My swakheid

Ek is mal oor kafees en koffiewinkels.Daar is deesdae soveel interessante plekkies,dat mens kan kies en keur.Elkeen het ‘n eiesoortige karakter.Soms is dit ‘n karakter met die regte gevoel en ander kere skort iets in die atmosfeer en dan maak ek nie sommer weer ‘n draai daar nie.

Swakopmund wemel van eetplekke en daar is ‘n paar gunstelinge waar ek gereeld uithang.Sekerlik een van die gewildste plekkies is Village Cafe.Dis baie onindrukwekkend van buite af en mens sien dit nie sommer raak nie.Wanneer jy instap,lyk dit maar rowwerig,maar elke personeellid waarby jy verby stap,groet jou in vriendelike Afrikaans.Die kafee is in ‘n ou gebou en mens stap deur na agter,waar daar ‘n soort vierkant is met tafels en stoele,onder sambrele en met vrolike versierings,afhangende van die seisoen.

Daar is ook ‘n gedeelte waar mens in ‘n horingou teater by tafeltjies kan sit.Die verhogie is piepklein en het nog steeds ‘n ou bloedrooi koordferweel gordyn.Let wel,alles lyk baie oud,is baie oud en dis nie deftig oud nie,maar ‘n ontspanne dorpskafee oud.Eintlik weet ek nie hoe om dit te stel nie,maar dis beslis nie vir snobs nie.

Wat verrassend is van die plek,is die humorsin op die spyskaarte,die opdis van die kos in ou blikborde,die massiewe sny Ma se Brood wat saam met sommige disse kom,ag en sommer die kostelike skryfgoed oral teen die mure en op die vloer.

Die hoogtepunt is die ou verroeste Kombi in die een hoek.Mens kan heerlik binne sit en ook daar jou ete geniet,as jy romanties genoeg voel.Natuurlik is daar ‘n kennisgewing op die venster,met reĆ«ls ter stigtelikheid!

Dis sommer ‘n lekker loslit plek waar mens jou brakkies en katte ook heen kan neem.Ek het al iemand met ‘n papegaai op ‘n goed bemesde skouer,ook daar gesien.Dus welkom aan alle troeteldierasies van watter aard ookal,solank hulle net in toom gehou word.Selfs vir die gepelsde vriende is daar ‘n spyskaart.

20150112_110738
Die ou kombi van buite af.Dit het darem nog wiele en effe deurgeritste,muwwe sitplekke met karakter.
20150112_110803
Binne in die liefdesnessie.
20150112_110931
Op die venster is streng voorskrifte geplak!
20150112_101141
Die diere se spyskaart…kostelike woordspeling.

Hierdie is alles selfoonfoto’s,dus nie baie goeie kwaliteit nie.

Hasie se verjaarsdag

Is dit jou verjaarsdag,Hasie?

Hier is ‘n present van my:

die hele akker vol spinasie

kan jy alles net so kry.

(F.du Plessis-uit D.J.Opperman se Nuwe Kleuterverseboek)

Gewoonlik is daar duisende foto’s van die Groot Vyf en ander juweeltjies word misgekyk.Een so ‘n klein sterretjie is die Kolhaas.(Lepus saxatilis)

Hierdie diertjies kom wyd verspreid in Suider-Afrika voor.Totale lengte is 45-65cm;stert7-17cm;massa 1,5-4,5kg.Die kolhaas kom in boswereld en ruigtes voor waar daar gras is.Hulle is naglewend en is oorwegend grasvreters en eet ook soms plante.

Kolhase (maar nie almal nie)het ‘n wit kol op die voorkop,vandaar die naam.Gewoonlik le hulle in ‘n holte en maak staat op kamoeflering wanneer gevaar dreig.As hulle vlug,hardloop hulle sigsaggewys,baie vinnig.Dit maak dit moeilik om gevang te word.

IMG_6144
Hierdie hasie was doodverskrik,want net agter die bos was ‘n luiperd.

Hierdie blog is spesiaal vir Just Fletcher omdat sy so lief is vir hasies.

Wie dink….

nog steeds dat wildehonde nare diere is?

Hierdie kleurvolle,hoogs bedreigde diere tel onder my gunstelinge.Die spoed en vernuf waarmee hulle jag en hul prooi vang,is asemsnakkend.Die mooiste is egter hulle ongelooflike emosionele samesyn en sorgsaamheid teenoor mekaar.Die groepie wat ek hier afgeneem het,was skoon uitbundig toe die res van die trop by hulle aansluit.Dit was ‘n gelek en geluidjies maak,koppe teenmekaar skuur,’n gesnuffel aan mekaar en sommer totale uitbundige blydskap.

IMG_7798
Blye weersiens!
IMG_7802
Mens sou sweer hulle het mekaar dae laas gesien!
IMG_7806
Uitbundige spelery en jaery.
IMG_7808
Die liefde vir mekaar en samesyn van hierdie diere is verstommend.
IMG_7828
Speel-speel en glimlag oopbek!
IMG_7836
Hulle pragtige pelse het gesorg vir die bynaam “painted dogs”.

Spesiaal vir Net Ek

Ek het belowe om vir jou hierdie ene te plaas.Dit is die ware Jakob van pure lekkerkry!

IMG_7938
Sy oog dop sommer om,van lekkerkry!Buurman se bosluisbesmette stertkant sit hom nie af nie.
IMG_6041a
‘n Selfie van my,toe ek in ‘n goeie bui was.

Simbiose is…

‘n mooi woord om die saamleef tot mekaar se voordeel,te beskryf.’n Mens sien dit daagliks in die diere- en planteryk.Dink byvoorbeeld aan al die verskillende insekte wat plante bestuif,maar self voordeel daaruit put,byvoorbeeld bye wat nektar uitsuig.Daar is honderde voorbeelde,waarvan ons nie eers altyd bewus is nie.

Ek plaas ‘n paar foto’s van interessante simbiose in die diereryk.

IMG_7706
Bloureier staan heerlik op ‘n rots vanwaar hy die visse goed kan bespied.
IMG_7714
Die rots beweeg skielik en kry twee oortjies en neusgate by!
IMG_7708
Meneer reier parkeer homself ure op sy seekoeiboot,terwyl oom seekoei rustig is oor die sekuriteitswag op sy rug.
IMG_7942
Rooibek renostervoƫltjie ry lekker tussen buffelhorings,want hy weet hy gaan netnou heerlike bosluise van daardie growwe jas afkam.
IMG_7932
Salig slapend met sy neus amper binne-in sy buurman se watsenaam,terwyl renostervoƫltjie sy oorgate skoon pik.

Uiteindelik…

na weke se gesukkel,is ons nou weer “behoorlik” op die lug.Die gesteelde koperkabels is vervang,die modum wat deur die bliksemstrale geblixem is,is vervang.Al die ander kontrepsies wat seine moet opvang ,is herstel en die perdebynes kan hopelik weer virtueel begin funksioneer.

Ek moet erken,ek het baie gedoen gekry en besef dis die rondswerwery in die lug,wat my altyd so gestonk het,om by ander belangrike dinge uit te kom.Onder hierdie belangrike dinge tel klaviernote,wat weer musiek begin maak het,die stapels boeke wat al lƔƔnk op my bedkassie lĆŖ en smag om gelees te word,is verslind en natuurlik allerhande ander daaglikse verpligtinge,wat gewoonlik tot op die laaste minuut uitgestel is,is al vroeg-vroeg afgehandel.

Eintlik is die virtuele ruimte op sigself ‘n blixempie!

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĆŖreld, vir die wĆŖreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĆŖ:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +