Badtyd

Al ooit gewonder hoekom oumense en kinders nie wil bad nie?By kinders dink ek dis bloot ‘n geval van hardkoppigheid en eie wil ,wat ‘n rol speel.

By oumense is dit egter ‘n ander storie.As die persoon in ‘n versorgingseenheid lê,is die gevoel van waardigheid daarmee heen,elke keer wanneer iemand anders jou moet was of bad.Daardie selfbeheer oor die mens se intiemste ritueel,is nou skielik oop en bloot vir wie ookal daardie dag die funksie moet verrig.

Elke mens,of hy nou van water hou of nie,of hy slordig of netjies is,arm of ryk,volg ‘n roetine van reiniging.Dis ‘n vereiste vir goeie naasbestaan,want wie van ons het nie al weggedeins,wanneer daar so ‘n klankie aan iemand kleef nie?

Voor ek nou ‘n spul twak kwytraak,wat almal in elk geval weet,net die volgende statistiek…ek het in my lewe sover ten minste 21900 keer gebad of gestort,43800 keer tande geborsel.Suggg….geen wonder oumense raak moeg vir bad nie!

Ek het dalk onbewustelik my ouderdom weggegee.

Ek kners al heelweek op my tande….

want ons lekker stil woonbuurt is van Maandag af in ‘n quadbike- cum veldmotorfietsrenbaan omskep.Jip, die twee tiener snotape oorkant ons,jaag heeldag in hulle voortuin (wat oor is na hulle klaar is) met ‘n quadbike en motorfiets al in die rondte,al in die rondte,al in die rondte…ugh,my kop het ook nou vasgeslaan by “al in die rondte”.Die gaswalms maak my ook effe dronk en hier waar ek in my sitkamer sit,is ek besig om op ‘n goedkoop “trip” te gaan.

Tot dusver was ek redelik verdraagsaam en het maar daagliks winkels toe en ander plekke heen gevlug,want die arme bloedjies moet ook hul vakansie geniet.Toe ek egter vanmiddag van die haarkapper af kom, is daar ‘n reuse vuur in die middel van die grasperk en klapperknalle skiet woes uit die rook uit.Ek wou strip,maar byt en kou weer saggies my polse…sien darem later die knape het die vuur geblus.

So ‘n halfuur gelede konk my geduld totaal in en ek storm buitentoe.Snotaap ry in sirkels om en om en om…hier gaat ek alweer..my verstand is definitief aangetas!Ek steek my arms deur ons ysterhektralies,waai my uitsteeksels soos ‘n Hollandse windmeul se wieke rond,gil en skreeu soos ‘n maer vark,laat al die hadidas verskrik krysend en blertsend opstyg en beduie vir daardie knaap waar Dawid die wortels begrawe het! Die mannetjie maak eers of hy my nie sien nie,maar my vlymskerp gille skeur bo die motorfiets se geraas uit.Sonder ‘n woord of teenstand,sit hy die fiets af en verdwyn in sy huis in.Sjoe,al my geraas en so min weerstand..die wind is skoon uit my windmeul uit!

Uit pure irritasie vreet ek toe sommer ‘n hele pak Romany Creams op!

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +