Ons hoor jy het net eendag hier aangekom,niemand weet waarvandaan nie.Hierdie area het nie volstruise nie en selfs die rooibokke het verstom gevlug toe hulle jou sien.Jy is nou al twee jaar lank deel van die landskap en die alleenheid het jou begin vang.Hier is nêrens ‘n pragtige volstruismannetjie op selfs ‘n wyfievriendin nie.Die voertuie wat soms stop om jou te bekyk,is jou enigste geselskap en deesdae kom jy tot teenaan en vermaak die toeriste met jou hartseer hofmakery!
Toe ons na ‘n halfuur wegry en jy desperaat agterna hardloop,moes ek stilletjies trane wegsluk.
Die lewe is baie wreed!
Nxaipan Botswana deel 1
Wat ‘n heerlikheid om weer hierdie besondere plek,in ‘n ander seisoen en onder ander omstandighede,te besoek.Die vorige keer toe ons daar was,was dit pikswart verbrand,dor en droog,met ‘n vuurwarm wind wat oor die vlaktes getier het.Onthou om nooit in September,Oktober of November soontoe te gaan nie.Dis skokkend warm met temperature van oor die veertig grade.
Die beste tyd is om einde April,begin Mei te gaan,want dan is die reënseisoen verby,maar alles is nog groen en daar is miljoene diere op die grasvlaktes in die pan.
Die Nxaipan Nasionale Park is in 1970 geproklameer as bewaringsgebied en in 1992 verklaar tot nasionale park en beslaan 2578 vierkante kilometer.Dis tussen Nata en Maun en reg noord van die Makgadikgadi Pans National Park.Die beroemde Baines’s Boababs,waaroor ek geblog het by https://perdebytjie.wordpress.com/2014/10/30/ontmoetings-met-besondere-bome-deel-3/ Â is ook hier.Ek sal later foto’s plaas van die bome met blare aan…totaal anders…dis hoekom ons nou gegaan het…ek wou daardie bome met blare aan sien.