Na ‘n lang vermoeiende rit oor klippe en deur sand,kamp ons op ‘n hoë plato met ‘n pragtige uitsig sover as wat die oog kan sien!Die sonsondergang is besonders en selfs die maan lê soos ‘n lemoenskyfie in die Weste.
Die nag is bitter koud en die volgende oggend word ons wakker met misvingers wat om ons eina- tentjie krul!
Teen die tyd dat ons klaar ontbyt gehad en opgepak het,het die warm son die mis opgeslurp en vat ons die pad oor die bar vlakte.In die verte dans geheimsinnige,ruwe gebergtes in die lugspieëling.
Nie lank daarna nie,kom ons af op dié Welwitchia,’n oer woestynplant wat eie aan die Namib is.Hierdie fassinerende plante het net twee blare,wat ontsettend stadig groei en dan skeur en toiingrig lyk.Van die plante word horingoud en dié een is waarskynlik oor ‘n duisend jaar!Wat ‘n voorreg om langs so ‘n ou aardbewoner te sit!
‘n Groot verrassing wag toe ons hierdie vars spore in die pad sien.Doer vêr hol hy, ja niemand anders as die sku Swartrenoster van die Namib nie!Hy was te vinnig vir my,maar sy spore is vasgevang deur my lens.
Later ry ons in sanderige rivierbeddings en ontmoet nog van die pragtige inwoners van die omgewing..Gemsbokke!
en Springbokke..
‘n Welkome blaaskansie in die rivierbedding,in die skadu van ruwe kranse.
Beton-en klipstruktuur om die olifante weg te hou van die watertenk.In die Hoanibrivier.Ons maak hier ons waterkanne vol,want die woestyn is ongenaakbaar droog.
Ingang na die tenk..dit is te nou vir ‘n olifant om deur te gaan,dus is die waterbron gewaarborg!
Water,water!Wonderlike lafenis..drie dae laas gebad,net gewas in een liter water per dag!
Ai, dis pragtige foto’s! Dit bly ‘n magiese wêreld daardie…
LikeLike
Tannie frann,in julle omswerwinge was jy seker ook al daar?Dit was een van die ongelooflikste ervarings wat ek ooit beleef het.
LikeLike
Nou nie in daardie selfde omgewing nie, maar ja, ek was bevoorreg genoeg om ook Suidwes te kon belewe. Daardie land gryp ‘n mens aan die hart.
LikeLike
Sjoe is jy altyd met vakansie of is dit jou werk? soos altyd gryp jou fotos my aan. Pragtig.
LikeLike
ek toer so met jou pragtige foto’s deur Namibië. weet nie of ek kans sien vir daar die bar uitgestrekte landskappe nie
LikeLike
Maar ek hoor so baie Afrikaners wat uitskreeu dat OZ en NZ is glo mooier en beter as SA…dis tragies…
LikeLike
Pragtige land, Duitswes…
LikeLike
Jou reis is vir my ‘n leer-ervaring, Bytjie!Lieflik, stunning!!
LikeLike
Ek kannie wag vir die winter nie.
LikeLike
Waar gaan julle orals?Ag, jy het mos al gese dat jy ry waar die pad jou vat.Oppas net,mens misreken jou met die afstande en onherbergsaamheid.Jy moet ‘n effense plan he..en onthou om nooit sonder water te ry nie!
LikeLike
Dankie dat jy saamry,Lou!
LikeLike
Thomas,daardie benaming gee jou ouderdom weg..hehe!
LikeLike
Waar val jy uit?Hierdie is Namibie.Jy wil altyd alles verpolitiseer.
LikeLike
Dis nie in almal se smaak nie en dis harde werk,want die afstande is groot en dis bitterlik eensaam.Op die hele toer het ons net twee ander voertuie gesien!
LikeLike
Jy kan maar se dis my studieveld.Manlief doen fotografie en ek swot die natuur op.
LikeLike
🙂
LikeLike
Jy reis, skryw en wys al te heerlik! Wens ek kon saam! Geniet verder!
LikeLike
Dis mos nou die (lekker) lewe! Jy is bevoorreg!
LikeLike
Ek besef dit!Ek is op my gelukkigste doer ver,waar nie baie mense kom nie en met die natuur teen my vel!
LikeLike
Wir lieben, wir lieben, wir lieben Sudwest! (deelteken)Nice foties!
LikeLike
Ja-ja!
LikeLike
🙂
LikeLike
Mooi wereld en mooi fotos, ek geniet jou reis
LikeLike
Ag, hoe lekker reis ek saam!
LikeLike
Wonderlike belewenis.
LikeLike
Neander,die olifante is ‘n goeie voorbeeld van evolusie.Selfs hul pote het aangepas om makliker in die sand te beweeg.
LikeLike
Dankie dat jy saamreis.
LikeLike
Dankie Erika.
LikeLike
Dankie!
LikeLike