Die ironie van alles.

Ek probeer om nooit negatief op my blog te wees nie. Hierdie wat ek vandag skryf, is al ou nuus en afgesaag vir meeste Suid-Afrikaners. Ons is al so gedesensiteer, dat ons heel gevoelloos daaroor raak. Ek voel egter die afgelope tyd soos ‘n vuurspuwende berg wat wil uitbars en het besluit om hierdie te skryf, om talle van my oorsese blogvriende bewus te maak van wat hier aangaan.

Ek vra groot verskoning vir die negatiwiteit, maar ek wil iewers gal af gaan…

1.Jy is een van min mense wat ‘n werk het, maar jy staak.

2.Jy gooi asblikke om en bemors die strate, net om later dit self weer te moet opruim.

3.Jy brand al die skole in jou buurt af, omdat jy ontevrede is dat daar nie genoeg skole is nie.

4.Jy slaan die dokters en diegene wat wil werk by die hospitaal, pap en gooi alles stukkend, omdat jy nie genoeg betaal word nie. Dit wat nou weer ten duurste vervang moet word, kon dalk vir ‘n beter salaris gesorg het.

5.Jy brand treinwaens uit woede omdat die treine altyd laat is en daar ook nie genoeg treine verby kom nie.

6.Jy saboteer die elektrisiteitstoevoer, want jy eis ‘n hoër salaris by ‘n bankrot maatskappy. Die sabotasie gaan miljoene kos om reg te maak en eintlik is daar duisende werkers wat reeds oorbodig is en eintlik nie eers hier nodig is nie.

7.Jy breek in by hardwerkende mense se winkels en spazashops en steel al hul goedere, terwyl jyself te lui is om iets op jou eie te probeer.

8.Jy gooi petrolbomme in busse en brand mense dood, omdat jy ontevrede is dat hulle ‘n roete gebruik, wat “joune” is.

9.Jy het straatgevegte met taxis, wat ook op jou roetes ry. Daar is genoeg passasiers  vir almal, maar jy gun niemand anders ‘n kans nie. Jy gee nie eers om as iemand doodbrand in sy voertuig nie.

10.Jy vermoor plaasboere op die gruwelikste wyses denkbaar. Soms gaan dit gepaard met afskuwelike martelmetodes soos om die slagoffers met strykysters te brand. So verloor talle onskuldige mense hul werk en voedselsekerheid kom in gedrang.

11.Jy eis gratis universiteitsopleiding, maar jy brand die lesinglokale en administrasiegeboue af.

12.Jy skiet helder oordag in spitsverkeer, met militêre presisie twee geldwaens uitmekaar en hou jou eie mini-oorlog met gesteelde AK47 gewere, waarna jy rustig wegjaag met ‘n gesteelde voertuig en sakke vol geld. Dit gebeur elke dag en jy sê dis omdat dit ‘n maklike manier van geldmaak is.

13.Jy maak die waterpype se kleppe oop, dat die kosbare water in hierdie droogtegeteisterde land, kilometers hoog die lug in spuit en mense vir weke lank sonder water sit, want jy wil meer geld hê. Intussen is jou krane ook droog en kos dit ‘n fortuin om jou skade agter jou gruwelike dade reg te maak!

Hier gaan ek stop, want ek kan nog bladsye vol skryf. Tenminste voel ek bietjie beter noudat dit uit is.

70 Replies to “Die ironie van alles.”

    1. Frannie, ek besoedel my blog met hierdie skrywe, maar soms raak dinge net te veel. Ek probeer om my af te skakel, maar as hulle twee strate van jou af, geldwaens uitmekaar skiet, mense reg voor jou huis se motor vat en skiet op hulle en twee strate verder een van ons buurt se inwoners vermoor, kan mens nie meer stilbly nie

      Liked by 1 person

  1. Ironie – HELE ruk gelede brand hulle een van die nedersettings hier rond se klinieke af. Tot op die grond. Net om ‘n maand later weer te betoog want hulle kinders en oumense gaan dood. Pfffft. HUH???????

    Jy is reg Perdebytjie, mens kan NIE meer stilbly nie, misdaad is nie meer iets wat mens net van in koerante lees nie.

    Liked by 2 people

    1. Ja, dit gaan werklik so. Ons vrees heeltyd vir ons lewens en hier is massas mense wat werkloos is en die werkendes maak heeltyd moeilikheid oor salarisse. Alles is darem nie heeltemal bleek nie en ons konsentreer op die beter dinge. Ons is gewoond hieraan en gaan maar net aan met ons daaglikse bestaan. Soms gebeur skokkende dinge, maar ons verkies om nie daaroor te dink nie.

      Liked by 1 person

        1. Ek verstaan ook nie aldag hoe mense dink nie. Ons regering verstik in korrupsie en verskeie instansies en munisipaliteite is bankrot gesteel, maar steeds hou werkers aan om te ” demand”.

          Like

  2. So baie mense voel so! Ek het ook ‘n “geen negatiwiteit” beleid op my blog. Dalk is dit volstruispolitiek (nie dalk nie, gewis!) maar dis MY plek en ek wil nie die goggas vasbytplek gee nie! Maar ek verstaan so goed hoe jy voel, en stem saam! Ek voel dit aan my bas as die studente by my werkplek die hekke blokkeer en ons kan nie klasgee of
    -bywoon nie – oor goeters soos “outsourcing” wat hulle nie eers behoorlik verstaan nie. Dan forseer ek myself om iets positiefs te soek om op te fokus. Dankie tog dat daar altyd ietsie is … dikwels ‘n mede-blogger se mooi skryfies of foto’s!

    Liked by 1 person

  3. Maar ek is dan so goed opgelei in burgerlike ongehoorsaamheid. Omdat ek nie die vorige regering se skole kolleges en univesiteite wou bywoon nie is my enigste kwalifikasies Bom maak roof, moor, steel en betoog om my sin te kry.

    Meen te se ons het al ‘n veroordeelde bomplanter as eerste minister gehad so die moontlikhede is eindeloos!

    Liked by 2 people

    1. Eintlik voel ek nie beter nie. Ek word net kwater en kwater, dat ek myself so laat opvreet hierdeur! Môre kanselleer ek hierdie inskrywing uit met ‘n mooi positiewe bloggie. Sal nou hard moet loop dink aan iets😄

      Liked by 1 person

  4. My sosio-ekonomiese kennis is maar beperk tot braaivleisvuur politiek, maar ek wil waag om te sê wat ons hier ervaar is redelik normaal vir ‘n plek regering van die dag in ‘n oorlog met sy eie mense gewikkel is. Die werklike ironie lê in die ou wysheid wat sê “You become what you hate the most”

    Dit is ook so dat die normale landsburger kwalik kan verhelp om nie oorweldig te raak nie, so om ‘n bietjie stoom af te blaas (op ‘n relatief beredeneerde wyse) is nie noodwendig negatief nie.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Storieklong. Ek was spyt die oomblik toe ek die knoppie druk om hierdie pos te lanseer, want daar word reeds soveel gesê, geraas en gevloek op sosiale media, dat ek nie eintlik deel daarvan wil wees nie. Maar soos jy tereg wys, ‘n mens voel oorweldig en het nodig om daaroor te praat.

      Like

  5. Ik ben blij dat je dit schrijft. Als we de plezante dingen graag lezen, dan moeten we ook oog hebben voor de realiteit. Je bent zeker geen zeurkous, het kan zeker opluchten om dat te schrijven.
    Wij kunnen ons dat nauwelijks voorstellen, al heb ik nog zulke dingen over Zuid-Afrika gehord. Ik heb veel empathie, mijn vrouw is al twee keer overvallen in Merksem (Antwerpen), en zij is zeer angstig geworden.
    Ik denk dat ik geboren ben met een glimlach, en die laat ik mij niet afpakken, maar dat wil niet zeggen dat ik oprechte empathie voel, al ben je daar misschien niet mee geholpen.
    Ik blijf je graag volgen, in goede en minder goede tijden.
    Met Antwerpse groetjes,
    Joris

    Liked by 1 person

    1. Ons onderdruk heeltyd die angs en konsentreer op die goeie, maar soms raak dit net te veel. Mens wil ook nie jou land en sy mense sleg uitbeeld nie, want ons is dan kwansuis die “suksesverhaal” in Afrika…verre daarvan! Natuurlik mag mens kritiek lewer en die probleem by name noem, maar jy word gou gebrandmerk as ‘n rassis.
      Baie dankie Joris. Jou kommentaar is erg positief en ondersteunend. Ek waardeer dit geweldig.

      Like

    1. Ek glo nie daar is redenasie nie…dis tipies van massa opsweping…driekwart weet nie regtig waaroor dit gaan nie, maar word meegesleur in die oomblik. Ek was ook al in so ‘n situasie en mens verloor heeltemal perspektief en jou eie wil en identiteit. Dis skrikwekkend wat met jou gebeur.

      Like

  6. Het is toch logisch, Dina, dat je hiermee zit. Ook hier gaan dingen fout, maar we kunnen ons nauwelijks voorstellen hoe het er bij jullie en op zoveel (onveilige) plaatsen ter wereld aan toe gaat. Terechte bekommernis en ironie.

    Liked by 1 person

    1. Dit is ongelukkig hoe dit hier gaan, Anna, maar ons probeer positief bly. ‘n Deel van ons mense woon in die haglikste omstandighede en voel daagliks hierdie goed aan eie lyf. Ons het darem nog genoeg om voor dankbaar te wees.

      Like

  7. Bytjie, my hart gaan uit na jul almal. Daar is net niks wat daaraan gedoen kan word nie omdat dit so diep ingebrand is. Toentertyd met die oorneem van die Laerskool in Potties was ek daar. Dis onmenslik hoe die “gepeupel” gedwing word deur n handjie vol opsweepers. Selfs dr Lets Pretorius (wat my dokter was) het sy drie seuns so opgesweep dat die arme vroue en kinders net nie dit kon hanteer nie. Dis weer die regtse deel. Maar hierdie kultuur ding wat in n mens se keel gedruk word maak dit net onaanvaarbaar. Ek praat nie sommer oor die dinge hier nie. Hul verstaan dit gladnie. Wat my ontstel is dat n welgestelde Johannesburgse man en vrou, wat seker al 30 jaar hier bly steeds nie insien dat dit regtig sleg gaan nie. Hul het geld om net na “goeie plekke” te gaan. Dit is vir my verloëning van Suid Afrika ons tuisland.Jammer ek braak gal hier. Ek hou oo nie daarvan om sulke goed te skryf nie.

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir jou reaksie, Ineke. Ek stem saam met jou oor die regse klomp, wat net so skuldig is. Ek weet nie hoekom mense nie net in vrede kan saamleef nie. Jy mag maar galbraak hier. Dit was die doel van my skrywe, om bietjie kop skoon te maak en mense wat salig onbewus is, bietjie in te lig.Alles is darem nie sleg nie, maar die haatspraak wat aangewakker word op sosiale media, is myns insiens so gevaarlik en presies wat die opstokers wil hê…om wigte tussen mense in te dryf en die land in anargie te laat verval.

      Like

      1. Stem saam met daardie wigte indryf. Ek het self ook verlaging in my werk deurgemaak om plek te maak vir ongeletterde. Toe wil hul my salaris ook verminder na n besginner nadat ek 8 jaar senior was. Dit was laaste strooi. Ek besluit meestal nie op die oomblik nie, hierdie keer was dit 24uur kennis op n Vrydagmiddag! Hul wou nog trug krabbel! Moet byse, ek het die Maandag weer skool begin hou. Daar is tog darem voorsiening gewees.

        Liked by 1 person

  8. HOOR HOOR!!
    Mag ek die stuk vertaal en op my blog publiseer, aseblief??
    Volgende week word daar ‘n Mandela uitstalling hier in Dublin se ou tronk oop gemaak…

    … hier is die vraag wat ek gevra het op die tronk meuseum se Twitter blad…

    Ek wil ‘n skakel na jou vertaalde stuk plaas… met jou toestemming, aseblief!

    Liked by 1 person

        1. Die dilemma is dat ons wat hier agterbly, nie raad en houdings van “ons het julle mos gesê”, wil hoor van almal wat gegaan het nie. Ek neem niemand kwalik, wat beter weivelde gaan soek het nie, maar ek sit nou hier en wil nie heeltyd hoor hoe sleg dit is nie. Hiermee bedoel ek nou nie dat jy dit doen nie, maar ek dink dis wat die bakleiery tussen blyers en glyers veroorsaak.

          Like

        1. Maar steeds gaan ons moedig vorentoe. SA het ‘n droewige geskiedenis en nog altyd het mense hier geslaag om uit die as uit op te staan. Kom ons hoop maar dit gebeur weer.

          Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +