Ag nee!

Vanoggend ‘n heerlike uitstappie saam met ‘n vriendin gehad, ry huis toe, voel my ringvinger is kaal en ja sowaar my ring is weg! Ai ek was omtrent omgekrap. Soek die motor deur, krap my handsak uit, dop al my jas- en broeksakke uit…wegggg! Jaag terug na die koffiewinkel waar ons gekuier het en verduidelik vir die karwag my dilemma. Hy kyk sorgvuldig daar rond en hoera, sy skerp jong oë sien iets…

image

My pragtige ring…flenters getrap deur ‘n motor! Gelukkig het ek darem die diamant en die goud terug, maar ai, ek is skoon hartseer.

Goeie nuus!

Chuckles is oppad huis toe! By die veearts het hulle hom pragtig gebad, strikkies om sy nek gebind en die knapie glimlag al die pad. Hy gaan netnou sy maatjie sien. Wat ‘n aaklige week, wat toe goed uitgedraai het. Ons straatbrakkie is ‘n taai outjie!

35c6f8da-fc6e-48d6-b1d2-6924e6bfdf6f

Honde is…

uiters sensitiewe diere. Uit ons aaklige ondervinding die pas afgelope week, het daar weer dinge na vore gekom om dit te bewys. Chuckles (wit Hiëna) se maatjie, Honey, is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Sy is gered uit ‘n “puppy mill” toe sy gelukkig nog baie klein was. Vir inligting oor hierdie vieslike praktyk, volg hierdie skakel:

https://www.google.com/url?sa=t&source=web&cd=17&ved=2ahUKEwjWvJjdjLrcAhWsIsAKHdveArYQFjAQegQIBBAB&url=https%3A%2F%2Fnorthglennews.co.za%2F83517%2Fpuppy-mills-the-hidden-horror%2F&usg=AOvVaw0tXzZmWedXcWiFCLlrcpSh

Vandat haar maatjie weg is, het sy in ‘n diepe depressie verval. Sy blaf niks nie, wil nie buitentoe gaan om ‘n draai te loop nie en lê net heeldag op die bank en staar na buite, asof sy verwag om ou wittetjie daar te sien op en af hardloop.

739f34ec-8eb0-424b-ab3c-4ea8b9315e28

Gelukkig kom hy môre huis toe, maar hy sal baie stil gehou moet word. Haar teenwoordigheid sal hom seker ook beter laat herstel. Ons weet net nie wat die trauma aan sy persoonlikheid gaan doen nie….soos ek gesê het, honde is baie sensitief.

Liewe ou wit Hiëna…

Jy het dit nie verdien nie! Jy is al deur soveel in jou kort lewetjie. Eers het iemand jou oor jou kop geslaan en jou weggegooi. Jou oor is flenters geskeur en jy het dae lank op straat gesit voordat die DBV jou gered het. Daar kry jy toe ‘n goeie huis, met mense wat jou liefhet en bederf soos ‘n kind.Jy is so ‘n liefderike dier, met so min lelik in jou, na alles wat vieslike mense aan jou gedoen het.

Vanmiddag loop jy in jou mense se voortuin. ‘n Geheimsinnige happie vleis vol Aldicarb(dodelike gif) laat jou neerslaan met stuiptrekkings en skuim om jou bek.’n Jaagtog veearts toe, maag uitpomp, drip…jou kanse is glo skraal. My liefste hond, my kinders se kind…wat kan ek sê oor hierdie vieslike mense wat ons land so gevange hou in die kloue van boewe?

Ek huil vir jou en al die ander honderde honde wat daagliks vergiftig word deur hierdie monsters in ons samelewing.Ek het nie meer woorde nie…..

719

Wat gaan hier aan?

Soms is ‘n mens gelukkig om op ‘n vreemde toneel in die natuur af te kom. Die foto’s wat ek hier plaas is nie mooi sigbaar nie, maar alles het so blitsig gebeur, dat daar nie tyd was om behoorlik te mik nie. Die eindproduk is vreemd en onduidelik, maar dit was ‘n oomblik in tyd, wat ek nooit sal vergeet nie…

IMG_2952IMG_2951 Wie kan raai wat hier gebeur?

Uit my argief

Ek plaas vandag ‘n paar gunsteling foto’s uit my argief. Sommige van julle het dit dalk al gesien, maar dis vir my nuwer lesers

_MG_5811_MG_3876_edited-1_MG_5290_edited-1_MG_5300_edited-1img_8948_edited-2img_8970_edited-1img_1589img_0275img_0314img_9674img_8351_aedited-1img_8253_edited-2img_8223_edited-1img_8207_edited-1img_8154_edited-1img_8150_edited-1

img_8356_edited-1IMG_1368_edited-1

cropped-cropped-img_1388.jpgcropped-img_7252.jpg

 

 

 

Alweer!

Vanoggend voor sonop word ek wreed uit die slaap geruk deur ‘n helse ontploffing! Daarna klap die skote. Vir meer as vyf minute lank was daar die geknetter van outomatiese geweervuur. Dit was soos ‘n oorlog!

Later op die nuus…weereens ‘n skaking van ‘n geldwa. Iemand lê dood langs die pad, ‘n vrou in ‘n taxi is raakgeskiet en die bestuurder van die wa se medewerker is ook geskiet! Alles is nog nie helder nie, want dit het ‘n uur gelede gebeur.

Dis nou die tweede keer in twee maande wat dit hier by my voordeur gebeur. Julle dit raak erg, erg, erg!!

‘n Klein dorinkie wat my pla.

Ek is nie ‘n taalpuris nie, maar dit steek my tog dwars in die krop as mense aanhoudend en ooglopend dieselfde taalfout begaan. Die klein vossie wat regtig hard byt en wat ek orals opmerk, is die weglaat van die woordjie “met”.

As voorbeeld: “Kom saam my”, i.p.v. “Kom saam MET my”.

Ek weet nie waar dit begin het nie, maar ek sien dat veral jongmense dit so gebruik. Miskien is ek net outyds, maar dit irriteer my verskriklik.

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +