Brief aan mees miskende wese op aarde..

Liefste Donkie,

Ek wil vandag namens die hele mensDOM verskoning vra. Jy is deur die eeue uitgebuit, verslaaf, geslaan, gemartel, gebruik, opgebruik, gespot, uitgelag, as dom bestempel en sommer net sleg behandel!

Ongelukkig gaan dit steeds vandag aan en wanneer dit ooit sal eindig, is seker die dag dat Moeder Natuur die mens van die aardbol afvee.

Jy doen jou deel dubbel-en-dwars, met vervoer…

img_8789_edited-1IMG_0234IMG_0227_edited-1

As mens jou van nader beskou, is jy ook ‘n wese met gevoel…

_MG_0187

Mens kan dit in jou sielvolle oë sien…

_MG_0186

_MG_0181

_MG_0188

Jy het ook ‘n sin vir humor en kan die lewe geniet…

_MG_0191

Jy het ook familie en geliefdes…

_MG_0176

Die nuutste wreedheid, waar jy lewendig afgeslag word, vir die sogenaamde medisinale waarde van jou vel, deur sotlike dom mense, laat ‘n traan oor jou wang biggel…

_MG_0174

Ek stort saam met jou ‘n traan vir elke onskuldige Vaaltyn, wat in die kloue van hierdie dom, onnosele wreedaards, beland!

_MG_0173

 

56 Replies to “Brief aan mees miskende wese op aarde..”

  1. Oh wat heb je dat mooi beschreven Dina! Helaas is een ezel inderdaad wel een beetje een miskend dier. Maar ze zijn prachtig. Ik was met een cruise en we legden aan op Santorini, een Grieks eiland. Het stadje waar we naartoe konden, was heel hoog op een berg, er was een kronkelpad naar boven, een kabelbaan en vervoer op dat kronkelpad met ezels en paarden. Wij kozen te gaan lopen! We deden er een uur over, maar IK (en mijn familie ook niet) ga echt nooit een ezel belasten voor een makkelijke weg omhoog… Prachtige foto’s!

    Liked by 1 person

  2. Die mensdom is SIEK. Ek dink die diere en natuur sal veel beter af wees as een of ander iets alle mense van die aarde verwyder.

    Ek is net so mal oor donkies, toe ons Oktober 2017 in Nieu Bethesda was, was daar ‘n klein donkie by die padstal wat mens se vingers lek! Ek sal bietjie kyk vir die foto en jou kom wys.

    Maar gaan loer hier ook:
    http://www.donkeysanctuary.co.za/

    Wil net sê, jou foto’s maak my hart huil oor die donkies. So mooi.

    Liked by 1 person

  3. Hierdie is wonderlike fotos! Goeiste Dina, jou fotografie is briljant. Kyk, ek het selwers ń sagte plekkie vir ń donkie. Een jaar, my jongste meisiekind was so 12, toe daag ń blonde donkie op ons plot op. Heeltemal blond. Staan voor haar venster en bulk. Tot vandag toe glo sy dit was ń engel… Haar hart het gebreek toe die eienaars hom ń paar dae later kom opeis het.

    Liked by 1 person

  4. Dan laat Jehovah Biʹleam hoor hoe sy donkie met hom praat. ‘Wat het ek aan jou gedoen dat jy my slaan?’ vra die donkie.

    ‘Jy maak ’n gek van my’, sê Biʹleam. ‘As ek ’n swaard gehad het, het ek jou doodgemaak!’

    ‘Het ek jou al ooit voorheen so behandel?’ vra die donkie.

    ‘Nee’, antwoord Biʹleam.

    Jehovah laat Biʹleam dan die engel met die swaard in die pad sien. Die engel sê: ‘Hoekom het jy jou donkie geslaan? Ek het gekom om jou te keer, want jy moet Israel nie gaan vervloek nie. As jou donkie nie van my af weggedraai het nie, sou ek jou doodgemaak het, maar ek sou nie jou donkie seergemaak het nie.’

    Biʹleam sê: ‘Ek het gesondig. Ek het nie geweet dat u in die pad staan nie.’ Die engel laat Biʹleam gaan, en Biʹleam gaan na Balak toe. Hy probeer nog altyd om Israel te vervloek, maar in plaas daarvan laat Jehovah hom Israel drie keer seën.

    —————————————————————————————————————————————-

    Wanneer hulle die donkie na hom toe bring, gaan sit Jesus daarop. Dan ry hy na Jerusalem, ’n kort entjie daarvandaan. Wanneer hy naby die stad kom, kom ’n groot skare mense uit om hom te ontmoet. Die meeste trek hulle boklere uit en sit dit op die pad. Ander sny takke van palmbome af. Hulle sit dit ook op die pad en roep uit: ‘Mag God die koning seën wat in Jehovah se naam kom!’

    Lank gelede het nuwe konings in Israel op ’n jong donkie in Jerusalem ingery om hulleself vir die mense te wys. Dit is wat Jesus doen. En hierdie mense wys dat hulle wil hê dat Jesus hulle koning moet wees. Maar nie al die mense wil hom hê nie. Ons kan dit sien uit wat gebeur wanneer Jesus na die tempel toe gaan.

    —————————————————————————————————————————————-

    Dit is baie besonderse foto’s. So mooi nederige dier en die unieke klank wat by sy mond uitkom…. Dit is so bitter hartseer….

    Liked by 1 person

  5. So mooi geskryf. O die Donkie is ‘n wonderlike ding. Ek is mal oor Donkie Foto’s. In Clarens is daar ‘n gallery: Die blou donkie en binne is daar die grootste en mooiste foto’s van Donkies.

    Liked by 1 person

  6. Baie mooi fotos Dina, miskien het ons ‘n waarheids en versoeningkommissie nodig vir die mens se houding oor donkies.

    Terloops toe ek vandag via die reader na Tina se vrydagbyskrifte kyk het ek aanvanklik gedink dit is jou blog.

    Liked by 1 person

  7. Pragtige gevoelvolle fotos en vertelling. Ons het in Potties n dame gehad wat die Donkiewagter was. Sy het die waentjie wat n stukkend geslaande donkie gehad het sumier gestop, uitgespan en geskut. Sy het dit ook reggekry dat die donkiekarretjies n lisensie moes hê en aan seker standaarde moes voldoen. Sy was n regte vegter vir die donkies. Die geskutte donkie kon net teruggaan as die wonde gesond is en die eienaar boete betaal het. Sy het die eienaars goed die waarheid vertel voordat donkie kon teruggaan. Hulle was baie bang vir die vrou. Daar was altyd donkies in haar kamp by SPCA. Ek glo nie sy lewe meer nie en die lisensie was ook voordat die veranderinge plaasgevind het. Die munisipaliteit het haar ondersteun en gehelp daardie dae.

    Liked by 1 person

    1. Donkey…this ia a post about the terrible slaughter of donkeys, that are taking place in Africa and here in South Africa. Their skins are used for traditional medicine in the Middle East…read China!

      Like

      1. Really?! I have not heard about that, though I know of other resources, like the famous rhinoceros horns, that have the same problem. Hopefully, as people are better educated and more aware, they will think twice about using medicines that rely on the slaughter of wild animals.

        Liked by 1 person

  8. Jy laat ‘n mens met nuwe oë na ‘n donkie kyk. Daardie een by die boom laat my glimlag. Die laaste twee met hulle blink velle lyk asof hulle met goud geverf is.

    Liked by 1 person

  9. Ai ja hierso roei ek ook in jou boodjie. Mense is aaklig met donkies. My beste vriendin if eerder teël ‘n spesiale soort donkie in Frankryk. Hulle is soms grooter as ‘n perd en het hare so lank dit lyk soos rasta lokke. Onlangs in RSA en in Namibië het ons orals padlangs gestoo en dinkies gevoer en getroetel en afgeneem. Wonderlike diere. Die beste nuus is dat hulle finaal teen ‘n donkieslagpale en die Chinese slaglustige spul besluit het.

    Liked by 1 person

    1. Ek verpes die Sjinese. Oral waar hulle nou hul pote sit, is daar snaakse goed aan die gang. Mens kan seker nie veralgemeen nie, maar daar is genoeg bewyse dat hulle agter baie van hierdie goed sit. Alles vir Oosterse medisynes en opkikkers.😬😬

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +