Op eensame geheime paaie..woestynreuse

Ons laaste dag  word ‘n woestynolifantdag.Ons sien ‘n hele trop in die Huabrivier,waarvan ek reeds foto’s geplaas het.

Hier volg nog ‘n paar:

IMG_2638
Ouderdom en swaarkry eis sy tol.
IMG_2610
‘n Intieme kykie in die mond.Olifante kry ses stelle tande in ‘n leeftyd en wanneer die laastes uitgeval het of stomp is,tree ‘n hongerdood in.
IMG_2678
Jong bul.
IMG_2668
Kronkelstert
IMG_2617
Waai met die ore om af te koel.
IMG_2664
Ou gehawende oor.

49 Replies to “Op eensame geheime paaie..woestynreuse”

  1. Daai naby-skoot van die olifant se vel is so interessant. Ek wonder hoe voel so ‘n vel? Naaste wat ek aan ‘n olifant gekom het was een keer lank terug toe ek saam ‘n vriend in die Pilansberg nasionale park gaan ry het. Ek het ‘n bol olifantpoef in die pad opgetel en jare lank in ‘n glasbottel bewaar. Dit het so lekker geruik na kruie!

    Liked by 1 person

    1. Ek dink daai vel is warm en sag…ek het eenkeer aan ‘n verdoofde renoster gevat en dit was verstommend hoe fluweelsag sy vel was.Volgende keer bring ek vir jou ‘n groot woestynpoef saam..😄

      Liked by 1 person

    1. Dankie Christina.Die olifante migreer heen en weer in die rivierbeddings en beweeg dan berge en vlaktes in,afhangende van beskikbare kos.Ons was nog elke keer gelukkig om hulle te vind.Soms is hulle skoonveld,want dis so ‘n groot area waarin hulle verdwyn.

      Liked by 1 person

    1. Dankie Dries.Ongelukkig is hulle ook in konflik met die mens en sg probleemdiere word soms geskiet.Die voordeel is dat hulle enorme areas het waarheen hulle migreer en dis gewoonlik yl bewoon daar.

      Liked by 1 person

  2. Ek verkyk my Bytjie…jy neem besonderse foto’s en gee aandag aan detail van die Grootvoete in die Natuur!! (Wanneer ek aan olifante dink, dink ek baie keer aan die boeke van Dalene Matthee waarin sy die Knysna olifante beskryf, soos Oupoot. “Kringe in ‘n bos” en haar ander boeke is so ‘n belewenis om te lees…ek is mal oor haar beskrywing van die bos en sy geluide).

    Liked by 2 people

    1. Ek het daardie boek net so geniet!Hierdie woestynolifante is net ongelooflik.Ek huil elke keer as ons op ‘n trop afkom.Ek gaan nog een laaste pos oor hulle doen.Dit gaan ‘n hoogtepunt wees wat jy nie moet mis nie!

      Liked by 2 people

  3. Die mooiste foto’s weereens Dina en hartseer om te dink dat hulle doodgaan van die honger as die tande weg is. Wens ek kan vir hulle valstandjies gaan insit. 😀

    Die kronkel stertjie is tog te dierbaar! Dankie vir die deel. ♥

    Liked by 2 people

    1. Dankie vir inloer,Sonel.Ja die tande is maar ‘n ding,maar teen daardie tyd is ‘n olifant ook al oud en gedaan.Dis maar die loop van die lewe vir alle wesens.
      Jammer ek het die sterthare se punte afgesny.Ek was so vies vir myself.My lens was te lank en die olifant te naby😔😳

      Liked by 1 person

      1. Vir my ook. Die natuur is my lewe en sommer my godsdiens ook. Gen fênsie kerke en bullshitter priesters nie. Net oop eelike diere en sonsondergange wat vir my bewys daar is iets groter as ek in die wêreld. Geen bybel nie, elke visarend se roep en elke wind wat waai is my bybel 😉

        Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +