Ek voel sommer vanoggend nostalgies en het gaan rondkrap in my ou foto-albums en hierop afgekom: My Nederlandse ouma en oupa, wat ek nooit ontmoet het nie. Ek is vandag nog hartseer daaroor... 'n Baie gelukkige tienermeisie wat in 'n wonderlike huis grootgeword het... Ek wens ek kon dit nog regkry... Dis seker hoekom …
Onbevange pret!
Na my ontsettende negatiewe skrywe van gister, gebeur daar gisteraand 'n heerlikheid wat ek lank sal onthou. Swakopmund se Duitse gemeenskap, hou al die laaste 33 jaar jaarliks karnaval. Hulle noem dit Küska (Kuskarnaval). Ander dorpe in Namibië het ook hul eie karnavals. So byvoorbeeld heet Windhoek s'n Wika. Hierdie hele week is daar elke …
Die ironie van alles.
Ek probeer om nooit negatief op my blog te wees nie. Hierdie wat ek vandag skryf, is al ou nuus en afgesaag vir meeste Suid-Afrikaners. Ons is al so gedesensiteer, dat ons heel gevoelloos daaroor raak. Ek voel egter die afgelope tyd soos 'n vuurspuwende berg wat wil uitbars en het besluit om hierdie te …
Heerlike wintersdae by die see..
Ons is nou al tien dae in Swakopmund en ons beleef die wonderlikste weer. Terwyl die binneland bibber van die koue, het die kusgebied oosweer beleef en temperature van in die dertig grade aangeteken. Van gister af is dit koeler, maar die son skyn, die voëltjies in my tuin sing uit volle bors en die …
Onweer oor die vlaktes…
van die Kgalagadi.
‘n Besondere plek…
is diep in die duine van die Kgalagadi weggesteek. 'n Mens kan net met 'n eenrigting tweespoorpad en 4x4 daar uitkom... Dis bult op en bult af... deur pragtige landskap... en soms tonele van verwaarlosing... en dinge uit vervloeë dae... Dan sien jy dit, half toegegroei deur gras... 'n Klein oase in die woestyn...gebou op …
Voortvarendheid van die jeug
Ek lag altyd lekker in my mou as slim jeugdiges hulle vasloop. Nie omdat ek 'n nare geaardheid het nie, maar omdat vandag se jongmense meestal dink dat die ouer garde, op ons beste, totaal onkundig, onnosel, onervare, pottoe, tegnologies gestremd, agter die klip en wie weet wat nóg is! Die ironie is, dat wanneer …
Sjoe!
Soms verras die natuur op ongewone wyse. In November was ek in die Kgalagadi en het een middag hierdie aanskou. Dit was warm, droog, stowwerig en winderig. Net die regte toestand vir 'n besondere interessante verskynsel! Dit het so begin... Op, op, op al hoe hoër, en die volgende foto's wys die gevolg... Die swart …
Wanneer emmerskop ‘n werklikheid raak!
Perdeby het 'n helse twee dae agter die rug! Woensdagaand na ete, pak 'n pyn soos min, my op die krop van my maag! Met 'n geskiedenis van obstruksie, was dit weer sulke tyd. Twee dae lank kreun en steun ek, besoek dokter, xstrale en ja, niks lekker in daai perdebylyf se ingewande nie. Volg …