Die swerwer van Namakwaland

Ek het hierdie blogger ontdek en wil hom regtig aanbeveel. Hy skryf die fantastieste stories. Met sy toestemming herblog ek sy laaste storie. Sulke vertellings mag nie verlore gaan nie.Vir enige Afrikaanssprekende sal dit werklik na aan die hart lê!

Skryfsafari:Dieremaniere

In hierdie huishouding is drie diertjies wat hul mammie en pappie netjies toegeknoop het in ‘n sakkie.

Ons eerste honde moes altyd buite slaap en is nooit in die huis toegelaat nie. Na die huisvol kinders elkeen hul rigting gekry het, trek twee Schnauzers hier in en doen net wat hulle wil. ‘n Derde een voeg hom ‘n jaar later by die spannetjie, toe sy ma die pad vat om in Sjina te gaan skoolhou. Aanvanklik is die outjie bietjie soos ‘n vyfde wiel aan ‘n wa, maar vind mettertyd sy plekkie in die span.

Ons het nie ‘n wekker nodig nie, want soggens presies halfses, winter en somer is daar ‘n gekrap aan die deur en is dit beenligtyd, kosgee, nog ‘n draai loop vir sponsdorings en dan met koekies elkeen terug in sy mandjie vir nóg ‘n slapie. Dankie, nou sit die mammie en pappie regop vir mekaar en kyk, terwyl die stouterds weer heerlik slaap! Ons drink dan maar koffie met ‘n stukkie beskuit en het ‘n heerlike geselsie met mekaar.

Later is dit speeltyd, wat altyd ontaard in ‘n geveg. Elke reun het presies dieselfde speelding, maar hul gryp heeltyd mekaar s’n. Tienkie, die tefie, lê net en kyk vir die testosteroonbelaaide gedoente en lek liewer haar pote, ‘n gewoonte soos naelskou.

Na nog ure se slaap, kef vir hadidas op die grasperk, slaap, kef vir wie ookal die deurklokkie lui, weer slaap, ontwaak hulle laatmiddag en begin woes speel met mekaar. Soms gaan dit so rof, dat hulle oor die stoele en banke in die sitkamer hardloop, dat jy net kussings sien waai. Hulle trek mekaar plat, byt mekaar aan die agterbene, rol rond, grom. Dit klink verskriklik, maar hulle speel so saggies met mekaar en kry selde seer.

Saans na ete word hulle netjies toegemaak in die badkamer, elk in sy mandjie. Môre is nog ‘n dag. Dis nou ‘n hondelewe!

Neelsie, die jongste…

IMG_0332

Tienkie en Frankie…

IMG_0333

Hul dag bestaan omtrent uit 21uur se slaaptyd!

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

Jou InLinkz skakel is http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=780871

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

Naby

Mak Emu…(Kalaharilodge)

_MG_0249

Gevlekte lyster..

_MG_1641apg

Gompou…

_MG_1586

Gewone spekvreter…

_MG_1529a

Sekretarisvoël…

_MG_1386

_MG_1459b

_MG_1468b

Grondeekhoring…

_MG_1653

Leeu by Bitterpan…

_MG_1558a

Die son sak oor Bitterpan in die Kgalagadi. (Geen photoshop is hier gebruik nie…dis hoe dit gelyk het).

_MG_1571

 

Tegnologieseselfsabotasie

Gisteroggend syg ek vol verwagting op my lessenaarstoel neer, prop my kamera se geheuekaart in my rekenaar, maak ‘n lêer oop vir my foto’s wat ek verlede week geneem het en….

Die afgelope vier jaar het ons elke jaar ‘n familie en vriende saamtrek in die Krugerwildtuin. Dan word die hele Balule boskampie uitgeboek en ons trek almal saam onder die bome in met ons karavane, sleepwaens en tente. Dan is dit kuier, eet, gesels en kinders wat van vroeg tot laat heerlik speel. Tussendeur is daar natuurlik ‘n rit of twee om diere te gaan kyk en mens is nooit teleurgesteld nie…dié keer ook luiperds en leeus gesien.

Ek het met opset nie my kameras en lense saamgeneem nie, want soms moet mens afskakel en dit net geniet. My klein mik-en- druk is egter saam, want ek was op ‘n missie om die kampery en pret vas te lê. Ek het die oulikste foto’s van al die bedrywighede geneem en al mooi beplan hoe ek ‘n heerlike blog gaan aanmekaarsit.

Ek weet nie wat het gisteroggend skeefgeloop nie…uit onkunde of agterlosigheid het ek die kamera se geheuekaart uitgewis in plaas van om dit op my rekenaar te laai. Alles is weg, weg, weggg!!

Nou ja, hier is my fotolose bloggie oor ons besondere familiesaamtrek. Geniet dit en maak maar eie prentjies in jul koppe!

Kuiertjie in die natuur

Ek plaas vandag ‘n paar  foto’s uit my Kgalagadi- en Sabi-Sand-album.

Geelmuishond lek sy lippies af, na ‘n lekseltjie water…

_MG_0193 - Copy

Maak sy voetjies lekker warm in die sand…

_MG_0597 - Copy

‘n Handvol versamelnesvoëltjies…

_MG_0833 - Copy

Streepmuisie loer uit sy gaatjie…

_MG_1114 - Copy

Ander aansig van koning leeu…

_MG_1217 - Copy

Waterbokbul van naby…

_MG_3226

My gunsteling…ook baie naby…

_MG_2950

 

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +