My gunsteling sitplekkie..

is agter in die tuin.Dit was eers ‘n verwaarloosde hoekie waar al die tuingemors,los bakstene,kruiwaens en oorskiet teëls gebêre was.Op ‘n dag het ons net besluit dis ‘n seer oog en aangesien manlief se kantoortjie op die plek uitkyk,besluit ons om ‘n mooi hoekie agter die bosse te maak.Dis nou wel teen die tuinmuur,maar ‘n paar teëls teen die lelike betonmuur, het ‘n groot verskil gemaak.

Daarna is dit winkels toe vir ‘n mooi stelletjie en na ons eerste mislukte keuse van ‘n patetiese Made in Tjaaina,wat net ‘n maand gehou het,het ons op ‘n stewiger ook Made in Tjaaina afgekom.Dis huilenswaardig dat die mark so oorspoel is van swak gehalte produkte en dat mens omtrent niks anders kry nie,behalwe as jy bereid is om Krugerrande daarvoor te betaal nie.

Dit daar gelaat…ons Tjaaina stelletjie sit heerlik,die hoekie is lekker sonnig in die winter en ons drink soggens elfuur ons koffietjie agter die of is dit innie bos..?

image
Die poort deur die bos na ons geheime hoekie.
image
Manlief se kantoordeur doer agter.
image
Ons Tjaaina tafel en stoele.Lekker in die son en vol stof,want die koue het ons in die huis gehou.

 

Kliek op die fotos om dit groter te maak.Ek het hierdie met my Ipad geneem,dus is dit maar aardige foto’s,maar dit gee darem ‘n idee van hoe dit lyk.

10 Replies to “My gunsteling sitplekkie..”

  1. ‘n Mens moet net so ‘n plekkie in die tuin hê, wat ek natuurlik nie het nie. Dink maar so af en toe aan my as jy daar sit en teedrink 😉

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +