Woestynvlei

Hierdie wonderwêreld van sand en water staan bekend as Sossusvlei en is seker een van die mees gesogte toeristebestemmings in Namibië.Om ‘n begrip te vorm van wat daar aangaan, skep lugfoto’s die heel beste prentjie.

Die Tsauchabrivier is die voedingsbron van hierdie vlei en in nat jare,sorg dit vir water in die andersins dorre vlei.Die hele vleikom bestaan uit twee groot areas wat soms water kry.Dan is daar ‘n derde geslote “meer” genaamd die Dooievlei.Rooi sandduine versper al vir jare lank die water om hier in te loop.Die gevolg is ‘n dooie wit aarde met klei neerslae en pikswart geraamtes van  bome,wat donkiejare terug hier gegroei het.Dis ‘n heel spookagtige plek,veral as ‘n mens skemeraand alleen daar ronddwaal! 

Die meeste mense besoek die vlei vroegoggend en omdat ‘n mens saans met sononder uit die park moet wees,is dit die beste om te bly in die Sossusvlei Dune Lodge,wat binne- in die reservaat is.Dan mag jy na sononder nog daar rondhang.Dis presies wat ons gedoen het en dit was ‘n magiese ervaring..net ons,die spokerige boomarms wat reik na ‘n hemelgewelf vol kristalle en die stilte wat mens se ore laat suis!

Uitsig oor die Dooievlei,(middel)afgeskort deur rooi duinsand.Agter is ‘n gedeelte van die vlei wat soms water kry.

Die Dooievlei met die watervlei reg langsaan en linksvoor.Dis nou van die anderkant af.

Die rivierloop is sigbaar in die middel links.

Water is duidelik sigbaar.Dooievlei is nou regs agter en ander waterdeel is reg langs Dooievlei.

Die voorste rooi duin is ‘n gewilde klimplek.

Die Kameeldoringbome daar naby,sorg vir heerlike skadu en piekniekplekke.

Dooievlei nou links bo .

Horingou modderneerslae,sorg vir ‘n pragtige sandskildery!

Grypende boomhande laatmiddag in die Dooievlei.

27 Replies to “Woestynvlei”

  1. Jy’s bevoorreg. Meeste fotograwe wat ek ken gaan weer en weer Sossusvlei toe. Dis blykbaar enig in sy soort en ek het al pragtige foto’s vandaar gesien.

    Like

  2. Jy gee natuurlik heeltemaal ‘n ander perspektief (uit die Lug) maar ek was onder die indruk dat mens daar kon oorbly (of kamp)

    Like

  3. Jy kan kamp net buite die hek van die park en dan ook binnekant,in die Sesriem kampterrein.Verder is daar heelwat Lodges naby,maar almal moet teen sononder uit die park wees.Die vlei is ‘n stewige sewentig kilometer van die hek af,maar dis ‘n goeie teerpad en daar is pragtige duine en diere soos Springbokke ook te sien.Sossusvlei is deel van die Nauklooft Nasionalepark,die grootste in die wĂŞreld.

    Like

  4. Die Sesriemkampterrein is by die ingangshek,dus die beste plek om te kamp.Nie ver daarvandaan,reeds in die park, is die Sesriem Canyon,wat ook sorg vir ongelooflike tonele.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĂŞreld, vir die wĂŞreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĂŞ:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +