Arme spinnekoppie is verlam deur die steek van ‘n perdeby.Tans word sy binnenshuis versorg deur Perdebytjie.Elke dag word haar lam beentjies versigtig heen en weer gewikkel,sodat hulle nie styf word nie.Sy kry ook ‘n druppeltjie water in haar mond met ‘n druppertjie.Hopelik sal die gif oor ‘n paar weke uit haar sisteem wees,of genadedood sal dalk die beste wees.
Ek het ‘n rukkie gelede gelees van ‘n bobejaanspinnekop wat dieselfde oorgekom het en toe so behandel is totdat sy herstel het.
Hierdie is ‘n Reënspinnekop (Palystes superciliosus) en sy lê my handpalm vol…voorwaar ‘n pragtige skepseltjie!
‘n Spinnekopwesp geklassifiseer as Pompilidae,jag spinnekoppe,verlam dit en sleep die ongelukkige spinnekop na sy nes,waar hy ‘n eier op die spinnekop se abdomen lê en die nes verseël.Die larwe wat later uitbroei voed dan op die steeds lewendige verlamde agtpotige,totdat hy alles verorber het.Daarna spin dit ‘n kokon en verskyn later as volwasse perdeby.
In hierdie geval het die wesp ‘n vroeë dood gesterf,nadat hy my tuinier verwoed aangeval het en dié hom die ewigheid in geklap het.Ongelukkig het hy toe alreeds die spinnekop verlam.
Die natuur is baie wreed!
Like this:
Like Loading...