Skok!

Perdeby is baie ontsteld!

My jongste dogter woon in Nelspruit en het Donderdag ‘n prosedure aan albei haar knieë laat doen.Alles het goed verloop en net klein gaatjies is gemaak,waardeur die kraakbeen wat geskeur het reggemaak is.Nadat sy ‘n nag oorgeslaap het,is sy huis toe en my ander dogter karwei haar rond en slaap by haar.

Vanoggend voor sonop,lui ons foon en dis my oudste dogter wat ons meedeel van laasnag se drama.Ek voel nou sommer self siek en geskok!Jongste het nog lekker lê en slaap toe sy skielik wakker word van ‘n vreeslike brandpyn in haar nek en nóg een op haar rug.Sy het gillend opgespring en ander sus was gou by om te hoor wat aangaan.In die bed was ‘n yslike skerpioen!

Gelukkig het altwee kopgehou en die angelgedierte doodgemaak en in ‘n bottel gegooi,waarna hulle hospitaal toe gejaag het.Sy is nou opgeneem vir waarneming,want daar heers kommer oor die gif se uitwerking op haar knieë.

Perreby is sooo gestres……

De Hoop..

vir Dries en almal wat belangstel.

Hierdie pragtige reservaat is drie ure se ry vanaf Kaapstad en is in die Overbergdistrik,naby Kaap Agulhas.Dit beslaan 340 vk kilometer en val onder CapeNature.Tans is privaatmense uitgekontrakteer om dit vir CapeNature te bestuur en daardie smakie van private betrokkenheid,gee dit ‘n goeie hupstootjie.

_MG_8050
Uitsig oor die vlei met seeduine op die horison.Links is die hoofgebou en oorkant die vlei is die Melkkamer plaashuis wat tien mense kan huisves.

Dis ‘n wêrelderfenisgebied en is ook begrens deur ‘n seebewaringsgebied van drie seemyle kuslangs.Lentetyd kom Suidkaper walvisse (Southern right whales)hierheen en dis ‘n gesig om te aanskou vanaf ‘n hoogte langs die strand.Daar is ook 250 visspesies.

IMG_9693
Van hieraf kan mens stap na die uitkykpunt oor die baai.
IMG_9701
Uitsig oor die baai.By daardie geboutjie is ‘n piekniekplek en kleedkamers.Die donker kol in die baai,is ‘n walvis.Ek kon ongelukkig geen goeie foto’s kry nie.Dit was te vêr!
IMG_9820
Seekastaiing met leë skulpe vasgevang in sy stekels.Ons het ‘n wonderlike gids gehad,wat ons van die seelewe op die rotse vertel het.

Daar is 86 soogdierspesies, waaronder die hoogs bedreigde bontebok,Kaapse bergzebra,eland en grysribbok.Hoewel skaars,is daar ook luiperds.

IMG_0009
Die hoogsbedreigde bontebok kan maklik verwar word met ‘n blesbok.Die kleur is ryker as die van ‘n blesbok.Die bles op die voorkop strek deur tot op die wit van die neus.By ‘n blesbok is daar duidelike skeiding tussen die bles en die gesig se wit.
IMG_0005
Die eland is die grootste lewende boksoort.’n Bul soos hierdie kan maklik 900 kilogram weeg!
IMG_9636
Daar is wandelroetes en ons het te voet op hierdie eland afgekom.

Die voëlbevolking tel 260 spesies en dis ook die streek se enigste oorblywende broeiplek van die skaars Kransaasvoël (Cape vulture).

IMG_9856
Swarttobies was ook bedreig,maar doen deesdae goed.(African Black Oystercatcher)

Die oostelike gedeelte word nog soms gebruik deur Denel Overberg Test Range om missiele te toets.Dis die berugte area waar mense in die vorige bedeling net versoek is om hul goed te vat en te trek…Skipskop..almal onthou die weemoed van daardie liedjie van David Kramer:”pak op,pak op,sit jou goedjies op jou kop,more gaan ons weg,ver van hier,weg Skipskop,Skipskop”….Een van die droewige skandes van menseregteskending en dit alles vir gulsige wapenvervaardigers!

Die plantegroei is deel van die wêreld se kleinste en mees bedreigde plantkoninkryk,bekend as Cape Floral Kingdom.Daar is groot areas fynbos en dis ‘n lushof wanneer die blomseisoen aanbreek.

_MG_8045
Hierdie pragtige melkhoutboom is baie jare oud.Hulle staar ongelukkig ook uitwissing in die gesig,vanweë habitatvernietiging.
IMG_9696
Van die pragtige blomme wat op De Hoop groei.

IMG_9690

_MG_8042_edited-1

IMG_9661
Bergkambroo.

Kan iemand asseblief help met die name van die veldblomme?Dis ‘n afdeling waarvan ek nog nie baie weet nie.

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +