Uit my dagboek deel 8

Die laaste been van ons reis breek aan.Ons reis per trein na Brussels se lughawe en vlieg vandaar na Stuttgart,ry weer per trein na Jenna,waar ons in seun se nessie oornag.Die volgende oggend ry ons met seunskind se motor Oostenryk toe.

IMG_0618

Dis ‘n heerlike rit met pragtige natuurtonele..IMG_0623

en mooi dorpies:IMG_0665

Ons gaan tuis in Götzens,’n klein dorpie sewe kilometer vanaf Innsbruck.Die uitsig vanaf ons blyplek,is asemrowend.Die kerk onder in die dorpie:IMG_0674

Deur die dakvenster:IMG_0661

Ons blyplek,wit gebou,heel regs.Die houtbalkonnetjie was ons uitkykpunt:IMG_0755

Die pragtige kerk van naby:IMG_0660

Ons ry Innsbruck toe om die bergtoppe te verken.Op met die kabelkarretjie…IMG_0711

Uitsig oor die stad met die Innrivier wat soos ‘n syagtige lint deur die stad vleg:IMG_0699

Orals is reusagtige vrolike paaseiers:

 

Bo -op die berg is dit bibberkoud,maar ons kan darem nog glimlag:IMG_0717

Niemand was lus om op hierdie wit stoele te sit nie:IMG_0732

Hierdie pragtige sonsondergang met Götzens se kerk,is die mooiste manier om ‘n fantastiese toer mee af te sluit!IMG_0689

Uit my dagboek deel 7

(Spesiaal opgedra aan my blogvriend Thomas Pannenkoek,wat ‘n inwoner van Brugge is).

Die pragtige stadspoort:IMG_0581

Mooi geboue…IMG_0582

IMG_0570IMG_0514

IMG_0499

My gunsteling:IMG_0599

Kanale met bootjies en bruggies:IMG_0497

IMG_0525

Kerke:IMG_0561

IMG_0545

Eetplekkies:IMG_0571

Liewe Heksie is ook hier..IMG_0559

Lekkerlag-name:

en…IMG_0544

Windmeulens:IMG_0580

IMG_0555

IMG_0557

Oulike goedjies teen iemand se deur..IMG_0496

interessante gewels..

Stadspoorte…(ek moes al die poorte afsny,om die massas mense uit die foto’s te kry!)

Bloeisels teen blou lug..IMG_0603

Perdekoetse…IMG_0591

en ‘n veteraanmotor uit die sestigerjare…met Meneer en Mevrou Pannenkoek oppad huis toe..IMG_0579

Brugge is ‘n fantastiese plek!

Uit my dagboek deel 6

Met ons gehuurde motor ry ons verder  en is binnekort in die Vlaandere distrik van België.Hier word hoofsaaklik Nederlands gepraat,terwyl die suidelike deel hoofsaaklik Franssprekend is.IMG_0438

Ons besluit om ‘n draai te maak in Antwerpen,’n Belgiese hawestad aan die Scheldtrivier.Dis ‘n vreemde kil plek,maar ook met pragtige argitektuur,veral die markplein met sy Vlaams -Rennaissance argitektuur. IMG_0463

IMG_0464

Honderde sokkeraanhangers bondel oral saam,sing vrolik en drink bier:IMG_0469

Ons bly nie lank nie en vat die pad Brugge toe.Ons kry maklik die straatjie:IMG_0493

en die blyplek:IMG_0492

Na die teleurstellende verblyf in Amsterdam,verwag ons niks beter nie,maar die verrassing is groot,toe die deur van hierdie eenvoudige plekkie oopgaan…lig en modern:IMG_0471Vrolik gekleurde kaste met die mooiste breekgoed en eetgerei:IMG_0533Silwerskoon kombuis..IMG_0476Lieflike badkamer…IMG_0484en uiteindelik beddens met ordentlike keurige beddegoed!IMG_0491Die verrassing is die tuintjie met bome vol bloeisels:IMG_0478O ja …daar gaan die swart tas weer…met twee stelle steil trappe boontoe!IMG_0474Ons kan nie wag om die strate van Brugge te verken nie!IMG_0494

Uit my dagboek deel 5

Ons vlieg vanaf Berlyn na Amsterdam.Dis ‘n hele dag se storie…taxi lughawe toe,sit en wag op die lughawe,vervelig,vervelig…kom eers laat by ons blyplek aan.Dis nie ‘n baie lekker plek nie en met ‘n verstopte stort,kan ek sommer hoor hoe groei die voetskimmel tussen my tone!

Die kamer en beddegoed lyk ook nie te aantreklik nie,maar vir iemand wat tien dae sonder ordentlike geriewe in ‘n tent in die woestyn kan uithou,is Perdeby en kie gou heel tevrede…knyp net oë toe.

Die Air-bnb is heel sentraal geleë met ‘n mooi uitsig oor ‘n kanaal en binne stapafstand van alles.

Die slaapkamer,met die vreemde manier van beddens opmaak,wat ons nou al oral raakgeloop het…’n matraslaken en twee enkel duvets met twee kontinentale kussings op die bed:IMG_0413

Uitsig uit ons “apartement”…heel mooi!Ons bly egter bokant ‘n “koffiewinkel”,wat sterker goedjies as koffie verkoop.Die seuns slaap in die sitkamer op die bank en moet deurnag luister na die lawaai van horriesdronk en daggabenewelde mense!Vanuit ons slaapkamer word hulle ook deur die gesnork van twee leeus geteister…ons grom en prut  heerlik,ons weet van niks!IMG_0415

Die hoogtepunt is ons besoek aan Keukenhof.Wat ‘n ongelooflike skouspel!Ek sê niks verder nie..IMG_0326

IMG_0376

Hier het ek per ongeluk die kamera se knoppie gedruk,maar toe lyk dit nogal vir my heel interessant:IMG_0390

IMG_0388

IMG_0375

IMG_0399

Ek is spyt ek het nie veel foto’s in Amsterdam geneem nie,want teen dié tyd was ek al so snotterig van ‘n vreeslike verkoue dat dit my lus gedemp het.Wie kan in elk geval foto’s neem met snotdoekies in die een hand en ‘n kamera in die ander een?

Ons bly net twee dae en doen ook ‘n bootvaart op die gragte en kanale om ‘n idee van die stad te kry:IMG_0426

Manlief met ons pakkaas,wagtend vir ons gehuurde voertuig,waarmee ons Brugge toe sou ry:IMG_0423Let wel,weereens…die swart koffer was nie myne nie!

Behalwe vir miljoene sigaretstompies (kyk op die foto) en ‘n paar fietse wat tussen my bene geparkeer het,het ek dit baie geniet in hierdie besondere plek!

Uit my dagboek deel 4

Nog in Berlyn…die stad het ‘n vreemde atmosfeer.Dis asof daar steeds ‘n wolk van hartseer hang.Dalk is dit die emosie in myself,omdat ek weet wat alles hier gebeur het.Oral loop jy jou vas in die geskiedenis.Mens kan jou hoed afhaal dat dit nie toegesmeer is,soos wat gewoonlik gebeur met die oorname deur ‘n nuwe bewind nie.

Ek het die argitektuur pragtig gevind en op ‘n bootvaart het ek my verkyk aan die asemrowende geboue.IMG_0226_edited-1

Oud en..IMG_0236

IMG_0237_edited-1

nuut…dieselfde idee as die vorige een,net met moderne lyne:IMG_0238_edited-1

My gunsteling..IMG_0243_edited-1

Soos ons verbyvaar word dit al mooier..steeds dieselfde gebou:IMG_0249_edited-1

Vanuit ‘n ander hoek…argitektoniese skepping uit die boonste rakke!IMG_0250_edited-1

Hierdie gebou is onder konstruksie en…IMG_0264_edited-1

Kyk waar loop die werkers…nie vir mense met hoogtevrees nie!IMG_0268_edited-1

‘n Vrolike hotel langs die water.IMG_0271

Nog twee mooi moderne skeppings:IMG_0263

IMG_0254

Ongelukkig kom mens nie weg van Duitsland se lelikste geskiedenis nie.Ons beland skielik op hierdie plein,sonder dat ons daarna gesoek het.Die starheid is soos ‘n vuishou tussen die oë.Eers weet mens nie waarna jy kyk nie ,maar hierdie klipsteen sê wat dit is:IMG_0311_edited-1

2,711 betonblokke,elkeen 2,8 meters lank en 4,7m hoog,is met uiterste presisie 95cm van mekaar,op hierdie area neergelê.Dis veronderstel om ‘n gevoel van uiterste eensaamheid,magteloosheid en wanhoop,uit te beeld.Vir my was dit is ‘n aaklige plek!IMG_0313_edited-1

‘n Mens kan tussen die blokke rondloop en dit verdiep die gevoel van lelik en hopeloos.Ek het hierdie foto sonder kleur geplaas om die atmosfeer vas te vang:IMG_0309_edited-1

Op ‘n vroliker noot…My reisgenote by ‘n skatlike karretjie….enIMG_0314_edited-1

‘n geduldige fietsryer wag op sy volgende passasier..IMG_0290_edited-1

Uit my dagboek deel 3

Volgende stop:Berlyn.Hierdie stad is pragtig en skoon en vol moderne geboue.Dis omdat die hele plek verwoes is tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Ek moes gewoond raak aan die vreemde konsep,om in iemand anders se “apartment”te bly,terwyl die eienaar iewers anders nesskop.Hierdie plekkie was pragtig skoon en netjies.Ons Air-BnB in die oostekant van Berlyn,baie naby aan Checkpoint Charly..dus heerlik sentraal.IMG_0169_edited-1Die reuse swart koffer was nie myne nie!

Ek was net jammer vir my seun en sy vriend,wat bo moes slaap en uitgelewer is aan ons snorkery…dit was soos ‘n paddakoor in die vlei!IMG_0175_edited-1

Die Berlyners het ‘n gunstelingdis…kerriewors.Dis ‘n Bratwurst met ‘n kerriesousie.IMG_0181_edited-1

Die beertjie is Berlyn se gelukbringer en is gebruik in ‘n veldtog om verdraagsaamheid en vreedsame naasbestaan te bevorder.Hierdie is een van die Buddy Bears,lewensgroot veselglasbeelde,wat sedert 2001 ‘n simbool van Berlyn geword het.Hulle staan orals in die stad.IMG_0215_edited-1

‘n Deel van die stadsmuur,wat vir soveel hartseer en ellende gesorg het.Die oostekant is links.Vir my is dit nogal simbolies,dat die neus van ‘n splinternuwe BMW die foto binnery vanaf die oostekant!IMG_0182_edited-1

Stukkies van die stadsmuur is gemonteer teen geboue by Checkpoint Charly.Natuurlik kan die gekke toeris ook stukkies muur koop teen asemrowende pryse! IMG_0193_edited-1

Die stukke muur is beskilder met interessante simboliese prente.Hierdie een wys ‘n vasgekeerde persoon wat smag na die vryheid van voëls..(My eie interpretasie)IMG_0192_edited-1

Hierdie is die oorblyfsel van  die muur,(links met die plaatjie:Deutsche Demokratische Republiek)nog steeds op die oorspronklike plek.Deesdae staan geboue oor die area,maar binne in al die geboue is twee rye bakstene wat aandui waar die muur was.IMG_0195_edited-1

Berlyn se trots…Fernsehturm (TV-toring).Dis tussen 1965 en 1969 deur die Duitse Demokratiese Republiek opgerig en moes dien as simbool van Kommunistiese mag.Maak nie saak waar jy in die stad is nie,jy sien dit heeltyd.IMG_0196_edited-1

Met ‘n hoogte van 368 meter(antenna ingesluit),is dit die hoogste struktuur in Duitsland en tweede hoogste in die Europese Unie.

Uitsig vanuit die toring oor Berlyn,met die Spreerivier.IMG_0213_edited-1

Berlyn vervolg….

Uit my dagboek deel 2

Voort na Jena,in die ou Oos Duitsland.Dis my seun se bly- en werksplek in die week.Dis ook nie ‘n toeristestad nie,maar ‘n plek met ‘n baie interessante geskiedenis.

Jena se geskiedenis begin iewers in 1182 en dit het ‘n klein dorpie gebly tot in die negentiende eeu,toe industrieë ontwikkel het.Tydens die twintigste eeu was Jena die wêreldsentrum van die optika-industrie.Bekende maatskappye soos Carl Zeiss,Schott en Jenoptic is hier geleë.

‘n Straatjie in Jena uit ons hotelvenster,met seunskind se woonstelvenster,skuins oorkant:

IMG_0049_edited-2

Jena is ‘n sentrum vir navorsing en opleiding en huisves die Friedrich Schiller Universiteit asook die Ernst-Abbe-Fachhochschule Jena.Daar is ‘n heerlike atmosfeer van jongmense en saans is die strate vol lewe.

Die teleskoopvormige Jentoring is die hoogste gebou in Jena en die tweede hoogste in oos Duitsland.Ons het die aand hier gaan eet…nie net hoogste in die stad nie,maar hoogste pryse in die stad…LOL!IMG_0136_edited-1

Uitsig oor Jena,vanuit die toring.IMG_0141_edited-1

Later die aand,toe dit donker was…my een reisgenoot met hoogtevrees het hierdie mooi foto geneem!IMG_0159_edited-1

Die volgende dag is reënerig en koud,maar ons doen ‘n daguitstappie na Dresden.Die mense ry vinnig…teen 160kpu voel dit of ons parkering soek!IMG_0059_edited-1Gelukkig bestuur die seuns baie versigtig en die paaie is in tip-top-toestand.Flikkerligte werk hier soos dit moet…as iemand wil oorskuif,gee jy pad.Dit werk uitstekend!

Dresden is ook ‘n pragtige stad,maar dis redelik miserabel en koud. Dit sorg egter vir mooi swart-en-wit foto’s,sonder manipulasie:IMG_0082_edited-1

IMG_0100_edited-1

Ons is redelik verkluim,maar glimlag darem nog…dis juis die dag wat ek nie my warm baadjie saamgevat het nie en besig was om die moeder van alle verkoues te ontwikkel!IMG_0093

Een van die stadspleine vanonder ‘n afdakkie,van ‘n restaurantjie waar ons geëet het.Ek wou binne sit,maar sommige mense(ek noem geen name)wou buite sit,want dis dan so gesellig onder die verwarmertjie bokant ons koppe en die reëndruppeltjies wat so half op ons spat!Dit was die eerste keer wat ek moerig was…heerlik,heerlik!IMG_0121_edited-1

Ek neem toe maar hierdie simpele karretjie af,om my bui te laat sak.As ek nou stout wil wees,dan klink Rundfahrten mos nou vir my soos rondp..p.Dis hoe knorrig ek was!IMG_0124_edited-1

Een van die pragtige muurskilderye..ek weet nie waarvan nie,maar ek kon dit waardeer:IMG_0112_edited-1

Detail:IMG_0116_edited-1

Dit was alles in Dresden.Vergelyk hierdie meer moderne skildery wat ek in Jena afgeneem het:IMG_0057_edited-1

‘n Mooi straat in Dresden:

IMG_0090_edited-1

Uit my dagboek

Deesdae reis mense so rond,dat dit eintlik nie meer besonders is nie.Maar vir die individu is elkeen se eie ervaring uniek.Ek gaan julle dus ‘n rukkie lank verveel met dinge wat julle heel waarskynlik al honderd keer op foto’s gesien het of self beleef het.My blog is egter vir my soos ‘n dagboek en ek doen dit vir myself.

Diegene wat wil saamreis ,is welkom…die res kan maar gaap van verveling en verbygaan.

Eerste stop,vêr van toeristeroetes,is die dorpie Aalen.Dis die blyplek van my seun en dis ‘n rustige stil plek.Ons bly twee dae hier en word aan huis deur Duitsers getrakteer op heerlike wyn en Duitse kos..te heerlik! IMG_0001_edited-1

Ons reis van Aalen,na die pragtige dorpie,Rothenburg ob der Tauber.Dis die beste bewaarde ommuurde dorp in Duitsland.Wat my betref ,was dit een van die hoogtepunte.Gelukkig was ons buite seisoen hier,want duisende toeriste besoek jaarliks hierdie pragtige plek.

Wanneer mens deur die stadspoort gaan,is die verrassing groot,want skielik is mens in ‘n ander eeu,lank terug.IMG_0010_edited-1

Die nou,kobbeltjie straatjies met ou geboue,is ‘n fees vir die oog.IMG_0042_edited-1

IMG_0028_edited-1

Skielik is ons op ‘n pragtige oop plein,met vrolik-geverfde geboue.Ek waag dit selfs om saam met manlief op ‘n foto te verskyn!IMG_0020_edited-1

Een van die hoogtepunte is die Festspiel Der Meistertrunk,wat elke jaar sedert 1881 plaasvind.Die legende lui so:In 1631,na bitter gevegte tydens die Dertigjarige Oorlog,neem die Katolieke Imperiale troepe,onder leiding van Graaf Tilly,die Protestantse dorpie,Rothenburg in.Die dorpsmense het ontsettend weerstand gebied en die woedende graaf het beveel dat die dorp verwoes en geplunder word en dat die stadsvaders gehang moet word.

Intussen is hy die beste Franconian wyn aangebied in ‘n reuse houer van 3.25 liters.Hy belowe toe dat hy die dorp sou spaar as een van die stadsvaders in een sluk so ‘n hele beker wyn kan afsluk.Oud-burgermeester,Nüsch,sluk toe ‘n hele houer binne tien minute af.Graaf Tilly het sy belofte gehou en die stad en sy mense gespaar!

Hierdie kloktoring beeld die toneel van die drinkers uit:IMG_0043_edited-1

‘n Wandeling op die stadsmuur…IMG_0033_edited-1

sorg vir pragtige landelike tonele:IMG_0031_edited-1

‘n Glasie wyn by een van die vele straatrestaurantjies,rond die hele prentjie mooi af!IMG_0039_edited-1

Ek sit nou…

hier op München se lughawe.Dis ‘n hipermoderne,pragtige plek,maar….ek is nou moeg vir mense,toue,waggery orals!Ons het ‘n heerlike tyd gehad en die Europese gasvryheid geniet.

Ek was nogal hartseer om weer my seuns te groet.Hulle was die wonderlikste reisgenote en het gesorg vir al die reëlings,taxis,treine en wat ookal.

Oos,wes,tuis bes….ek het ‘n vlug om te haal.Sien julle later vanaf die suidpunt van Afrika.✈️✈️✈️✈️

Na ‘n hele …

paar omswerwinge met vliegtuie,treine,taxis en motors,is ons tans in ‘n klein dorpie naby Innsbruck,in die Oostenrykse Alpe.Dis pragtig hier,heerlike lenteweer en nog steeds met sneeu op die berge.

IMG_0246IMG_0249

Ons blyplek is op die boonste vloer en die uitsig oor die dorpie en berge, is pragtig!

Vrydagaand is dit terug huis toe,na my liewe deurmekaar land…

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +