Naaldekoker

Hy het pas iets gevang en sit lekker en smul daaraan…IMG_2330

b

Swart-en-wit weergawe…IMG_2326

Hy het elke keer op dieselfde plek kom sit, dus kon ek wag, mik en kliek…IMG_2300

So oulik!

Ek het nou al tweemaal hierdie jongman gesien stap met die klomp hondjies. Vanoggend toe ek hom weer raakloop kon ek nie help om hom te vra of ek ‘n foto mag neem nie. Hy stap driemaal ‘n week met die brakkies. Daar is glo nog drie agter die hek, wat hul beurt afwag. Wat mense nie alles vir hul diere sal doen nie!

9e0da74b-a88c-414d-8112-e84c917b71dc

Drama in Botswana..

Hester se verhaal vervolg https://www.hesterleynel.co.za/2019/04/11/by-n-veraf-grenspos/woordsnoere-logo

Die bebaarde orrelspeler lyk soos ‘n Recce uit die Rhodesiese Bosoorlog…fris, met bultende vesels onder die moue van sy styfspannende kakiehemp. Hy was beslis op sy dag ‘n man van aansien onder sy troepe. Sy deurpriemende kyk spaar nie my bewerige binneste nie en ek begin stotterend protesteer.

“Shut up son, I am judging your character!”, snou hy my toe en staar my  vir ‘n volle tien minute aan. Ek voel naderhand so nietig soos ‘n eensellige amoeba en bedink ‘n plan om my hier uit te wikkel.

Gelukkig word ek verdere sielkundige streepsuiker gespaar, toe die kroegdeure oopbars en drie bekende figure binnestrompel. Die klomp kroegvlieë snak na hul asems by aanskoue van Jackie Chan, Jamie Oliver en Christian Bale. Selfoonkameras flits om hierdie belangrikste van oomblikke in die saai bestaan van die Platjangemeenskap vas te lê en te troetel.

Nadat alle opgewondenheid bedaar het, blyk dit dat die drie se hulp ingeroep is om ‘n waaghalsige plan uit te voer. ‘n Klein gemeenskappie naby Fort Matlaputla, in Botswana, word al weke lank geteister deur geheimsinnige verdwynings van die dorpsmense.

Die Recceknaap het my geweeg en swaar genoeg bevind en ek is nou deel van ‘n plan, om die Tswanas te hulp te snel.

Vroeg die volgende oggend vertrek ons na die grenspos…’n eienaardige groepie..Jackie, die wildewragtag van Hong Kong, al kappende met die sykante van sy hande, met so hier en daar ‘n wawiel ingegooi, Jamie in die voorhoede met sy mesblok vol vlymskerp geslypte messe en Christian, geklee in sy Batmanpakkie, wat orals styf span op die regte plekke. Natuurlik lyk vaal ou ekke heeltemal sonder styl en vorm die agterhoede saam met ‘n hele entourage nuuskierige volgelinge op sleeptou!

By die grenspos, lê die enigste beampte heerlik en slaap met sy kop op die toonbank. Sy lippe tril soos hy snork en soos die groep verbykom, lig hy net vermoeid en met toe oë sy kop op en tjap met ‘n swaar arm elke paspoort wat onder sy stempel verbyskuif. Daarna sak hy weer in ‘n diepe beswyming en snork kwylend lustig voort, sonder om bewus te wees of dit vriend of vyand is wat deur sy grenspos beweeg het!

By Fort Matlaputla aangekom, stel die eienaardige groepie, onder leiding van Recceman, ondersoek in na die uitleg van die omgewing en doen bietjie navraag onder die plaaslike bevolking, om ‘n gevoel van die sinistere bedrywighede te probeer bepaal.

Ek merk op dat daar ‘n taamlike groot rivier naby die gehuggie verby vloei en sit dadelik twee en twee bymekaar. Ek deel my  gedagtes met die groep en ‘n plan van aksie word uitgewerk.

Met sonsondergang, word ‘n bokram aan ‘n stewige paal langs die water, vasgemaak. Die Sjinees gaan lê in die riete, Jamie sit in die ou gehuurde rokende Toyotabakkie, waarmee ons hierheen gekom het en slyp vir oulaas sy messe, terwyl Batman soos ‘n donker gees op die wal van die rivier rondsweef. Ek en die Recce lê gereed met gewere, gemik op die donker waters naby die arme blêrende ram.

Die nag is stikdonker, maar skielik gewaar ons dit…IMG_7620

Hy swem vinnig op die ongelukkige bokram af, maar voor sy kake kan oopgaan vir die doodsklem op die bok…IMG_7630

klap die skote uit twee gewere en Batman gevolg deur Jackie, sak toe op die krokodil. Hulle sleep die dooie dier wal toe en Jamie staan nader met sy geslypte messe.

In die lig van die maan, wat intussen helder verrys het, kerf Jamie die ongelukkige dier se maag oop. Die lem flits soos hy behendig die dik vel deurklief en skielik stort die maaginhoud, stinkend op die modderige rivierwal uit. Verskeie items, soos horlosies, skoene, hoede, T-hemde en selfs ‘n fietsketting en gebuigde fietswiel met ‘n paar speke in, dui op die geheimsinnige verdwynings, wat nou uiteindelik opgeklaar is!

Terug in die gehuggie, heers blydskap en ook hartseer weens die verlies van geliefdes. Batman deel kostuums uit aan ‘n ieder en elk. Jamie skenk potte wat dadelik op oop vure prut met stukke krokodilvleis en pap, vir latere feesvierings die aand. Jackie gee demonstrasies by die plaaslike mark en hardloop soos ‘n kat teen die kraampies se pale uit. Hy kap waatlemoene en pampoene met sy hande oop dat die pitte so spat, natuurlik tot groot vermaak van die jillende toeskouers.

Ek en Recceman sit stil en aanskou net die besigheid…”My character has been judged.”

NS.Die slapende amptenaar by die grenspos het regtig gebeur! Die idee van die krokodil kom uit Alexander McCall Smith se reeks oor The No.1 Ladies’ Detective Agency…Wonderlike verhale uit Botswana op ‘n deernisvolle, pittige manier geskryf.

Onthou om jou bydrae hier te koppel

https://fresh.inlinkz.com/party/1a5ae3bc0794453eba4ed3f7c6e95f1d

 

Tot nadenke…

Uit die pen van Toon van den Heever, ‘n bekende Afrikaanse skrywer en digter, het die volgende gedig verskyn:

In die Hoëveld.

In die Hoëveld waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,

Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,

Waar mens nog vry kan asemhaal en aan ‘n God kan glo,

Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld. En as ek in die gange van die myn hier sit en droom

Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry,

Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,

Sawens as ek bees of skaap toe ry.

 

In die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,

(Die ylblou bring ‘n knop dan in jou keel)

Staan my huisie nog en wag vir my, wag al ‘n jaar of tien,

Waar die bokkies op die lei-grafstene speel.

Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,

Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind

En soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit

Waar ek kleiosse gemaak het as ‘n kind.

 

Dit gaan oor ‘n tydperk waar mense in die goudmyne van die Witwatersrand, moes werk om siel en liggaam bymekaar te hou. Die gevolge was dikwels sterftes as gevolg van ongelukke en siektes soos tering.

Wat ek egter vandag met hierdie gedig probeer sê, is dat die Hoëveld nie meer is soos in daardie tyd nie en ek gaan my eie aangepaste vers maak om te verduidelik:

In die Hoëveld, waar die steenkoolhope lê en die hemel rokerig daarbo,

Waar reuse skopgrawe skraap en skeur oor die veld,

Waar mens in rookwalms stik wanneer jy asemhaal en aan geen God kan glo,

Staan duisende makoekoes (sinkhuise), wat verrys het in die versugting na geld.

En as ek in die slote van die oopgeskeurde aarde sit en droom,

Kom slegs beelde op van winde wat die steenkoolstof wyd rond waai.

 

In die Hoëveld waar dit wyd is en jy kragstasies en mynhope ver kan sien,

(Die vuilblou bring dan ‘n hoes in jou keel)

Staan massas huisies saamgebondel, al die afgelope jaar of tien,

Waar die boerbokke, hoenders en maer beeste tussen die mistroostige sinke wei.

Maar as die korrupsie kwaai word en die myn weens gestroopte bates moet sluit,

Dan sweef ek na die Hoëveld op die rookwalms van Eskom

En soek dan in my drome al die mooiste plekkies uit

Van ‘n Hoëveld wat was voor Guptas en elke ANC kornuit!

 

Skuus julle, baie negatiewe blog, maar gaan ry daar en sien vir julself.

(Blog geïnspireer  deur ‘n gesprek met medeblogger Tina)

Rof, rowwer, rofste..

Hierdie kleinseun van my is alewig vol blou kolle, knoppe op die kop en stukkende plekke op sy bene en lyf…

_MG_5285

Eergister het hy by die skooltjie sy kop deur ‘n opening in die klimraam gedruk en toe vasgesit. Die juffrouens het gespook om hom los te kry en een was naderhand in trane. Gelukkig was sy ma ook daar, want dit het gebeur toe sy vir ‘n oomblik haar rug gedraai het om die ander boetie by sy klassie te gaan haal.

Sy het kop gehou en nadat hulle alles probeer het, besluit sy om sy lyfie deur die opening te druk…dit werk toe mooi! Gelukkig het hy net ‘n stukkende plekkie aan sy oor gehad, van al die gewoel.

Tuis klim hy op sy plastiekstoeltjie, dit gly onder hom uit en natuurlik weer ‘n knop op sy kop! Later laat sy hom by haar sit op die kombuiskas, terwyl sy kos maak….om hom onder vier oë te kan hou. Toe sy haar rug draai, het hy ‘n skerp mes uit die houtblok getrek en sê ewe vir haar, dis baie gevaarlik!

As hy hier kuier, hardloop ek soos ‘n malmens agter hom aan. Hy het geen konsep van gevaar nie en vang die snaaksste goed aan.

Die foto’s is al ‘n rukkie gelede geneem en hy is al bietjie ouer…

IMG_0092

Hy is ‘n dierbare skatjie, maar o genade, gee my krag!

Jakkie Jan,die wildewragtag van Agterpan.

Woordsnoere 3.woordsnoere-logo

Jakkie Jan versinnebeeld die hedendaagse soeke na onmiddellike roem en aansien via internet. So besluit hy om sy eie video op JouTjoep te plaas, om sy selfgewaande gawes met sensasiesoekende kykers, daarbuite te deel.

Na versigtige beplanning, dink hy sekerlik die eentonigste stukkie gemors uit, waarmee hy die JouTjoep-wêreld wil tref. Die roete wat hy wil volg, is dié van ‘n reeds vervelige, afgesaagde skop-skiet-en-donnerstyl, wat die beroemde Jacky Chan na sy asem sal laat snak.

Die toneel begin waar hy in ‘n donker, rookgevulde kroeg met ‘n skuimende shandy in die hand, jeremieer met wie ookal wil luister. Soos ‘n ware causeur klets hy luiddrugtig en sonder ophou bo die lawaai uit.

Jakkie Jan se gesanik werk naderhand erg op die nerwe van ‘n ongure karakter, wat sy eskapades vanuit ‘n hoek gadeslaan. Bultende bisepse laat die vesels van die oliebol se t-hempsmoue styfspan. Op sy regterarm is ‘n tatoe van ‘n wulpse meermin langs ‘n skip wat sink. Op die linkerarm is ‘n meer besadigde hartjie met ‘n pyl deur en die inskripsie, “Moekie”.

Die spiertier raak al hoe meer geïrriteerd met Jakkie Jan en knak sy kneukels een vir een kliphard. Met ‘n harige dik voorarm veeg hy berekenend ‘n taai blerts bierskuim van sy olierige druipsnor af en staan stadig op. Hy is besig om die aas uit te gooi, waarmee hy hierdie vervelige sonbesie op sy plek wil sit en hom wys hoe nietig hy is.

Jakkie Jan is teen hierdie tyd goed bedwelmd met wingerdgriep, maar is steeds luiddrugtig aan’t skerts met ‘n skamel geklede kelnerinnetjie in ‘n hasiekostuum. Die  spiertier is nou eers ergerlik en troetel heimlik sy plan van aksie.

Teen die muur bokant die kroegtoonbank, pryk die opgestopte kop van ‘n springbokram. Die horings is vlymskerp en die glasige oë staar sonder vrees na die toneel wat hom hier afspeel.

Met een sprong gryp die oliebolspiertier ‘n steeds kwetterende Jakkie Jan en hang hom onderstebo op aan die springbokhorings. Met die plathand, gee hy hom ‘n paar hale streepsuiker op sy maer boudjies. Almal in die kroeg is verstom en toe bars daar ‘n gejuig los.

Jakkie Jan het nooit die video op JouTjoep gepos nie…wonder hoekom nie?

Onthou om jou pos in te skakel by

https://fresh.inlinkz.com/p/0ad6b9588b9649c38b03c4859734bed9

Wandeling in ‘n tropiese woud.

Hierdie foto’s is almal geneem by Verlorenkloof naby Lydenburg. Dis ‘n verstommende skat wat daar teen die platorand versteek lê. Geen verdere woorde is nodig nie…IMG_2065

IMG_2072

Oorblyfsels van ‘n eeue oue vesting is hier sigbaar… IMG_2090

Nog gepakte stene in die ou vesting…IMG_2093

IMG_2101

IMG_2102

IMG_2098

IMG_2085

IMG_2107

IMG_2109

IMG_2110IMG_2141

IMG_2143

IMG_2168

Die martelsessie..

het aangebreek. Ek ruik eers die tandarts se blou latexhandskoene voordat ek sien hoe hy die eerste martelinstrument in my tandvleise indruk. Die man ken sy storie en dis net die galbitterheid op my smaakpapille wat my laat besef, dat hy my klaar ingespuit het.

Daarna begin die gewerskaf aan my gebit, in alle erns. Maak effens oop mevrou…

_MG_5444

Nie te groot nie. Koppie bietjie na links, nou weer effens regs. Die man rol heen en weer op sy stoel, loer dié kant in, dan weer daardie kant, posisioneer die boor en laat waai. Dit spuit water, dit suig, dit hamer, kap en boor. Op ‘n stadium is my arme tong halfpad in die suigbuis oppad na Benoni se rioolwerke, voordat die assistent ewe verleë my pienk leklappie loslaat.

Nou heel groot asseblief mevrou…_MG_5445

Ons moet toutjies om die twee tandestompies draai…dit gaan help met die vorming van ‘n tydelike kroon. My lip word so vêr oopgetrek dat my regterneusgat op my regteroor lê en asemhaal…njannies ek het dit gehoor!

Na byna ‘n uur-en -half van oop, toe, wind- en waterspuitery in die gate, pienk goed waarin ek moes byt, vir oulaas nog eenkeer groot oopmaak…_MG_5447

is die marteling uiteindelik verby.

My lippe lyk nou soos Angelina Jolie s’n…net sonder die “plump”…vanweë ‘n gebrek aan elastisiteit. Hopelik is hulle na ‘n nag se slaap teruggekrimp na normale dun slap lippies!

 

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +