Sprokie van ‘n besondere hennetjie.

In die hartjie van die uitgestrekte land, Botswana, woon ‘n besondere veervolkie. Sy is ‘n pragtige werfhoendertjie, sandkleurig soos die omgewing en met karakter soos min. Haar verhaal begin, waar sy as jong hennetjie eendag deur die draad van ‘n tentkamp, naby die dorpie Tsootsha, gekruip het. Sy het nie besef waar sy is nie, maar hierdie plek het baie aanlokliker gelyk as die armoedige huisies, in die omgewing. Al is hier net vyf tente, is die tuin vol lekker skropplekke en bosse waar sy kan skuil.

Tjoekie is gou lekker ingeburger en steur haar min aan die toeriste wat elke dag daar inval, na lang reise oppad na orals.

Eendag, so heel aan die begin van haar intrek , kom daar gaste van ‘n vêr plek, iets wat klink soos Gauteng. Drie monsteragtige dierasietjies spring uit die voertuig en begin skrop en beenlig op haar werf. Sy stap nog so ewe verergd en houtkerêrie daar rond, toe ‘n swart wollerige blits op haar afpyl. Ongelukkig kan sy nie gou genoeg wegkom nie en die liederlike Schnauzer hol daar rond met ‘n hele bek vol van haar stertvere.

Rittelend van die bewerasie gaan kruip sy in die kampeerders se kleedkamer weg, waar ‘n gas ‘n week later kom aankondig, dat daar ‘n hoender in die storthokkie is. Dalk het haar koppie al hierso begin raas, want na dese het sy besluit sy is ‘n mens.

Tjoekie neem haar intrek op die bank op die stoep van die kampbestuurder se tent en ten spyte van twee kieterkatte en ‘n reuse pragtige Rottweiler, genaamd Bella, is sy glad nie bang om haar kleim af te steek nie!

FUTP3977

Soos die tyd aanstap, raak sy al hoe meer kontant en lê sommer elke dag ‘n eiertjie of twee. Aan die begin wou Bella en die katte haar skraap, maar met so ‘n sterk karaktertjie het hulle nie rekening gehou nie.

Die tent is nou sommer haar eie en sy wals selfversekerd daar in en uit, net wanneer sy wil…

IMG_0170

VOYR0221

Selfs as haar mensmamma TV kyk soek sy ‘n lekker sagte been uit om op te staan, die “pound seat” in die tent…

QYPP0715

IMG_0171

Sy en Bella raak groot vriende en Bellatjie het dit op haar geneem om die eiertjies op te pas…

IMG_0168

IMG_0169

Mammie bederf haar met heerlike kossies, want sy broei dan nou kastig…

BQDQ0591

Natuurlik lê sy net windeiers, want daar is nie ‘n haan in die omtrek nie. Mammie hoop dat die vleisies wat sy vir Tjoekie voer, dalk vleiseiertjies sal skep…sal nogal voordelig wees…

GNAP7236

Tjoekie en Bella slaap saans amper lepel op die bank…

TXWH3978

Tjoekie laat selfs toe dat mens haar koppie streel en dan maak sy sulke broeis hoendergeluidjies. Haar kam is sag en vuurwarm en dis die lekkerste gevoel om daaraan te vat.

Mag Tjoekie nog lank die veerkoningin van die Kalahari wees!

( Hierdie inskrywing is met die toestemming van ‘n baie spesiale vrou. Sy woon winter en somer in ‘n tent in die middel van Botswana. Haar geselskap is haar twee katte, hond Bella en hennetjie Tjoekie. Sy maak die heerlikste kos en mens kuier ‘n hond uit ‘n bos uit saam met haar…’n besonderse ervaring!)

 

 

71 Replies to “Sprokie van ‘n besondere hennetjie.”

      1. My soonsuster het ook verlede jaar vir haar ‘n oulike hoendertjie aangeskaf en hy het uitgedraai om ‘n beneukste klein kapokhaantjie te wees. Pragtige ding, maar nie ‘n goeie troeteldier om in die dorp aan te hou nie en sy moes hom na ‘n plot toe stuur. Groot hartseer, want sy is baie erg oor haar diere.

        Liked by 1 person

  1. Dis darem te oulik. Sy het sekerlik kapokkie in haar bloed. Hul skrik mos vir niks nie. Ons het n swart haantjie Kokkie gehad wat saans op die bank se leuning kom sit hier by jou skouer. Dan kuier en gesels hy saggies met jou. Hy het later sy twee hennetjies oortuig om ook in te kom en by hom te sit. Hennetjies was nie baie in hul skik nie. Sulke hoendertjies het mannemoed om honde aan te vat. So nbondel Schnausjies het haar skoon oordonder!

    Liked by 1 person

    1. Sy is nogal ‘n groot hoender…’n regte Botswana special. Ag dis te oulik van jul haan met die hennetjies. Die Schnauzertefie is die skuldige. Sy jag en jaag alles wat leef. Amper was Tjoekie bokveld toe! Van daardie tyd af word ons brakkies net op leibande toegelaat…ons eie reëling.😄

      Liked by 1 person

    1. Sy werk hard, want sy moet sorg dat die tente skoon is en sy moet regstaan vir etes as daar gaste kom. Ons het haar goed leer ken, want ons bly al die laaste vyf jaar altyd daar by haar ruskamp oor, as onstussen Namibië en SA reis.

      Liked by 1 person

  2. Dis nou so oulik met haar windeiertjies… en die rottweiler 💜
    Laat my dink aan ons mak hoender wat my ma uit desperaatheid laat slag het toe ons uit die bloute ongenooide gaste vir ete gekry het. Daar sit ons met trane in ons oë om die tafel en kyk hoe die gaste aan ons troeteldier smul. Ons was verbied om te sê waar die vars hoender sommer so uit die lug uit vandaan gekom het.

    Liked by 1 person

    1. I am so sorry that you can’t understand my language, but the pictures do speak for themselve, like you have correctly seen. This hen lives in a little tent lodge in the middle of Botswana. Our journey takes two days and we usually sleep over in this lodge. There is a lady running the lodge and it is her dog and chicken. The chicken just arrived someday out of nowhere and made herself at home. She is such a lovely creature!

      Like

      1. Ek wens net ek kry meet kans… daar is ‘n hele klomp SA blogs wat ek volg… en nooit gemoeg tyd kry om oordentlik te kuier nie! Dis vir my altyd ‘n plesier om by jou ‘n draai te gooi… die Kalahari is hoor op my droomlys!! HOOG!! 😉

        Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +