As besluite hier geneem word…

word dit blitsig afgehandel.

Verlede week is besluit om die visdam toe te gooi.

Maandagmiddag kom die Koihandelaar en sy helpers die visse vang…Dinsdag…begin dam leegpomp…Woensdag…net bietjie water op die bodem, wat met die hand uitgeskep moet word.

Die hartseerste is al die langbeenwaterspinnekoppies wat nou verward in die lug hang bokant die amper droë dam. Die voëls kom ook kort-kort soek, waar die watervalletjie is. Gewoonlik bad en drink hulle soggens en saans daar.

Op die bietjie water wat oor is, hardloop die motorbootgoggatjies verward rond en hier en daar duik ‘n naaldekoker nog oor die vuil water.

‘n Hele ekosisteem is vernietig en ek beleef dit eerstehands met intense hartseer.

My hart is seer

Vanmiddag kom haal ‘n Koihandelaar al ons visse. Met die baie kragonderbrekings, onderhoud en alles wat gepaardgaan met so ‘n stokperdjie, het dit al hoe moeiliker geraak om by te hou. Agt visse het al gevrek sedert Desember se aanhoudende beurtkrag.

‘n Stokperdjie wat meer as twintig jaar vir ons baie vreugde verskaf het, word vandag beëindig.

Totsiens my vissies en dankie vir die vreugde wat julle aan vele verskaf het.

Die dam word volgende week toegegooi, maar manlief beplan iets moois in die plek daarvan.

Snik, snik…..

Wie gaan na…

die blommetuin?

Wat kom daar aan?

Wag geduldig en fokus…IMG_1863

Dis ‘n kleine by…IMG_1874

Nou weer anderkant toe…IMG_1882

Tongetjie lank uitgestrek…IMG_1878

Versigtig nou, mooi mik…IMG_1879

Netjiese landing…IMG_1883

Weg is sy, besig om heerlike nektar op te slurp…IMG_1880

Foto’s in die veld geneem by Walkersons naby Dullstroom.Ek was besig om blomme af te neem, toe hierdie gelukkie my tref. Mevrou By het van nêrens af gekom en in my foto ingevlieg. Wat ‘n bonus!

 

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +