na mooi oop landskappe en sonsondergange,met die wind wat weemoedig deur klipskeure en oop vlaktes huil.Dit bring so ‘n lekker soort hartseer in my.
Didi en Dexter
‘n Amarilla vir Ma
Liefste Mammie
Ma sou vandag vyf-en-negentig jaar oud geword het.Al is Ma al elf jaar weg,voel dit nog steeds soos gister toe ons moes totsiens se.Dis nie meer seer nie,maar die herinneringe aan ‘n wonderlike mens,bring steeds ‘n knop in my keel.
Deesdae gaan my gedagtes baie ver terug en ek beleef weer my skooldae.Ek en Ma was so na aan mekaar.Ek onthou nog hoe Ma my altyd moed ingepraat het ,deur moeilike hormoonbelaaide tienerjare,by my gestaan het toe ek soms radeloos gesukkel was met studies,my raadgegee het met my eie kinders se opvoeding.Ek wil nog soms die foon oplig en Ma vertel van goeie dinge wat met my gebeur,spog met ons kleinseuntjie,Ma gerusstel dat al die kleinkinders hul plekkies in die lewe gevind het…
Buite onder die grasdak,staan Ma se pot met Amarillas,wat ek hierheen gebring het,toe ons Ma se huisie leeggemaak het.Twaalf jaar al,elke lente,stoot die knoppe uit geilgroen blare en kelk uit in die mooiste blomme.Hierdie jaar is hul prag besonders en ek het dertien knoppe getel.Van gister af is daar agt oop.Liefste Ma,dis spesiaal vir mammie….
Aaaa,hier…..
het ek jou!!!
Nog geveerdes van die Pantanal.
Saterdagpret…spesiaal vir Dirkie!
My kleinseuntjie is ‘n jaar oud!
Liefste Dylan…
Vrydag ‘n jaar gelede,is jy en my kleinseuntjie op dieselfde dag gebore.Ek en jou ouma was saam verheug oor ons pragtige babatjies.Ons het uitgesien daarna om julle vordering dop te hou,soos wat julle groei en ontwikkel.Ons wou julle saam parkie toe stoot in jul waentjies en julle onder die bome laat lê om te kyk vir die voëltjies en die blou lug,saam met julle uitsien na eerste dae op kleuterskool,skool en al die dingetjies wat ‘n ouma saam met haar kleinkind doen.
Dinge het egter anders uitgewerk.Drie dae na jou geboorte het jy meningitis opgedoen.Dae van louter hel het op jou en jou ouers gewag.Party dae het jy tot dertig stuiptrekkings gekry.Jy was heeltyd op sterk medikasie en soms net ‘n verwese stil bondeltjie in jou hospitaalbed.Die beste neuroloë en pediaters het alles probeer.Vir omtrent vier maande het dit goed gegaan en dit het gelyk of jy vordering maak.
Toe loop alles weer verkeerd,liefste seuntjie.Daar was die een terugslag na die ander en eindelik moes ‘n ventilator jou help asemhaal.Vanoggend is die masjiene afgeskakel en jou moeë liggaampie het die stryd gewonne gegee.
My kleinseuntjie sal na die voëltjies en die blou lug kyk en weet daar was ‘n  ander seuntjie wat dolgraag dieselfde sou wou doen.
Rus sag,liewe Dylan…..
Een,twee,drie en…..aksie!
Die vere maak …
wel die voël!Die ou wat hierdie spreekwoord uitgedink het,het beslis van mense gepraat en nie van voëls nie.In die Pantanal het ek die volgende besondere geveerdes met my kamera geskiet: