Jakkie Jan,die wildewragtag van Agterpan.

Woordsnoere 3.woordsnoere-logo

Jakkie Jan versinnebeeld die hedendaagse soeke na onmiddellike roem en aansien via internet. So besluit hy om sy eie video op JouTjoep te plaas, om sy selfgewaande gawes met sensasiesoekende kykers, daarbuite te deel.

Na versigtige beplanning, dink hy sekerlik die eentonigste stukkie gemors uit, waarmee hy die JouTjoep-wêreld wil tref. Die roete wat hy wil volg, is dié van ‘n reeds vervelige, afgesaagde skop-skiet-en-donnerstyl, wat die beroemde Jacky Chan na sy asem sal laat snak.

Die toneel begin waar hy in ‘n donker, rookgevulde kroeg met ‘n skuimende shandy in die hand, jeremieer met wie ookal wil luister. Soos ‘n ware causeur klets hy luiddrugtig en sonder ophou bo die lawaai uit.

Jakkie Jan se gesanik werk naderhand erg op die nerwe van ‘n ongure karakter, wat sy eskapades vanuit ‘n hoek gadeslaan. Bultende bisepse laat die vesels van die oliebol se t-hempsmoue styfspan. Op sy regterarm is ‘n tatoe van ‘n wulpse meermin langs ‘n skip wat sink. Op die linkerarm is ‘n meer besadigde hartjie met ‘n pyl deur en die inskripsie, “Moekie”.

Die spiertier raak al hoe meer geïrriteerd met Jakkie Jan en knak sy kneukels een vir een kliphard. Met ‘n harige dik voorarm veeg hy berekenend ‘n taai blerts bierskuim van sy olierige druipsnor af en staan stadig op. Hy is besig om die aas uit te gooi, waarmee hy hierdie vervelige sonbesie op sy plek wil sit en hom wys hoe nietig hy is.

Jakkie Jan is teen hierdie tyd goed bedwelmd met wingerdgriep, maar is steeds luiddrugtig aan’t skerts met ‘n skamel geklede kelnerinnetjie in ‘n hasiekostuum. Die  spiertier is nou eers ergerlik en troetel heimlik sy plan van aksie.

Teen die muur bokant die kroegtoonbank, pryk die opgestopte kop van ‘n springbokram. Die horings is vlymskerp en die glasige oë staar sonder vrees na die toneel wat hom hier afspeel.

Met een sprong gryp die oliebolspiertier ‘n steeds kwetterende Jakkie Jan en hang hom onderstebo op aan die springbokhorings. Met die plathand, gee hy hom ‘n paar hale streepsuiker op sy maer boudjies. Almal in die kroeg is verstom en toe bars daar ‘n gejuig los.

Jakkie Jan het nooit die video op JouTjoep gepos nie…wonder hoekom nie?

Onthou om jou pos in te skakel by

https://fresh.inlinkz.com/p/0ad6b9588b9649c38b03c4859734bed9

31 Replies to “Jakkie Jan,die wildewragtag van Agterpan.”

    1. Jy sal nou nie glo hoe ek hierdie een geniet het nie. TV was vanaand so vervelig en ek het lekker onder ‘n kombers opgekrul en hieraan gewerk. Ek het darem al die leeswerk oor die karakters ook gedoen. Dis baie interessante mense. Toe skep ek my eie Afrikaanse Jakkie Jan.

      Like

  1. Applous! Applous! 👏👏 Dis nou so ‘n lekker duimsuigstorie wat ‘n mens laat giggel vir ‘n lang tyd. Jy het ‘n ryke verbeelding. En Vuurvliegie hoef nie bang te wees dat ons haar sal versaak nie – ek is die afgelope maand al so ‘n week agterstallig met alles wat ek doen. Dit gaan nog gebeur.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +