Anderkant van die wêreld (8)

Die volgende dag spoeg die boot ons uit op die hawe van Whittier…

IMG_0381

IMG_0385

Dis ‘n dorpie waar omtrent al die inwoners (ongeveer 218) onder een dak in een veertien verdieping gebou woon. Dis ‘n ou

weermagbarak wat dateer uit 1956.

In die gebou, bekend as Begich Towers, is ‘n polisiestasie, burgermeester se kantoor,  kliniek, kerk, winkel en wassery. Daar is ook ‘n klein hotel, konferensiekamer en speelplek met ‘n binnenshuise swembad in die gebou.

(google images)

Daar is nog ‘n groot gebou, wat in 1953 deur die weermag opgerig is, maar dis toegemaak en staan verlate..nogal spookagtig! Dit was eens op ‘n tyd die grootste gebou in Alaska…

(google images)

Die enigste manier om by hierdie “Town Under One Roof” te kom, is per boot of deur ‘n ses kilometerlange eenrigting treintonnel vanaf die binneland. Die ingang van die tonnel, waar mens baie lank wag, want ‘n trein moet daardeur en ook voertuie van die anderkant af. Dis uitstekend georganiseer en werk met ‘n robotstelsel en bane vir verskillende soorte voertuie.

IMG_0402

In die winter val omtrent 6,35m sneeu en heers winde van 96 km per uur! Die weer is so verskriklik,dat die kinders deur ‘n tonnel vanaf die Begich Towers, skool toe moet pendel.

Die tonnel gee mens ‘n kwaai gevoel van bedruktheid en ek was maar te bly toe die lig voor in die tonnel verskyn!!

IMG_0406

Hiervandaan ry ons deur pragtige landskappe na Anchorage…

IMG_0434

waar ons die fotografiegroep, waarmee ons wildernis toe gaan, ontmoet.

Ons verken Anchorage en eet lekker saam met ou vriende van ‘n vorige toer..

IMG_0439

Anchorage is maar ‘n valerige plek, maar die omgewing is asemrowend mooi. Uitsig uit ons hotelkamer…

IMG_0418

Word vervolg…

38 Replies to “Anderkant van die wêreld (8)”

  1. Dis baie interessant – in daardie dorp skinder hulle seker dat dit bars, want almal ken almal. Dit laat ‘n mens wonder waarom mense in so ‘n plekkie woon en ek het nou eers gaan oplees oor die dorpie. Dis darem lekker sat jy sulke plekkies eerstehands kon ervaar.

    Liked by 1 person

        1. Ek voel ook so en ons weer is nie naasteby so erg nie! Ons kry glo van Dinsdag af ‘n bietjie son hier. Ek gaan kaalgat op die strand ronddans. Kom bail my asseblief uit as ek in die tronk beland.

          Liked by 1 person

  2. Daardie depressie wat gepaard gaan met dae sonder son maak my hier met tye baie terneergedruk, maar wat kan mens doen as dit jou blyplek is. Gelukkig is daar goeie verwarming en gumboots as dit reën en trietsig is. Ek dink die mense daar weet ook nie van beter nie omdat hul daar groot geword het. Is maar soos in die woestyn ook. Daardie ses km tonnel sal my ook maar bietjie vang. Dis soos om n Kat-scan te neem, ha ha.

    Liked by 1 person

      1. Weet nie hoe waar dit is nie, maar ek het eenkeer gelees dat depressie, alkoholisme en selfmoord hoog is in Rusland. Hulle skryf dit toe aan die weer. Grou dae aanmekaar sal my ook so aantas. Daardie tonnel sal my bors net so toe getrek het…. beter ek sit maar hier en toer saam met julle waaghalsiges vanaf ‘n veilige distansie.

        Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +