Langs die langpad

Dit het wyd gereën in Namibië, Botswana en Suid-Afrika. Die terugreis was in matige temperature, met verruklike tonele langs die pad.

Ons eerste stop. Die diertjies moet ‘n draai loop en water drink. Kyk die poel water in die die agtergrond…

img_0070.jpg

Dagbreek in Botswana…

IMG_0079

IMG_0077

Selfoontoring in die middel van nêrens, tussen geil gras…

IMG_0086

Die heerlike reën het gesorg vir gras en blomme oral…

IMG_0082

Die padservituut is heeltemal toegegroei…

IMG_0084

Sommige voertuie ry maar stadig…

IMG_0130

Gelukkig is dit maklik om verby te gaan, want die verkeer is nie swaar nie. Die ou staatmaker was ook hier…

IMG_0113

Jwaneng se diamantmynhoop doem uit die grasvlakte op…

IMG_0110

Middagete by Jwaneng se gholfbaan. Plasse water lê op die parkeerterrein…

IMG_0127

Die Schnauchies is nou lelik honger…

IMG_0124

Uiteindelik! Skilpadshekgrenspos…

IMG_0149

Alles is pragtig groen en die wolke lyk steeds belowend…

IMG_0151

IMG_0153

IMG_0161

Veilig tuis!

(Al die foto’s is met my selfoon geneem en ek is glad nie tevrede met die kwaliteit nie!)

64 Replies to “Langs die langpad”

  1. Ek is meer as tevrede met die kwaliteit!😉🤗 Een van hierdie dae gaan ons ook die langpad aandurf, maar hierdie keer nie net deur Botswana en terug deur Zim nie. Hierdie keer wil ek woestyn toe.

    Liked by 1 person

    1. In die begin was hulle iets ysliks, Tina…Geblaf vir mense by grensposte, hoenders gejaag, gegrom as polisie die kar wil deursoek. Nou is hulle so gewoond aan alles en dis ‘n absolute plesier om met hulle te reis.

      Liked by 1 person

    1. Gewoonlik is dit baie droog, maar hierdie wye reën wat oor Gauteng geval het, het al bo in Namibië begin. In die noorde het hulle omtrent weggespoel.
      Ja, my ou honnekinnerkies is my hart se punt!

      Liked by 1 person

        1. Ons wissel darem af met vreeslike winderige dae 😄 Eintlik beskou ek dit nie meer as ‘n grap nie. Ek is, met verskoning gesê, gatvol vir die Suidkuskusweer – die afgelope drie somerseisoene was minder aangenaam. Ons kry hier en daar die perfekte dag, maar dit kan ek op die vingers van my een hand tel. Ek oorweeg dit sterk om my tentpenne op te trek.

          Liked by 1 person

    1. Ek kan my horlosie op hulle stel. Presies op dieselfde tyd wil hulle kos he of speel. Dan krap en karring hulle my, totdat ek besgee!
      Ja, daardie deel van die wereld is besonders Ineke. Dankie vir inloer.

      Like

      1. Ooo ek weet! Nou onthou ek ek het vergeet om Trompie sy treatie te gee na ek geeet het. Hy het lank ewe geduldig op sy kombers gewag. HY voel juis nie so lekker nie. Hy krap en byt homself vreeslik. Was by veearts en het weer n kursus pille gekry.

        Liked by 1 person

        1. Sy boud is aan die eenkanp skoon rou gelek. Gelukkig is hy baie gekalmeer op oomblik. Hoplelik raak ons ontslae van irritasie. Ek geniet die honde se geaardheid vreeslik. Hy wil nou nie langsaan verby loop nie want daar is n groot hond en dit lyk op hy sy gebied afgemerk het. Trompie wil nou net oor die pad aan anderkant verby loop. Dis n dubbele straat en bietjie sleg om sommer oor te steek. Hy sal anderkant toe loop maar nie bure se kant nie.

          Liked by 1 person

  2. I like seeing the roads ans countryside…I assume this is S. Africa? Or did you cross a border? And the dogs are beyond cute! But you know that. 🙂 (Sorry to be away so long and leave so many comments at one time).

    Liked by 1 person

    1. It was while we were travelling from Namibia, through Botswana to South Africa. We do this trip twice a year because we have a home in Swakopmund, Namibia. The dogs love it and they travel well. I am very happy that you visited my blog and I love all the comments!!

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +