Loukie en Lientjie..

de Leeu,woon in die Kgalagadi-Oorgrenspark.Die twee kleingoed is al redelik opgeskote,maar steeds baie afhanklik van Mamma Vuilbaard.Familiebande is baie heg en hierdie gesin staan deur dik en dun bymekaar.

Terwyl Mamma Vuilbaard heerlik lê en slaap…_MG_3857_edited-1

lig tante Truitjie darem soms haar kop op,om die wêreld te bespied!_MG_3786_edited-1

Lientjie kom aangestap en .._MG_3805_edited-1

plof neer langs die slapende vuilbaardgesinslede._MG_3910_edited-1

Jinne,dis ‘n lui spulletjie!Dis net pote in die lug en ‘n gesnorkery wat mens wie weet waar kan hoor!_MG_3889_edited-1

Af en toe,maak een van die volwassenes ‘n lui oog oop en staar in die niet.Hulle doen wat leeus baie goed doen….slaap!!_MG_5421_edited-1

Pappa Vuilbaard se neusvleuels tril soos hy snork!_MG_4385_edited-1

Lientjie staar verveeld rond.._MG_3870_edited-1

en Loukie vervies hom vir ‘n vlieg op sy neus._MG_3834_edited-1

Sy oortjies is pragtig bekleed met ‘n boskasie hare.Dit help darem om die lastige grassade en nare insekte uit sy gehoorgange te hou._MG_3876_edited-1

Skielik spring die tweetjies op en onder mamma se wakende oog stap hulle watergat toe,waar ‘n suipseltjie water hulle dors les._MG_3954_edited-1

Dis nou sommer tyd vir kattewales en stoeiery.So word die kleingoed sterk en leer hul plek in die vuilbaardhiërargie vasstel._MG_3972_edited-1

Lientjie kyk vies toe terwyl Loukie aangehardloop kom om haar te karnuffel._MG_4006_edited-1

Een gryp ‘n stok om aan te knaag en die ander een is sommer snor-in-die-lug en rimpellippies-kwaad hieroor!_MG_4021_edited-1

Die tweetjies is deel van die nuwe geslag Kgalagadileeus wat binne die volgende paar jaar amok gaan maak in hierdie wildernis._MG_3907_edited-1

Pasop,hier kom ons!_MG_3823_edited-1

Agge nee toggie!

Sus Katryntjie wag geduldig onder ‘n boom.Mammie is besig om te jag en sy sal ‘n teken gee,wanneer die kleingoed nader kan kom vir ‘n heerlike fees._MG_4900_edited-1

Boet Snorrie lê oop en bloot op ‘n termiethoop.Hy is so verveeld en gaap dat mens sy longe kan sien!_MG_5124_edited-1

Mamma Kolkat bespied die wêreld… _MG_5057_edited-1

en sluip dan die lang gras binne om ‘n troppie rooibokke te bekruip._MG_5416_edited-1

Skielik is daar ‘n helse kakofonie van bokke wat blaf en ‘n gedonder van hoewe oor die vlakte.Mamma Kolkat het ‘n eenhoring rooibok gevang.Terwyl sy die lewe uit die arme dier wurg,moet sy vinnig dink aan ‘n wegsteekplek._MG_4937_edited-1

Die bok weeg maklik tagtig kilogram en met haar skamele gewiggie van vyf-en-veertig kilogram,is dit ‘n reuse taak wat voorlê.Sy sleep en rus,sleep en rus en loer kort-kort oor haar skouer om te sien wanneer gevaar gaan toeslaan!_MG_4942_edited-1

Dis ‘n stewige bok en vereis al haar kragte om hom te sleep._MG_4947_edited-1

Sy verdwyn in die lang gras en die volgende oomblik…._MG_4946_edited-1

is daar ‘n afgryslike gegrom en geluid van takke wat breek!Helsim die Hiëna, het net daar ingewals en sommerso die swaarverdiende buit afgeneem.Sy stewige kake knars dat jy net bene hoor kraak!_MG_4948_edited-1

Arme mamma Kolkat,Snorrie en Katryntjie slaap honger vanaand!

 

Katskenades

Mammie probeer slaap ,maar Seuntjie Snorrie wil haar wakker soen._MG_5264_edited-1

Snorrie raak verveeld en kyk die wêreld uit._MG_5283_edited-1

Spring bietjie rond in die boom,om ontslae te raak van ekstra energie!_MG_5273_edited-1

_MG_5274_edited-1

Mammie is nou wakker en redelik vies vir  Snorrie._MG_5286_edited-1

Sy wil uit die boom spring,maar Snorrie het dieselfde plan!_MG_5289_edited-1

Skoert,dis mý vastrapplek!_MG_5290_edited-1

Mammie trap eerste vas._MG_5292_edited-1

Staan bietjie tru,Snorrie!_MG_5295_edited-1

Swaartekrag help vir ‘n vinnige landing!_MG_5300_edited-1

 

Benoude oomblikke…

Terwyl die kleingoed nog rondrol en speel,maak al die meerkatte sulke gerusstellende tjirpgeluidjies.Skielik verander die getjirp in ‘n waarskuwende gegrom.Almal spaander in die gate in en sommige van die kleingoed wat nie gou genoeg na veiligheid kan hardloop nie,duik tussen die bene van die ooms en tantes in..

img_8973_edited-1

Almal kyk verskrik rond,maar die grotes sien dit was net ‘n vals alarm!

Die klompie in die gate kruip weer uit en kyk nuuskierig rond.Tant Kaatjie verslap nie vir ‘n oomblik haar waaksaamheid nie,want vals alarms moet nooit onderskat word nie!

img_8929_edited-1

Maar wat sien sy daar?’n Jakkals by die watergat,een van die meerkatte se grootste vyande!

Gelukkig slaan Jakkie Jakkals ‘n ander koers in,weg van die benoude familie.

1272

Almal is nog steeds nie heeltemal gerus nie en die kleingoed klou aan mekaar en bly naby tant Kaatjie.

img_8963_edited-1

img_8962_edited-1

Die outjies begin weer ontspan en streke uithaal,terwyl almal gemoedelik begin tjirp en skoffel en grawe in die sand.

img_8961_edited-1

Skielik blaf die kiertsregop Oom Maansie en nou is die gort gaar!!

‘n Roofarend(Tawny Eagle) verskyn uit die niet en duik op die benoude spulletjie af.

_mg_3761_edited-1

Gelukkig word niemand gevang nie en Kgala en Gadi bly saam met Sus Betjie,liewer naby Mamma Mietjie.

img_8956_edited-1

Betjie rittel van die skok,maar Gadi sit handjie by om te troos..

img_8948_edited-2

Sy wil-wil huil,maar ‘n tere soentjie en drukkie is net die regte medisyne.

img_8942_edited-1

img_8941_edited-1

Die les wat die kleingoed leer is om te konsentreer en altyd paraat te wees!

img_8978_edited-1

Kgala en Gadi…

is twee meerkatjies wat saam met hulle familie in die Kgalagadi-Oorgrenspark woon.Die tweetjies is deel van ‘n groot groep meerkatte wat op en af rondtrek op die oewers van die Aubrivier.

Hulle is baie ondeund en Pappa Pietjie en Mamma Mietjie,moet gedurig hard praat om die tweetjies in toom te hou.

Terwyl Pappa Pietjie ‘n wakende ogie hou,vanuit sy uitkykpos in ‘n bos…

_mg_3311_edited-1

Stoei en speel die kleingoed,dat die Kalaharistof so staan!

_mg_3330_edited-1

Mamma Mietjie hou ook ‘n wakende ogie,terwyl Kgala en Gadi mekaar goed karnuffel!

_mg_3340_edited-1

Snippie het intussen ‘n smullige koggelmanderhappie  beetgekry en knibbel vraatsig daaraan.

_mg_2928_edited-1

Tant Kaatjie bespied ook die omgewing vir nare indringers soos slange en arende.

_mg_2924_edited-1

Wippie staan langs tant Kaatjie en kyk  grootoog na die wêreld om hom.

_mg_3394

‘n Klompie nuuskierige kleingoed kom loer ook wat aangaan..

_mg_3390_edited-1

Al die tantes en oompies in die familie bespied die omgewing.’n Meerkat kan nooit versigtig genoeg wees nie!

img_8903_edited-1

Oom Maansie kry skielik ‘n slegte gevoel en loer in die lug in..

_mg_3769_edited-1

Word vervolg…

Reën,reën,lieflike reën

Suid-Afrika gaan al die laaste klompie jare gebukkend onder ‘n erge droogte.Die natuurlike droë areas,soos die Kgalagadi-Oorgrenspark,het geweldig swaar gely.Met die aanbreek van hierdie jaar se reënseisoen,glimlag almal weer.Ons was bevoorreg om daar te wees op 13Februarie,toe ‘n wolkbreuk op Mata-Mata uitgesak het.Gewoonlik is mens nie beïndruk met wolkbreuke nie,maar in hierdie dor wêreld,was dit iets besonders!

In die Kgalagadi vloei twee riviere.Vloei is ‘n relatiewe begrip,want die een rivier(Nossob),vloei eenmaal in honderd jaar en die ander een(Aub),vloei miskien gedeeltelik eenmaal in tien jaar.Om die Aub gedeeltelik te sien vloei,het ons amper uit ons velle laat spring van blydskap.

_mg_7839Gewoonlik lyk die Aub só…

Na die wolkbreuk was dít die gesig wat ons begroet het!

img_8844_edited-1Die pad was heeltemal onbegaanbaar,want ‘n gedeelte loop in die rivier…

img_8854

img_8852_edited-1

img_8842_edited-1

Op my volgende blog wys ek hoe die landskap verander na sulke goeie reën.

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +